Hoe kinderpreneurs groot te maak

Donderdag, Augustus 20th, 2015

Eugene Brink

 

Wat doen ons entrepreneurskap by ons kinders te vestig?

Sanjeev Orie, uitvoerende hoof van FNB Sake, sê ouers moet hulself hierdie vraag afvra en hulle aan die wêreld van ondernemerskap blootstel.

“Oor die afgelope dekades het die profiel van die tipiese entrepreneur heelwat jonger geword. Dit is deels omdat jongmense besef dat geleenthede om ’n lewe te maak, verder strek as net ’n agt-tot-vyf werk. Daarbenewens dien die gebrek aan werksgleenthede ook as motivering om ondernemerskap te oorweeg.”

Volgens die Internasionale Arbeidsorganisasie (ILO) staar die wêreld en Suid-Afrika verslegtende jeugwerkloosheid in die gesig.

“Ons moet jong talent kweek wat in die voetspore van vooraanstaande entrepreneurs soos Mark Shuttleworth en Richard Maponya kan volg. Hoewel die breë samelewing ’n aansienlike rol speel om entrepreneurs te kweek, begin die primêre inspirasie tuis.”

Hy raai ouers aan om die volgende beginsels te verken:

 

Help jou kinders om die konsep van entrepreneurskap te verstaan

Die maklikste manier om enige onderwerpe met kinders aan te raak, is om voorbeelde te gebruik waarmee hulle hulself kan vereenselwig. Begin om hulle op te voed oor die entrepreneurs wat hul gunsteling produkte geskep het.

 

Belyn entrepreneuriese vertroeteling met hul passies

Ons word almal op ’n stadium gevra: “Wat wil jy doen as jy ouer is?” Dit is ’n belangrike vraag om jou kinders te vra sodat jy hul passies in ooreenstemming met hul ondernemende vertroeteling kan bring.

 

Moedig kreatiwiteit aan

Kinders se begeerte vir kennis bied ’n geleentheid om hul denke rondom entrepreneurskap te vorm. Die uiteindelike doel is om hulle aan te moedig om komplekse probleme op eenvoudige maniere op te los – wat presies is wat elke suksesvolle entrepreneur doen.

 

Ouers se tekort aan entrepreneuriese vaardighede hoef nie ’n afskrikmiddel te wees nie

Ons glo pal dat sakevaardighede geneties behoort te wees. Dit hoef egter nie die geval te wees nie. Ondersteuning, blootstelling en leiding speel ’n belangrike rol om kinders te help om hul potensiaal te verwesenlik.

“Om kinders beter op die eise van die 21ste Eeu voor te berei, moet ons verseker hulle kry ’n platform om elke geleentheid te ondersoek en entrepreneurskap moet een van hul vernaamste oorwegings wees. Suid-Afrika kort meer entrepreneurs en hoe vroeër ons hulle kan begin kweek, hoe beter,” sê hy.

Ander Artikels

Wie betaal vir die vervanging van ʼn meenthuis-uitlaatpyp?
Vraag: Gee asseblief raad oor wie verantwoordelik sou wees vir die vervanging van ʼn uitlaatpyp in die kombuis van ʼn eenheid as dit deurgeroes het en aan die buitekant van die eenheid afgebreek het.   Antwoord: Eienaars is verantwoordelik vir die herstel en onderhoud van hulle eenhede en die beheerliggaam het dieselfde verantwoordelikheid met betrekking […]
Tipes kontantbeleggings
VASTE DEPOSITOREKENING ʼn Vaste depositorekening is ʼn tipe spaarrekening waar jy jou kontant vir ʼn spesifieke tydperk deponeer in ruil vir ʼn vaste rentekoers, wat gewoonlik hoër is as een wat jy uit ʼn gewone bankrekening sou ontvang. Tipies vereis vaste depositorekenings dat fondse in die rekening gelaat word tot die vervaldatum, met moontlike boetes […]
Voertuigfinansiering verduidelik
Tensy jy ʼn rekenmeester is, is voertuigfinansiering gekompliseerd. Weet jy hoe finansieringsbepalings werk? Is dit ʼn goeie idee om ʼn residu te neem?  Wat van die rentekoers – moet jy dit vas of gekoppel neem? Ons het met WesBank gesels vir hierdie beginnersgids oor die finansiering van die motorvoertuig van jou drome! Bereken hoeveel jy […]
1 2 3 161