Hoe om jou gesteelde selfoon te swartlys

Vrydag, September 30th, 2016

Stel jou netwerk in kennis van jou verlies:

◦ Cell C: 140 vanaf Cell C-nommers of 084-140 vanaf ander selfoonnetwerke.

◦ MTN: 173 (voorafbetaalde) of 808 (kontrak) vanaf MTN-nommers of 083-1-173 vanaf ʼn landlyn of ander selfoonnetwerke.

◦ Vodacom: 111 vanaf ʼn Vodacom-nommer of 082-111 vanaf ʼn landlyn.

 

• Jy sal dan ʼn verwysingsnommer ontvang om te bewys dat jou selfoon geswartlys is.

• Rapporteer ook die verlies van jou selfoon aan jou naaste polisiekantoor deur die verwysingsnommer van jou geswartlyste selfoon te verskaf. Die polisie sal dan ʼn saak registreer.

• ʼn Nasionale polisie-koördineerder sal maandelikse verslae ontvang van die getal selfone wat regoor die land gesteel is. Hy/sy sal dan ʼn nasionale databasis opstel van selfone wat in daardie maand gesteel is.

 

Bron: SAPD

 

Ander Artikels

Skop vas en moenie onnodig koop nie
Anja van den Berg   Alles rakende jou supermark is bedoel om jou geld te laat bestee wat jy nie beplan het om te bestee nie, en selfs geld wat jy nie regtig hoef te bestee nie. Hoewel die meeste mense aan produkte dink in terme van die funksionele eienskappe daarvan – die instrumentele waarde […]
Agterbakse supermarktaktieke om jou onnodige goed te laat koop
Anja van den Berg   Het jy al ooit aanvaar dat iets ʼn winskoop is net omdat die prys in rooi geskryf is? Of besluit om daardie duur handsak of aktetas te koop omdat jy daarvan oortuig was dat jy dit verdien? Of ʼn hand vol ongesonde snoepgoed van die impulsrak gegryp terwyl jy toustaan […]
OTM-kaartruilslenters neem toe: Let op hiervoor!
Die Suid-Afrikaanse Bankrisiko-inligtingsentrum (Sabric) waarsku die publiek om op die uitkyk te wees te midde van die hoë voorkoms van OTM-kaartbedrog in die land. Die groep het gewaarsku dat daar weer ʼn “kaartruil”-skelmstreek in Suid-Afrika voorkom en ʼn uiteensetting van die betrokke skelms se modus operandi gegee om die publiek teen hul metodes te waarsku. […]
1 2 3 152