Hoe huiseienaars vir belastingkortings kwalifiseer

Vrydag, Januarie 27th, 2017

Wanneer dit kom by belastingkortings wat ʼn belastingbetaler geregtig is om van die Ontvanger van Inkomste te eis, rus die onus op die belastingbetaler om te bewys dat ʼn spesifieke bedrag afgetrek mag word. Hy moet ook die eis regverdig deur aan te dui hoe die bedrag bereken is.

Adrian Goslett, streeksdirekteur en HUB van RE/MAX in Suider-Afrika, sê dat terwyl baie huiseienaars vir belastingkortings kwalifiseer, dit nie altyd vir hulle ʼn maklike taak is om die hoeveelheid rente op hulle verband te bepaal wat van belasting afgetrek kan word nie. “Self al lyk die situasie redelik eenvoudig, is daar dikwels komplikasies en vrae wat kan opduik, derhalwe moet huiseienaars seker maak hulle weet wat hulle doen of ʼn kundige raadpleeg indien hulle onseker is,” sê Goslett.

Hy gee die voorbeeld van ʼn huiseienaar wat ʼn huis ter waarde van R1 miljoen gekoop het en 20% daarvan as ʼn kantoor gebruik, aangesien hy geregtig sal wees op ʼn belastingkorting. “Indien die huidige bedrag verskuldig op die verband R800 000 is en die rente op die verband ʼn koers van 14% beloop, sal die jaarlikse rente wat op die verband betaalbaar is R112 000 wees. Aangesien 20% van die huis as ʼn kantoor dien, sal die huiseienaar daarop geregtig wees om 20% van die R112 000 as ʼn belastingkorting te eis in die produksie van sy huurinkomste,” verduidelik Goslett.

“Indien die huiseienaar in hierdie geval besluit om ʼn verdere R100 000 op sy verband te trek om persoonlike uitgawes te finansier, wat die balans van sy verband verhoog na R900 000, sal hy nie in staat wees om die belastingbedrag op die bykomende R100 000 in berekening te bring nie, aangesien dit nie in die produksie van inkomste is nie,” verduidelik Goslett voorts. “Die rente wat op die bykomende R100 000 gehef word, sal uitgesluit word van die berekening van rente wat afgetrek kan word vanaf die tyd wat dit getrek is, voortgaande vir al die jare wat die huiseienaar die verband dra. In essensie beteken dit dat ʼn kleiner persentasie van die aanvanklike 20% van die rente gereflekteer op die verbandstaat van daar af verder van belasting afgetrek kan word.”

Goslett voeg by dat die persentasie van aftrekbare rente sal aanhou verander indien die huiseienaar verdere onttrekkings uit sy verbandrekening maak vir ander nie-inkomste produserende doeleindes.

Volgens Gosslet wil baie huiseienaars weet of hulle mag kies om ʼn buitengewone onvangs van geld aan hulle verbandrekening toe te wys. “Indien ʼn huiseienaar in bogenoemde geval ʼn erflating van R200 000 ontvang, het hy die opsie om die geld net aan die 80% privaat gedeelte van sy verband toe te wys en nie aan die 20% wat beskou word as kantoorruimte nie om sodoende ʼn groter belastingkorting te verkry?” vra Goslett. “Die kort antwoord op daardie vraag is nee, omdat die verband beskou word as een rekening wat nie in verskillende segmente verdeel op opgedeel kan word nie. Ongeag van hoe die huis verdeel is en watter persentasie vir persoonlike gebruik is en watter vir besigheid, is die verband oor die hele eiendom. Wat die beteken, is dat enige geld wat aan die verbandrekening toegewys word, die balans van die verband in sy geheel sal verminder.”

Goslett merk op dat om hierdie rede, indien die huiseienaar enige ander lenings het wat nie kwalifiseer van belastingkorting nie, dit vanuit ʼn belastingbeplanningperspektief ʼn potensieel beter opsie mag wees om die erflating toe te wys om eerder van daardie lenings af te betaal.

“Om belasting te hanteer en te weet wat kan en wat kan nie afgetrek word nie, kan soms ʼn oorweldigende ervaring wees. Indien daar ooit enige twyfel bestaan, is dit beter om ʼn professionele finansiële adviseur of belastingkonsultant te raadpleeg wat hulp en leiding deur die proses kan voorsien,” sluit Goslett af.

Ander Artikels

Art. 11(a) van die Wet op Inkomstebelasting en die aftrekbaarheid van renteonkoste op huislenings
Louis Botha     Op 13 Desember 2016 het die belastinghof in Kaapstad uitspraak gelewer in X v The Commissioner for the South African Revenue Service (saak no. 13791 & 13792, nog nie gerapporteer nie). Die saak het gehandel oor ʼn interessante vraagstuk, naamlik of uitgawes wat aan ʼn huislening aangegaan word om ʼn rente-inkomste […]
Huurverbeteringe: Mag ek vat of moet ek los?
Vraag: “Ons huur nou al vir ʼn paar jaar ʼn huis. Ek en my vrou het heelwat verbeterings aan die huis en tuin aangebring. Ek word nou verplaas en moet verhuis, maar wonder nou wat word van al die verbeterings aan die huurperseel. Mag ons dit saamneem of moet die verhuurder ons vergoed daarvoor?”   […]
Die beste wenke om jou huurdeposito terug te kry
Huurders in Suid-Afrika betaal tans enigiets tussen een en drie maande se huur as skadedeposito ─ maar is dikwels onseker van wat om te doen as hul huurkontrak verval. “Hoewel deposito’s dikwels gebruik word om huurwanbetaling of onbetaalde utiliteitsrekenings te dek, is hul hoofdoel om verhuurders teen skade aan die eiendom te dek,” sê Andrew […]
1 2 3 170