Hoe bepaal die banke of ek ʼn huis kan bekostig?

Vrydag, Augustus 5th, 2016

Riana Havenga

 

Wanneer ʼn bank jou verband-aansoek oorweeg, bepaal hulle bekostigbaarheid deur twee metodes te gebruik: “terugkeer na inkomste” en bepaling van jou netto surplus-inkomste.

Terugkeer na inkomste beteken dat jou maandelikse verbandterugbetaling met jou bruto maandelikse salaris vergelyk word, en bereken word as ʼn persentasie. In die meeste gevalle sal die bank jou verbandterugbetaling nie toelaat om meer as 30% van jou bruto maandelikse inkomste te wees nie.

Om surplus-inkomste uit te werk, bereken banke jou bruto salaris minus jou uitgawe-aftrekkings, insluitend bestaande verbandterugbetalings, afbetalings op voertuie en persoonlike lenings, 5% van jou kredietkaartlimiet, 5% van jou oortrokke limiet en die terugbetaling van jou kleinhandel-rekenings. Hulle trek dan jou verklaarde maandelikse uitgawes af om te bereken wat jy oor het – die surplus – wat jy kan gebruik om jou verbandterugbetaling te dek.

 

 

Bron: Acutts

 

Ander Artikels

Skop vas en moenie onnodig koop nie
Anja van den Berg   Alles rakende jou supermark is bedoel om jou geld te laat bestee wat jy nie beplan het om te bestee nie, en selfs geld wat jy nie regtig hoef te bestee nie. Hoewel die meeste mense aan produkte dink in terme van die funksionele eienskappe daarvan – die instrumentele waarde […]
Agterbakse supermarktaktieke om jou onnodige goed te laat koop
Anja van den Berg   Het jy al ooit aanvaar dat iets ʼn winskoop is net omdat die prys in rooi geskryf is? Of besluit om daardie duur handsak of aktetas te koop omdat jy daarvan oortuig was dat jy dit verdien? Of ʼn hand vol ongesonde snoepgoed van die impulsrak gegryp terwyl jy toustaan […]
OTM-kaartruilslenters neem toe: Let op hiervoor!
Die Suid-Afrikaanse Bankrisiko-inligtingsentrum (Sabric) waarsku die publiek om op die uitkyk te wees te midde van die hoë voorkoms van OTM-kaartbedrog in die land. Die groep het gewaarsku dat daar weer ʼn “kaartruil”-skelmstreek in Suid-Afrika voorkom en ʼn uiteensetting van die betrokke skelms se modus operandi gegee om die publiek teen hul metodes te waarsku. […]
1 2 3 152