Hoë aanvraag na deeltitel-eiendomme

Vrydag, November 27th, 2015

Eugene Brink

 

Deeltitel-eiendomme soos meenthuise is in hoë aanvraag regoor Suid-Afrika, veral in die groot metropolitaanse gebiede soos Kaapstad en Gauteng.

“Die voortdurende aanvraag vir residensiële akkommodasie, beide om te koop en te huur in ekonomiese kerns en sleutel middelpunte regoor die land, toenemende densiteit en verstedeling lei daartoe dat stede oorbevolk raak. In lyn hiermee vermeerder die aanvraag vir grond vir residensiële akkommodasie eksponensieel en waar moontlik kom nuwe voorstede tot stand en stedelike uitbreiding neem toe,” sê dr. Andrew Golding, hoof uitvoerende beampte van die Pam Golding Property (PGP)-groep.

“Die vereiste vir sekuriteit is nog ʼn oorweging wat ʼn belangrike drywer is van die besluit om ʼn huis te koop, en derhalwe is die algemene neiging dat deeltitel as ʼn tipe eiendom toenemend in huissoekers se visier is – dit sluit eerstekeer-kopers in – met sy voordele van sekuriteit en in baie gevalle, die gerief van ʼn deelhuisleefstyl.”

Volgens Absa het woonstelle en meenthuise in die afgelope 20 jaar 26.6% van nuutvoltooide geboue uitgemaak, terwyl 63% van alle residensiële ontwikkelingseenhede wat hulle gedurende die afgelope drie jaar gefinansier het deeltitel-eenhede was – ʼn neiging wat hulle voorsien sal voortduur.

In die Wes-Kaap is die toenemende gewildheid van ʼn deeltitel-leefstyl nie net duidelik sigbaar in Kaapstad se uiters suksesvolle regenerasie van die middestad nie, maar ook in gesogte areas soos die Atlantiese Seekus en prima gedeeltes in die suidelike voorstede en ontluikende areas van die westelike seekus, sê Laurie Wener, BD van PGP in die Kaapstad Metro-gebied. “Oor die hele spektrum neem die verkoop van deeltitel-eiendomme in die Kaapstad Metropool reëlmatig toe, met hierdie gebied wat ʼn toename van 77% in totale eenhede wat vanaf 2008 tot 2014 verkoop is, ervaar en ʼn toename in totale verkoopwaarde van 141.6% gedurende dieselfde tydperk, volgens Lightstone se statistiek.

“Gedurende 2014 is ʼn totaal van 4 216 deeltitel-eiendomme in hierdie areas verkoop, met ʼn gemiddelde verkoopwaarde van R1.46 miljoen. Dit is aansienlik meer as die  2 383 deeltitel-eiendomme wat in 2008 verkoop is met ʼn gemiddelde prys van R1.1 miljoen, 3 222 eenhede verkoop in 2012 met ʼn gemiddelde prys van R1.16 miljoen en 3 892 in 2013 geprys teen R1.27 miljoen as gemiddeld.”

Dit is vergeleke met 2 685 vrye eiendomsgrond wat in 2008 en 3 841 wat in 2014 in die gebied verkoop is.

“Beleggers vind deeltitel ook uiters aantreklik, gegewe die hoë aanvraag vir deelhuise om te huur en die groei in die waarde van sodanige akkommodasie. Volgens die Pam Golding Residensiële Eiendomsregister het groei in deeltitelpryse in Suid-Afrika sedert 2011 effens vinniger gegroei vergeleke met vryebesithuispryse, en het in Maart hierdie jaar (2015) begin om vrye besit heeltemal te oorheers, met ʼn groei van 6.1% jaar op jaar in Julie, vergeleke met 5.4% in vrye besit.

“In die Kaapstad Metro sien ons al die prysbande van deeltitel-eiendom in aanvraag van verskeie tipe kopers, insluitend jong beroepsmense, enkellopendes, jong paartjies wat net begin sowel as ouer kopers, maar soos met alle eiendom is die hoogste aanvraag in die laer prysbande.”

“Uit die oogpunt van koste, is dit met ʼn deeltitel-eenheid min of meer op ʼn maandelikse basis vasgestel, met geboueversekering, algemene onderhoud en water wat alles in die heffings ingesluit is, terwyl daar minder potensiaal is vir groot en duur onderhoud soos ervaar word met ʼn privaat tuin met verwante hoë waterkoste of verf aan die buitekant, byvoorbeeld. Mens moet egter in ʼn blok koop wat goed onderhou word en met ʼn gesonde banksaldo en ʼn goeie beheerliggaam, anders loop jy die risiko van hoë spesiale heffings wanneer groot reparasies nodig is.”

Samuel Seeff, voorsitter van die Seeff-groep, beaam hierdie neiging. “Alhoewel deeltitel-eiendom net onder 23% (51 993 eenhede) behels van die totale aantal titel-aktes wat vir die Kaapse Metro as geheel geregistreer is, behels dit jaarliks 40% van alle verkope. So groot is die aanvraag.

“Die gemiddelde prys van deeltitel-eiendom van R1.65 miljoen vir die metro as geheel is nie net 18% meer as die R1.4 miljoen van 2013 nie, maar wedywer nou sterk teen die vrye eiendomsprys van R1.67 miljoen.”

Seeff sê die aanvraag word gedryf deur twee faktore, naamlik sekuriteit en lewenstyl. “Besige lewens en verkeersopeenhoping beteken dat kopers soek na besparing op onderhoud en daaglikse reis.”

Eiendom-ekonoom en Home Bid-adviseur, Neville Berkowitz, sê die deeltitelmark word gedryf deur bekostigbaarheid en, tot ʼn mindere mate, die persepsie van beter sekuriteit, “alhoewel eerste- en tweede-keerkopers meer fokus op bekostigbaarheid.”

Hy sê dit het tot ʼn reuse oplewing in die “Gash”-mark (“Good Address, Small Home”) van eiendomme gelei, wat deur deeltitels in die R500,000 tot R1 miljoen prysreeks gedomineer word. “Deeltitels in die groot areas behels nou 25.1% (Kaapstad) en 38.7% (Durban) van alle wonings wat in 2015 oorgedra is. Johannesburg en Pretoria sit by om en by 37.1%.”

Golding sê oor die jare “het ons die deeltitelmark in Johannesburg sowel as die Tshwane-streek vinnig in belangrikheid sien groei”. Volgens die residensiële eiendomnavorsingsmaatskappy, Lightstone, het Midrand, alhoewel sy residensiële eiendomme sedert 2000 verdubbel het, ʼn substansiële 550% toename in sy aantal deeltitel-eiendomme gesien.

“Mense wil in geïntegreerde gemeenskappe woon waar sterk klem geplaas word op sekuriteit, gedeelde koste en, toenemend, volhoubaarheid. Hierdie neiging word, met ander woorde, gedryf deur besorgdheid oor sekuriteit, stygende munisipale koste en onseker kragvoorsiening.”

Ander Artikels

Art. 11(a) van die Wet op Inkomstebelasting en die aftrekbaarheid van renteonkoste op huislenings
Louis Botha     Op 13 Desember 2016 het die belastinghof in Kaapstad uitspraak gelewer in X v The Commissioner for the South African Revenue Service (saak no. 13791 & 13792, nog nie gerapporteer nie). Die saak het gehandel oor ʼn interessante vraagstuk, naamlik of uitgawes wat aan ʼn huislening aangegaan word om ʼn rente-inkomste […]
Huurverbeteringe: Mag ek vat of moet ek los?
Vraag: “Ons huur nou al vir ʼn paar jaar ʼn huis. Ek en my vrou het heelwat verbeterings aan die huis en tuin aangebring. Ek word nou verplaas en moet verhuis, maar wonder nou wat word van al die verbeterings aan die huurperseel. Mag ons dit saamneem of moet die verhuurder ons vergoed daarvoor?”   […]
Die beste wenke om jou huurdeposito terug te kry
Huurders in Suid-Afrika betaal tans enigiets tussen een en drie maande se huur as skadedeposito ─ maar is dikwels onseker van wat om te doen as hul huurkontrak verval. “Hoewel deposito’s dikwels gebruik word om huurwanbetaling of onbetaalde utiliteitsrekenings te dek, is hul hoofdoel om verhuurders teen skade aan die eiendom te dek,” sê Andrew […]
1 2 3 170