Hanteer kredietkaartskuld só (en nie só nie)

Vrydag, Oktober 14th, 2016

Kredietkaartskuld is meer algemeen as wat jy dink. Terwyl dit soms oorweldigend mag voel, is dit moontlik om skuld baas te raak. Die belangrike ding om te onthou is dat alhoewel sommige aksies ʼn groter impak op skuld mag hê as ander, elke stap na ʼn nul-balans ʼn stap in die regte rigting is.

 

Die verantwoordelike pad

 

Betaal ʼn bietjie meer

Om meer as die minimum te betaal kan jou help om baie vinniger skuldvry te word en uiteindelik die bedrag wat jy skuld, verminder.

 

Betaal altyd betyds

Gereelde betalings help jou om skuld geleidelik te elimineer en wys dat jy verantwoordelik met krediet omgaan.

 

Plaas jou balans oor

Oorweeg dit om die balans om jou kaart na ʼn kaart oor te plaas met ʼn laer jaarlikse koers. Terwyl die oorplasing waarskynlik met ʼn fooi gepaard sal gaan, mag jy ʼn laer koers kry om jou te help om op die langtermyn rente te bespaar.

 

Hou jou beursie dop

ʼn Bietjie dissipline kan ver gaan. Beplan dienooreenkomstig vir groot items en volstaan by jou begroting vir alledaagse items. Onthou, as jy dit nie nodig het nie, moenie dit koop nie.

 

Kontak jou krediteure

Voordat jy oorweldig word, praat met krediteure. Hulle kan bespreek hoe om vinniger uit die skuld te kom as jy eerlik en openhartig met hulle praat.

 

Die skuldput

 

Betaal die absolute minimum

Die minimum bedrag laat jou skuld op die korttermyn meer hanteerbaar lyk, maar onthou: hoe minder jy nou betaal, hoe langer sal dit neem om die totale bedrag te betaal.

 

Betaal laat

Om laat te wees met betalings sal jou kredietrekord skaad. Die oorslaan van betalings kan lei tot fooie, boetes en selfs jou rentekoers verhoog.

 

Ignoreer die bepalings

Jou koers mag verhoog het en jou kaart mag jou meer kos as wat dit behoort te doen.

 

Gaan oorboord met aankope

Gebruik jou kaart tot die maksimum en dit mag lei tot boetes, rentekoerse verhoog en jou kredietrekord benadeel.

 

Verwaarloos jou record

ʼn Swak kredietrekord sal die koste verhoog van dinge soos huislenings, versekering, huishuur en dies meer.

 

 

Bron: Bank van Amerika

Ander Artikels

Art. 11(a) van die Wet op Inkomstebelasting en die aftrekbaarheid van renteonkoste op huislenings
Louis Botha     Op 13 Desember 2016 het die belastinghof in Kaapstad uitspraak gelewer in X v The Commissioner for the South African Revenue Service (saak no. 13791 & 13792, nog nie gerapporteer nie). Die saak het gehandel oor ʼn interessante vraagstuk, naamlik of uitgawes wat aan ʼn huislening aangegaan word om ʼn rente-inkomste […]
Huurverbeteringe: Mag ek vat of moet ek los?
Vraag: “Ons huur nou al vir ʼn paar jaar ʼn huis. Ek en my vrou het heelwat verbeterings aan die huis en tuin aangebring. Ek word nou verplaas en moet verhuis, maar wonder nou wat word van al die verbeterings aan die huurperseel. Mag ons dit saamneem of moet die verhuurder ons vergoed daarvoor?”   […]
Die beste wenke om jou huurdeposito terug te kry
Huurders in Suid-Afrika betaal tans enigiets tussen een en drie maande se huur as skadedeposito ─ maar is dikwels onseker van wat om te doen as hul huurkontrak verval. “Hoewel deposito’s dikwels gebruik word om huurwanbetaling of onbetaalde utiliteitsrekenings te dek, is hul hoofdoel om verhuurders teen skade aan die eiendom te dek,” sê Andrew […]
1 2 3 170