Goeie nuus vir huiskopers, slegte nuus vir eienaars

Donderdag, Oktober 8th, 2015

Eugene Brink

 

 

Huisprysgroei van minder as 0.2% maand-op-maand is in September aangeteken.

Voornemende huiskopers kan ook ’n sug van verligting slaak want huispryse gaan traag groei vir die res van die res van 2015 en ook in 2016. Maar vir verkopers en huiseienaars is dit slegte nuus.

“Die gemiddelde nominale waarde van huise in die verskeie kategorieë van middelsegment-behuising in Suid-Afrika se groei op ’n jaargrondslag was betreklik laag in die eerste nege maande van 2015 gebly,” sê Jacques du Toit, eiendomsontleder by Absa.

“Reële huisprysgroei, ná aanpassing vir verbruikersinflasie, was steeds tot en met Augustus onder druk teen die agtergrond van trae nominale huisprysgroei en tendense in verbruikersprysinflasie gedurende die jaar. ’n Mate van reële prysinflasie is in Augustus in die klein en groot kategorieë van middelsegment-behuising aangeteken. Die gemiddelde prys van middelgrootte-behuising het sedert ’n jaar gelede effens in reële terme gedaal.”

Volgens du Toit is die gemiddelde nominale waarde van klein huise in die middelsegment-kategorieë (80m²-140m²) R884k, vir middelgrootte huise (141m²-220m²) is dit 1.225 m en vir groot huise (221m²-400m²) is dit R1.995 m.

Hy sê vebruikers gaan nog verder onder finansiële druk kom oor die volgende 12 tot 18 maande weens lae ekonomiese and indiensnemingsgroei, inflasionêre druk en stygende rentekoerse. “Die makro-ekonomiese tendense en toestande van huishoudings se finansies sal in die banke se aptyt vir risiko en uitleenkriteria weerspieël word. Hierdie faktore, tesame met verwikkelinge betreffende verbruikersvertroue, sal belangrik bly ten opsigte van die prestasie van die eiendomsmark. Dit sal ook duidelik wees in die aanvraag vir, en bekostigbaarheid van, finansiering vir huislenings.”

 

Ander Artikels

Afdwing van verbruikersregte deur die howe: Gebruik eers ander remedies
Justine Krige   Artikel 69 van die Wet op Verbruikersbeskerming (Wet 68 van 2008 [CPA]) sit ʼn verskeidenheid statutêre remedies uiteen vir die afdwing van verbruikersregte ingevolge die CPA. Dit sluit in die indien van ʼn klagte by die Nasionale Verbruikerskommissie (Kommissie), die verwysing van ʼn dispuut na die Verbruikerstribunaal (Tribunaal), of om ʼn bedryfsombudsman […]
Wie mag waar parkeer in ʼn meenthuiskompleks?
Vraag: “In die deeltitelskema waar ek woon is daar ʼn konstante gebaklei en gestry oor wie waar mag parkeer en wie verantwoordelik is vir die instandhouding van parkeerplekke. My vraag is: wie besluit watter dele van die skema vir parkeerplekke toegeken word, wie dit mag gebruik en wie dit moet in stand hou?” Antwoord: Wat […]
Moenie vanjaar val vir hierdie belastingslenters nie
Lede van die publiek ontvang dikwels ewekansig vals e-posse wat nagemaak is om te lyk asof hulle deur die SAID gestuur is, maar wat in der waarheid vals e-posse is wat daarop gemik is om niksvermoedende belastingbetalers uit te lok om persoonlike inligting, soos bankrekeningbesonderhede, te onthul. Voorbeelde sluit in e-posse wat skyn afkomstig te […]
1 2 3 150