Moenie nou emosioneel oor jou beleggings raak

Dinsdag, Augustus 25th, 2015

Ruan Schroder, Solidariteit Finansiële Dienste

 

Ondanks die rand en ekonomie se probleme, is daar steeds goeie nuus vir beleggers.

 

Die ergste moeilikheid in Griekeland is vir eers opgelos, maar daar is nog verdere onstuimigheid te wagte, onder andere as gevolg van die Amerikaanse Reserwebank se rentekoersverhoging.

 

Ons het verlede week ’n baie groot daling in die markte gesien weens sprake oor hierdie verhoging en die moeilikheid op die Chinese aandelebeurs.

 

Die vraag is: Hoe ver kan die markte nog val? Die antwoord is ongelukkig nog ’n hele ent en ek verwag dat daar nog ’n paar maande van onstuimigheid voorlê. Nou waarom dan die “goeie nuus” in die inleiding?

 

Ek het in November 2013 gepraat het van ’n regstelling wat op pad is en dat beleggers gereed moet maak vir ’n aansienlike laer groei omgewing. Daardie boodskap was gegrond op tekens in die ekonomie wat op ’n daling in wêreldmarkte gedui het, asook die inligting wat ons ontvang van die verskeie groot batebestuurders wat ons gebruik, soos Allan Gray, Coronation, PSG en Prudential. Dit is juis waar die “goeie nuus” inkom.

 

Sekere tekens van groei is stelselmatig besig om kop uit te steek en ons hoor ook al hoe meer die batebestuurders praat van geleenthede in die markte wat hulle kan raaksien. Beteken dit dat hierdie slegte tye nou verby is? Glad nie. Beteken dit dat daar lig aan die einde van die tonnel is? Definitief.

 

My boodskap bly dieselfde: 1.) wat nou gebeur is absoluut normaal en iets wat ons verwag het, 2.) al ons beleggings doen ons met hierdie soort tye in ag geneem en 3.) mense wat gedissiplineerd is en kan vasbyt deur die moeilike tye is die mense wat die vrugte sal pluk sodra die markte weer omdraai.

 

Schröder is ’n beleggingspesialis by Solidariteit Finansiële Dienste

Ander Artikels

Art. 11(a) van die Wet op Inkomstebelasting en die aftrekbaarheid van renteonkoste op huislenings
Louis Botha     Op 13 Desember 2016 het die belastinghof in Kaapstad uitspraak gelewer in X v The Commissioner for the South African Revenue Service (saak no. 13791 & 13792, nog nie gerapporteer nie). Die saak het gehandel oor ʼn interessante vraagstuk, naamlik of uitgawes wat aan ʼn huislening aangegaan word om ʼn rente-inkomste […]
Huurverbeteringe: Mag ek vat of moet ek los?
Vraag: “Ons huur nou al vir ʼn paar jaar ʼn huis. Ek en my vrou het heelwat verbeterings aan die huis en tuin aangebring. Ek word nou verplaas en moet verhuis, maar wonder nou wat word van al die verbeterings aan die huurperseel. Mag ons dit saamneem of moet die verhuurder ons vergoed daarvoor?”   […]
Die beste wenke om jou huurdeposito terug te kry
Huurders in Suid-Afrika betaal tans enigiets tussen een en drie maande se huur as skadedeposito ─ maar is dikwels onseker van wat om te doen as hul huurkontrak verval. “Hoewel deposito’s dikwels gebruik word om huurwanbetaling of onbetaalde utiliteitsrekenings te dek, is hul hoofdoel om verhuurders teen skade aan die eiendom te dek,” sê Andrew […]
1 2 3 170