Geskenke op ’n begroting – bestuur verwagtinge dié feesseisoen

Vrydag, November 18th, 2016

Die feesseisoen is om die draai en as die koop van duur geskenke vir familie en vriende bo en behalwe jou ander finansiële verantwoordelikhede jou die skrik op die lyf jaag, is dit tyd om jou benadering tot geskenke te verander.

“Die grootste probleem rondom die verandering na goedkoop geskenke is om die verwagtinge van die ontvangers te bestuur,” sê Eunice Sibiya, hoof van Verbruikersopvoeding by FNB. “Indien jy gewoonlik duur geskenke vir jou familie of groep vriende gee, mag jy vind dieselfde verwagting bestaan vanjaar ook.”

Die finansiële verligting om nie op geskenke te oorbestee nie sal jou met meer kontant laat om op ander essensiële uitgawes soos skoolfonds te bestee of weg te sit vir besparings in die komende jaar. Om die verandering te maak sal ook goeie bestedingsgedrag in die jare wat kom tot gevolg hê.

“Kyk na jou finansies en besluit of dit werklik die moeite werd is om substansiële bedrae geld op geskenke te bestee. Hoe gouer jy verwagtinge rondom geskenke begin bestuur, hoe beter sal dit vir jou sak wees. So doen dit hierdie feesseisoen,” sê Sibiya.

Daar is maniere om kreatiewe geskenke te maak sonder om groot bedrae geld te bestee. En soms word ’n weldeurdagte geskenk waaraan tyd bestee is meer waardeer as ’n duur geskenk wat in die winkel toegedraai is.

Hieronder volg idees vir goedkoop geskenke wat jy hierdie seisoen kan gee en raad oor hoe om jou finansiële U-draai aan jou vriende en familie bekend te stel.

 

Vir die kinders

Dit is maklik om gedurende die vakansie op kinders te oorbestee. Daar is so baie opwinding verbonde aan die feesseisoen en so baie verskillende produkte beskikbaar om te koop.

“Verduidelik aan die kinders dat jy hierdie jaar spaar en moedig hulle aan om deel van die plan te wees,’ sê Sibiya. “Moedig hulle aan om aan dinge te dink wat hulle vir gesinslede kan maak en deel te wees van die kreatiewe proses om tyd en inspanning aan geskenke te bestee.”

Geskenke vir kinders kan ook pret en goedkoop wees, soos om glasflesse bymekaar te maak en die etikette af te skrop sodat hulle skitterskoon is. Vul dan met lekkers en bind ’n lint met ’n strik om.

“As jou kind sy of haar oog op ’n duur geskenk, elektroniese apparaat of klere het, eerder as om in te gee en dit te koop, gaan sit met hom of haar en beraam ’n plan waarna hulle in die Nuwejaar kan werk,” sê Sibiya.

 

Vir uitgebreide familie en volwasse vriende

“Jy moet nie die noodsaaklikheid voel of onder verpligting wees om wild te bestee wanneer dit by geskenke kom nie,” sê Sibiya. ”Daar is baie bedagsame geskenke wat jy aan uitgebreide familielede en vriende kan gee.”

As jy ’n bakker is, dink daaraan om ’n nagereg of soethappies te bak om vir hulle te gee. Tuiniers kan plante uit hul tuin as geskenk gee. Of, as jy tyd het, groei plante van steggies.

 

Vir volwasse familie

Wanneer jy geskenke vir volwassenes koop, wat van die ou “Engel-engel”-speletjie om geld te spaar? Sit die name van deelnemende volwassenes in ’n hoed en elkeen trek ’n persoon se naam vir wie hy of sy ’n geskenk sal koop. Die groep kan besluit op die monetêre waarde van die geskenk om dit vir almal regverdig te hou.

 

Vir lewensmaats

“Jy kan heel openhartig met jou maat wees wanneer dit by geskenke kom,” sê Sibiya. “Gaan sit en hou ’n openlike gesprek oor waar julle finansieel staan en wat julle eerder met die geld kan doen as om dit op geskenke vir mekaar te bestee.”

Jy sal sy of haar ondersteuning deur die seisoen nodig hê en hy of sy sal jou moet help met jou plan om onnodige uitgawes te beperk.

So, in plaas daarvan om elke jaar vir jou maat ’n geskenk te koop, hoekom skryf julle nie julle gunsteling tydverdrywe neer en beplan om dit saam te geniet nie?

“Om geskenke te gee is veronderstel om ’n heuglike ervaring te wees, so as jy vind dat jy skrikkerig is vir die finansiële gevolge, verander jou benadering daaroor hierdie jaar,” sluit Sibiya af.

 

Ander Artikels

Belangrike belastingwenke vir 2017
Karen van der Berg     Daar is een ding wat jaar na jaar vas bly staan: Belasting moet betaal en bewyse daarvan moet ingedien word. Vir die meeste mense veroorsaak dit ʼn groot kopseer en slapelose nagte. Dit is egter nie nodig nie, sê Coba Boshoff, ʼn belastingkonsultant van die Paarl. “Daar is sekere […]
Die 2 soorte verkeersboetes
Sanette Viljoen       Dit is belangrik om te verstaan dat daar twee tipes verkeersboetes bestaan en ook om te weet wat is elkeen se risiko.   Artikel 341-boete Hierdie boete word uitgereik wanneer dit nie duidelik is wie die bestuurder van die motor is nie. Voorbeelde van hierdie boetes is ‘n parkeerkaartjie of […]
Deeltitel: Geiser-instandhouding en aanspreeklikheid vir koste
Anton Kelly   Daar is iets onvermydelik in verband met die koste van geiser-instandhouding en –vervanging: die betrokke eienaar is aanspreeklik vir alles waarvoor die regspersoon se versekering nie betaal nie! Dit help as mens die bepalings verstaan wat hierdie “geen wegkruipplek”-situasie skep. In die meeste moderne residensiële skemas is die geiser in die eenheid […]
1 2 3 139