Gemiddelde ouderdom van huiskopers styg stewig

Vrydag, April 15th, 2016

Eugene Brink

 

Moeilike ekonomiese omstandighede en die jeug se gevoeligheid vir veranderinge in bekostigbaarheid is besig om eiendomstransaksie-volumes en die aantal eerste kopers te laat daal terwyl dit die gemiddelde ouderdom van huiskopers opstoot.

John Loos, eiendomstrateeg by ENB, sê jong aspirantkopers word ook deur sentiment beïnvloed, en is hoogs sensitief vir veranderinge in banke se uitleenkriteria omdat hulle so swaar van krediet afhanklik is as ’n groep. “ ’n Betreklik sterk mark tussen 2012 en 2014 het skynbaar tot ’n afname in die persentasie van indiwiduele kopers tussen die ouderdomme van 20 en 29 bygedra, van 16.34% van alle kopers in die derde kwartaal van 2011 tot 13.63% in die laaste kwartaal van 2015. Hierdie persentasie het nou skerp gedaal vanaf die laaste dekade se 20.81%-hoogtepunt in Februarie 2002.”

Hy sê die resultaat is dat die gemiddelde ouderdom van indiwiduele huiskopers nagenoeg 44 jaar is – 43.82 in Februarie 2016. “Dit verteenwoordig ’n aansienlike styging van die raming van 40.65 jaar aan die einde van 2007, toe die hoogkonjunktuur ten einde geloop het.”

Luidens die ENB Eiendomsagent-opname in 2016 se eerste kwartaal het eerstekoop-transaksies as ’n persentasie van die totale verkope verlangsaam.

Dit bly egter ’n stewige bron van behuisingsaanvraag deurdat dit 21% van alle residensiële transaksies verteenwoordig, hoewel dit vanaf die vorige kwartaal se 26% afgeneem het. “Hierdie persentasie is nietemin goed vergeleke met die 12%-laagtepunt wat tydens die resessie in 2008 bereik is,” sê hy.

Ander Artikels

Kry só die beste agent as jy huis verkoop
Vir baie van ons gaan die verkoop van ’n eiendom gepaard met hoë vlakke van angstigheid en onheil. So, waar kry mens iemand wat jy kan vertrou om jou deur die gevare en slaggate van die verkoopstransaksie te stuur? Volgens die Rawson Eiendomme is daar ’n paar belangrike goed om na op te let.   […]
Inkopies kan terapeuties wees
Dit is al gesê dat om op ʼn inkopie-tog te gaan negatief konnotasies het. Onder andere word materialisme en selfbevrediging voorgehou as redes om nie te koop nie. Om te koop en loerkoop (“window-shopping”) kan egter terapeuties wees, help jou om verandering te hanteer en verbeter jou bui. Moenie inkopie-terapie sommer afmaak as iets ligsinnig […]
Ken jou regte as ʼn deeltiteleienaar
Om in ʼn deeltitelkompleks te bly, het baie voordele. Dit kan egter minder aangenaam wees om te bly in ʼn kompleks wat deur andere bestuur word, veral as die voorsitter van die regspersoon hom of haar verbeel dat hy of sy meer magte as enigeen van die ander inwoners het. Laat ons dit duidelik stel: […]
1 2 3 160