Deur Emsie Martin
Julie was nasionale spaarmaand, maar al daardie ‘optimistiese boodskappe’ oor ‘beleggings’, ‘meer besparings op fondse’ en ‘ekstra geld wegsit’ wat jou e-posse, selfoon en ander kommunikasiemediums oorstroom, is belaglik gegewe die huidige omstandighede.
“Om spaargeld weg te sit is tans 'n onmoontlike taak en 'n onredelike verwagting. Bestuur eerder jou skuld, want sodra jy jou skuld uit die weg ruim, kan jy vinniger geld spaar en jou toekomstige finansiële spaardoelwitte effektief bereik,” beklemtoon Carla Oberholzer, skuldadviseur by DebtSafe.
Of jy nou voor die pandemie spaargeld gehad het of nie, om enige finansiële krisis te hanteer is uiters uitdagend en uitputtend. Dit is daarom van kardinale belang dat jy in tye van swaarkry jou skuld proaktief probeer bestuur en bekamp voordat jy fokus op jou doelwit om jou spaargeld te groei.
Alhoewel Julie nasionale spaarmaand was, is spaar natuurlik 'n fundamentele finansiële doelwit en nie beperk tot een maand nie. Tye het egter moeiliker geraak en dit is dus noodsaaklik dat jy eerder doen wat moontlik is. Eerste dinge eerste – fokus daarop om jou skuld te bestuur. Dit sal jou in staat stel om jou skuld te delg en vir jou die weg baan om jou spaardoelwit(te) te bereik.
Hoe en waar begin jy? Vergewis jouself van twee belangrike aspekte:
'n Proaktiewe skuldbestuursbenadering sal jou in staat stel om:
Tweedens, weet wat skuldbestuur behels.
Skuldbestuur:
Inkorporeer bogenoemde wenke in jou finansiële plan. Dit sal jou help om van 'n plek te beweeg waar jy oorweldig voel tot waar jy proaktief met jou finansiesraak. Onthou, stap vir stap, bietjie vir bietjie, stadig maar seker en dag vir dag – jy is in staat om dit te doen en jy sal daar uitkom.
Indien jy egter al probeer het om 'n skuldbestuursplan te implementeer en steeds professionele hulp nodig het om jou skuldsituasie te herstel, maak seker dat jy hulp kry. Kom met 'n betroubare, gemagtigde deskundige soos jou bankier, finansiële beplanner, of indien dit 'n ernstige skuldsaak is, 'n geregistreerde skuldberader in aanraking. Verander jou situasie van waar jou skuld jou oorweldig is tot by 'n punt waar jy finansiële vryheid geniet en die geleentheid het om geld te spaar.
Die Solidariteit Beroepsgilde vir Finansiële Praktisyns is ‘n gemeenskap wat daarop toegespits is om professionele persone wat dienste in die finansiële bedryf aanbied met mekaar in kontak te bring, om jongmense ‘n kans op ‘n loopbaan in die beroep te gee, en die waghond te wees wat brandpunte in die beroep met werkbare oplossings takel.
Die Beroepsgilde vir Finansiële Praktisyns bied aan lede ‘n netwerk waardeur hulle met mekaar kan skakel, beste praktyke kan deel en sake kan doen. Besoek gerus https://gildes.solidariteit.co.za/finansies/ vir meer inligting.
BRON:
Carla Oberholzer DebtSafe 0861 100 999; e-pos: info@debtsafe.co.za of SMS jou naam en van na 30898 (gratis SMS).
Oops! We could not locate your form.