Geld en goed

Maandag, Desember 8th, 2014

Geskryf deur: Carina Bester

 

Marcus Aurelius het gesê: Hy wat nie geld het nie, is arm. Hy wat nét geld het, is nog armer.

So baie mense streef daarna om ryk te wees. Hulle omring hulleself met goed. Om in weelde te lewe is vir hulle belangrik. Om ander mense te imponeer met al hulle besittings is waaroor hulle lewe gaan.

Hy wat besittings opgaar, het baie om te verloor – Lao-tse.

Natuurlik het ons geld nodig om te oorleef. Mens kan nie regtig daarsonder klaarkom nie. Dit is alles waar, maar soos ʼn Italiaanse spreekwoord lui: ʼn Gelukkige hart is beter as ʼn vol beursie.

Tóg word ons beoordeel deur ander oor wat ons het, waar ons bly, wat ons ry.

Jy is meer werd as jou geld. Jou waarde is nie te meet of te weeg in terme van geld en goed nie. Wat jy met geld nooit kan koop nie, is die kosbaarste: warmte, geneentheid, ʼn tuiste, waardering en vriendskap. Die essensiële dinge van die lewe is gratis – hulle word sommer net vir jou gegee – Phil Bosmans.

Ander Artikels

Wie betaal vir die vervanging van ʼn meenthuis-uitlaatpyp?
Vraag: Gee asseblief raad oor wie verantwoordelik sou wees vir die vervanging van ʼn uitlaatpyp in die kombuis van ʼn eenheid as dit deurgeroes het en aan die buitekant van die eenheid afgebreek het.   Antwoord: Eienaars is verantwoordelik vir die herstel en onderhoud van hulle eenhede en die beheerliggaam het dieselfde verantwoordelikheid met betrekking […]
Tipes kontantbeleggings
VASTE DEPOSITOREKENING ʼn Vaste depositorekening is ʼn tipe spaarrekening waar jy jou kontant vir ʼn spesifieke tydperk deponeer in ruil vir ʼn vaste rentekoers, wat gewoonlik hoër is as een wat jy uit ʼn gewone bankrekening sou ontvang. Tipies vereis vaste depositorekenings dat fondse in die rekening gelaat word tot die vervaldatum, met moontlike boetes […]
Voertuigfinansiering verduidelik
Tensy jy ʼn rekenmeester is, is voertuigfinansiering gekompliseerd. Weet jy hoe finansieringsbepalings werk? Is dit ʼn goeie idee om ʼn residu te neem?  Wat van die rentekoers – moet jy dit vas of gekoppel neem? Ons het met WesBank gesels vir hierdie beginnersgids oor die finansiering van die motorvoertuig van jou drome! Bereken hoeveel jy […]
1 2 3 161