Gebruiklike huwelike en die verkoop van grond

Dinsdag, Desember 6th, 2016

Sanette VIljoen

 

Moet albei gades die verkoopkontrak van grond teken indien hulle in ‘n gebruiklike huwelik is?

Die Wet op Huweliksgoedere (Wet 88 van 1984) handel met die bostaande kwessie. Indien die partye binne gemeenskap van goedere getroud is, moet albei partye die kontrak vir die verkoop van grond teken. Indien slegs een van die partye die kontrak teken, moet hy of sy die ander party se skriftelike toestemming daarvoor verkry, geteken voor twee bevoegde getuies.

Ingevolge die Wet op Erkenning van Gebruiklike Huwelike (Wet 120 van 1998) word sekere gebruiklike huwelike erken deur die Wet. ‘n Gebruiklike huwelik word beskou as ‘n huwelik binne gemeenskap van goedere, behalwe as ‘n huweliksvoorwaardekontrak gesluit en geregistreer is.

Indien daar onderhandel word met ‘n koper of ‘n verkoper wat in ‘n gebruiklike huwelik is, is dit dus altyd veiliger indien albei egpare die kontrak teken, veral as daar onsekerheid bestaan of die huwelik deur die Wet erken word of nie. Indien net een gade teken, kan dit dalk daartoe lei dat die kontrak nietig is.

 

Ander Artikels

Afdwing van verbruikersregte deur die howe: Gebruik eers ander remedies
Justine Krige   Artikel 69 van die Wet op Verbruikersbeskerming (Wet 68 van 2008 [CPA]) sit ʼn verskeidenheid statutêre remedies uiteen vir die afdwing van verbruikersregte ingevolge die CPA. Dit sluit in die indien van ʼn klagte by die Nasionale Verbruikerskommissie (Kommissie), die verwysing van ʼn dispuut na die Verbruikerstribunaal (Tribunaal), of om ʼn bedryfsombudsman […]
Wie mag waar parkeer in ʼn meenthuiskompleks?
Vraag: “In die deeltitelskema waar ek woon is daar ʼn konstante gebaklei en gestry oor wie waar mag parkeer en wie verantwoordelik is vir die instandhouding van parkeerplekke. My vraag is: wie besluit watter dele van die skema vir parkeerplekke toegeken word, wie dit mag gebruik en wie dit moet in stand hou?” Antwoord: Wat […]
Moenie vanjaar val vir hierdie belastingslenters nie
Lede van die publiek ontvang dikwels ewekansig vals e-posse wat nagemaak is om te lyk asof hulle deur die SAID gestuur is, maar wat in der waarheid vals e-posse is wat daarop gemik is om niksvermoedende belastingbetalers uit te lok om persoonlike inligting, soos bankrekeningbesonderhede, te onthul. Voorbeelde sluit in e-posse wat skyn afkomstig te […]
1 2 3 150