Gaan dit regtig broekskeur?

Maandag, Desember 8th, 2014

Geskryf deur: Cilleste van der Walt

 

imagesCA2CNYLK

Ek het nou die dag op ʼn grappigebeskrywing van die drie fase van jou lewe afgekom. Dit lei as volg: 1) Jy het tyd, jy het energie, maar nie geld nie. 2) Jy het energie, jy het geld, maar nie tyd nie. 3) Jy het tyd, jy het geld, maar nie energie nie.

 

Dit gesê, ek het spontaan aan my studentedae gedink nadat ek van hierdie fases gelees het. As ek maar net bietjie meer geld gehad het as student, dan het ek reeds helfte van die goed wat ek graag wil doen en sien, gaan doen en sien. Ongelukkig was daar altyd nog maand aan die einde van sakgeld oorgewees.

 

Maar volgens Beeld bestee Suid-Afrikaanse studente meer as die gemiddelde Suid-Afrikaner. Suid-Afrika se sowat 938 000 tersiêre studente bestee gemiddeld R42 120 per jaar, volgens die studentebemarkingsonderneming Student Village se 2013-verslag oor studentebesteding. Daarteenoor bestee die gemiddelde Suid-Afrikaner R35 900 per jaar (dit sluit egter werkloses in).

 

Dit het my laat wonder hoekom ek gedink het ek is arm as ʼn student? Ek het kos, toiletware, vervoer, huur en studies betaal, dan was ek mos nie arm nie. Volgens Marc Kornberger, van Student Village, dink studente hulle het nooit geld nie omdat hulle nooit genoeg geld het om dinge te koop wat hulle wil hê nie. Die klem, vir my, val op die ‘wil hê’. Hulle het geld om alles te koop wat ‘nodig’ is, maar nie alles wat hulle ‘wil hê’ nie.

 

Ek het myself ook hieraan skuldig gemaak as student, maar besef nou dat ek gekla het met die witbrood onder die arm.

 

Hier is ʼn paar lekker feite uit die 2013-verslag oor studentebesteding:

 

  • Die gemiddelde bedrag wat studente per maand uitgee, het in Junie op ’n jaargrondslag met 7,4% gestyg tot R3 510 per maand. Inflasie in dieselfde tydperk was ongeveer 5,5%.
  • Altesame 78% van studente kry geld by hul ouers, 24% kry geld deur deeltyds te werk en 18% ontvang geld van beurse of borge.
  • Vrouestudente bestee 9% meer as manstudente aan voorbehoedmiddels. Manstudente bestee 19% meer aan bling (juwele) as vrouestudente. Vrouestudente laai minder roofmusiek af en bestee 10% meer aan musiek.
  • Manstudente is te lui om hul eie wasgoed te was en bestee 32% meer aan wasgoed.
  • Bruin studente bestee meer aan sigarette en klere as enige ander rasgroep. Swart studente bestee meer aan skoonheidsprodukte en bykomende klasse, terwyl wit studente meer bestee aan kruideniersware en alkohol.
  • Die getal studente wat kredietkaarte het, het gedaal van 43% tot 20%.

Ander Artikels

Skop vas en moenie onnodig koop nie
Anja van den Berg   Alles rakende jou supermark is bedoel om jou geld te laat bestee wat jy nie beplan het om te bestee nie, en selfs geld wat jy nie regtig hoef te bestee nie. Hoewel die meeste mense aan produkte dink in terme van die funksionele eienskappe daarvan – die instrumentele waarde […]
Agterbakse supermarktaktieke om jou onnodige goed te laat koop
Anja van den Berg   Het jy al ooit aanvaar dat iets ʼn winskoop is net omdat die prys in rooi geskryf is? Of besluit om daardie duur handsak of aktetas te koop omdat jy daarvan oortuig was dat jy dit verdien? Of ʼn hand vol ongesonde snoepgoed van die impulsrak gegryp terwyl jy toustaan […]
OTM-kaartruilslenters neem toe: Let op hiervoor!
Die Suid-Afrikaanse Bankrisiko-inligtingsentrum (Sabric) waarsku die publiek om op die uitkyk te wees te midde van die hoë voorkoms van OTM-kaartbedrog in die land. Die groep het gewaarsku dat daar weer ʼn “kaartruil”-skelmstreek in Suid-Afrika voorkom en ʼn uiteensetting van die betrokke skelms se modus operandi gegee om die publiek teen hul metodes te waarsku. […]
1 2 3 152