En die vinnigste huisprysgroei is te vinde in . . .

Vrydag, April 22nd, 2016

Eugene Brink

 

Watter provinsie beskik oor die hoogste huisprysgroei en aantal herhaaldelike kopers terwyl dit ook die duurste residensiële eiendomme het?

Dit is nie die woelige Gauteng nie, maar trouens die meer ontspanne Wes-Kaap. “Die ENB Huisprysindeks vir die Wes-Kaap vir die eerste kwartaal van 2016 het 12% op ’n jaargrondslag gegroei. Dit is vinniger as die 10.5% wat in die vorige kwartaal aangeteken is, en is die hoogste prysgroeikoers wat sedert 2006 se eerste kwartaal aangeteken is,” sê John Loos, eiendomstrateeg by ENB.

He sê die Wes-Kaap het die hoogste huisprysgroei in die eerste kwartaal gehad, gevolg deur Namibië (8.1%) en dan die ander groot Suid-Afrikaanse provinsies met die Oos-Kaap op 7.6%, KwaZulu-Natal op 5.6% en Gauteng op slegs 3%. “Ons glo dat hierdie betreklik meerderwaardige residensiële markvertoning toegeskryf kan word aan ’n groter tekort aan grond in die Wes-Kaap vergelyk met, byvoorbeeld, Gauteng. Maar dit stop nie daar nie, met die provinsie wat ’n persepsie gebou het vir goeie bestuur in die provinsie en die Stad Kaapstad. Kaapstad het ook ’n kombinasie van ’n goeie leefstyl sover dit stede betref, en ’n sterk diensgeoriënteerde ekonomie wat toenemend sake- en werksgeleenthede verskaf.”

Loos sê die gewildheid van die provinsie het tot ’n netto invloei van herhaaldelike kopers gelei. “Die netto invloei van herhaaldelike huiskopers na die Wes-Kaap is skouspelagtig en maak 12.2% van die provinsie se herhaaldelike kopers uit. Dit het stewig sedert 2009 opgetel en verdwerg die netto migrasie koerse van die ander agt provinsies.”

Een area waarin die provinsie wel agter geraak het, is eerste kopers. “Luidens ons ENB Eiendomsagentopname het die Wes-Kaap sedert 2009 ’n merkbaar laer vlak van eerste kopers as die nasionale vlak gehad. Ons vermoed dat ’n aansienlike hoeveelheid van sy jonger vaardige inwoners na die binneland trek om hul loopbane in die groter Gauteng-ekonomie te begin,” sê Loos.

Ander Artikels

Skop vas en moenie onnodig koop nie
Anja van den Berg   Alles rakende jou supermark is bedoel om jou geld te laat bestee wat jy nie beplan het om te bestee nie, en selfs geld wat jy nie regtig hoef te bestee nie. Hoewel die meeste mense aan produkte dink in terme van die funksionele eienskappe daarvan – die instrumentele waarde […]
Agterbakse supermarktaktieke om jou onnodige goed te laat koop
Anja van den Berg   Het jy al ooit aanvaar dat iets ʼn winskoop is net omdat die prys in rooi geskryf is? Of besluit om daardie duur handsak of aktetas te koop omdat jy daarvan oortuig was dat jy dit verdien? Of ʼn hand vol ongesonde snoepgoed van die impulsrak gegryp terwyl jy toustaan […]
OTM-kaartruilslenters neem toe: Let op hiervoor!
Die Suid-Afrikaanse Bankrisiko-inligtingsentrum (Sabric) waarsku die publiek om op die uitkyk te wees te midde van die hoë voorkoms van OTM-kaartbedrog in die land. Die groep het gewaarsku dat daar weer ʼn “kaartruil”-skelmstreek in Suid-Afrika voorkom en ʼn uiteensetting van die betrokke skelms se modus operandi gegee om die publiek teen hul metodes te waarsku. […]
1 2 3 152