Elektriese nakomingsertifikaat: Wat alle eienaars en gebruikers van vaste eiendom moet weet

Vrydag, Junie 10th, 2016

Bev Nelson

 

Ooreenkomstig die Wet op Beroepsgesondheid en Veiligheid (Wet 85 van 1993) het dit verpligtend geword dat alle gebruikers van enige vaste eiendom (residensieel, kommersieel en industrieel) ’n elektriese voldoeningsertifikaat moet hê wat uitgereik is deur ’n geakkrediteerde elektrisiën, d.w.s. een wat by die Raad vir Elektriese Kontrakteurs van Suid-Afrika geregistreer is. Die elektriese voldoeningsertifikaat verifieer dat alle voltooide elektriese werk en/of installasies op ’n eiendom moet ooreenstem met die regulasies wat in die Suid-Afrikaanse nasionale standaard voorgesktyf word en redelik veilig is.

Ingevolge die wetgewing mag die sertifikaat nie ouer as twee jaar wees nie en dit is oordraagbaar. Indien die verkoper van die vaste eiendom ’n elektriese voldoeningsertifikaat het en die eiendom verkoop, is die sertifikaat steeds geldig mits:

 

1. geen verandering aan die elektriese bedrading en/of elektriese installasies aangebring is sedert die sertifikaat uitgereik is nie; en

2. die sertifikaat hoogstens twee jaar oud is.

 

In die meeste gevalle is dit die verkoper wat ’n nuwe sertifikaat vir die koper bekom voordat die koop afgehandel word. Gewoonlik betaal die verkoper vir die elektriese voldoeningsertifikaat, maar dit kan in die koopooreenkoms verander word. Indien ’n koopooreenkoms bepaal dat die verkoper nie verplig is om ’n elektriese voldoeningsertifikaat te voorsien nie, moet dit ook bepaal dat:

 

1. die koper moet weet dat die sertifikaat ingevloge die wet vereis word; en

2. die koper die verkoper vrywaar teen skade of eise.

 

Die ooreenkoms moet dan spesifiek die aktebesorgers magtig om die oordrag sonder ’n elektriese sertifikaat te registreer.

Dit is ook belangrik om daarop te let dat die elektriese voldoeningsertifikaat nie by die Aktekantoor ingedien hoef te word nie en dat sommige munisipaliteite nie die elektrisiteitstoevoer sonder ’n kopie van die sertifikaat op die koper se naam sal oordra nie.

 

 

Bron: Shepstone & Wylie

Ander Artikels

Art. 11(a) van die Wet op Inkomstebelasting en die aftrekbaarheid van renteonkoste op huislenings
Louis Botha     Op 13 Desember 2016 het die belastinghof in Kaapstad uitspraak gelewer in X v The Commissioner for the South African Revenue Service (saak no. 13791 & 13792, nog nie gerapporteer nie). Die saak het gehandel oor ʼn interessante vraagstuk, naamlik of uitgawes wat aan ʼn huislening aangegaan word om ʼn rente-inkomste […]
Huurverbeteringe: Mag ek vat of moet ek los?
Vraag: “Ons huur nou al vir ʼn paar jaar ʼn huis. Ek en my vrou het heelwat verbeterings aan die huis en tuin aangebring. Ek word nou verplaas en moet verhuis, maar wonder nou wat word van al die verbeterings aan die huurperseel. Mag ons dit saamneem of moet die verhuurder ons vergoed daarvoor?”   […]
Die beste wenke om jou huurdeposito terug te kry
Huurders in Suid-Afrika betaal tans enigiets tussen een en drie maande se huur as skadedeposito ─ maar is dikwels onseker van wat om te doen as hul huurkontrak verval. “Hoewel deposito’s dikwels gebruik word om huurwanbetaling of onbetaalde utiliteitsrekenings te dek, is hul hoofdoel om verhuurders teen skade aan die eiendom te dek,” sê Andrew […]
1 2 3 170