Ek het R250 000 gewen!

Maandag, Desember 8th, 2014

Geskryf deur: Charl Oberholzer

R250 000

Dis wonderlik, ek kry gister ‘n boodskap dat ek ‘n MTN kompetisie gewen het (alhoewel ek Cell C is). Ek bel toe onmiddelik die nommer (gewone selfoon nommer) terug en daar word vir my gesê dat die stelsel aandui dat ek inderdaad R250 000 gewen het en onmiddelik my bankbesonderhede en ‘n R180 MTN beltyd-kode aan hul moet stuur. Ek kon skaars my lag hou en giggel toe verskriklik soos ek mense op ‘n streep bel om die goeie nuus te verkondig. Die giggel het egter in ‘n grom verander…

Ek word toe ontnugter met die idee dat dit ‘n bedrogspul is, dat niemand jou sal vra om jou bankbesonderhede oor die foon te gee nie (of dalk is al my vriende net bitter jaloers). Dis nou ‘n dillema, wat as dit waar is?

Ek het besluit om ‘n rekening te gaan oopmaak by die bank en daardie besonderhede deur te stuur en dan te kyk wat gebeur. Indien die geld nie inbetaal word nie sal ek net nooit weer daardie rekening gebruik nie. Sal almal op hoogte hou wat gebeur.

Hier is ‘n paar opsies wat ek oorweeg om met die geld te doen:

1.) ‘n Motor koop wat se vensters kan oopmaak en se stuurwiel nie gebreek is nie

2.) Lid word van AfriForum en Helpende Hand

3.) Lotto speel

4.) Vir myself ‘n persoonlike assistent aanstel

5.) ‘n MTN simkaart gaan koop

Sê asb vir my dit is nie ‘n bedrogspul nie???

Ander Artikels

Art. 11(a) van die Wet op Inkomstebelasting en die aftrekbaarheid van renteonkoste op huislenings
Louis Botha     Op 13 Desember 2016 het die belastinghof in Kaapstad uitspraak gelewer in X v The Commissioner for the South African Revenue Service (saak no. 13791 & 13792, nog nie gerapporteer nie). Die saak het gehandel oor ʼn interessante vraagstuk, naamlik of uitgawes wat aan ʼn huislening aangegaan word om ʼn rente-inkomste […]
Huurverbeteringe: Mag ek vat of moet ek los?
Vraag: “Ons huur nou al vir ʼn paar jaar ʼn huis. Ek en my vrou het heelwat verbeterings aan die huis en tuin aangebring. Ek word nou verplaas en moet verhuis, maar wonder nou wat word van al die verbeterings aan die huurperseel. Mag ons dit saamneem of moet die verhuurder ons vergoed daarvoor?”   […]
Die beste wenke om jou huurdeposito terug te kry
Huurders in Suid-Afrika betaal tans enigiets tussen een en drie maande se huur as skadedeposito ─ maar is dikwels onseker van wat om te doen as hul huurkontrak verval. “Hoewel deposito’s dikwels gebruik word om huurwanbetaling of onbetaalde utiliteitsrekenings te dek, is hul hoofdoel om verhuurders teen skade aan die eiendom te dek,” sê Andrew […]
1 2 3 170