Eiendom: Meer skaal af deur te huur

Woensdag, April 13th, 2016

Eugene Brink

 

 

Al hoe meer mense onder finansiële druk verkies om deesdae hul huise te verkoop en vir goedkoper te huur as om goedkoper eiendomme te koop.

John Loos, eiendomstrateeg by ENB, sê in sy jongste ENB Eiendomsagent-opname vir die eerste kwartaal van 2016 dat die respondente gedurende meeste van 2013 en 2014 geglo het dat meer as 60% van verkopers wat weens finansiële druk wou afskaal ’n goedkoper eiendom wou koop, terwyl nagenoeg 40% eerder sou wou huur. “Vroeg in 2015 het die persentasie wat goedkoper wou huur skielik tot by 50% geklim. Hoewel dit weer tot by 46% teen die einde van die jaar teruggeval het voordat dit effe hoër tot 47% in 2016 se eerste kwartaal herstel het, bly dit noemenswaardig hoër as in 2013 en 2014.

“Dit dui op ’n meer konserwatiewe benadering deur huishoudings jeens hul finansies omdat huur die goedkoper korttermyn-opsie is.”

Die grootste kategorie van verkopers bly diegene wat verkoop “om weens hul lewenstadium af te skaal”. Volgens Loos kan dit toegeskryf word aan die sterk groei in die 50+ ouderdomsgroep se getalle. “In die opname oor die eerste kwartaal van 2016 was dit geraam dat ’n enorme 26% van verkopers om hierdie rede verkoop.”

Dis geen verrassing nie dat die motief om te verkoop om te emigreer geleidelik tydens die laaste paar kwartale toegeneem het, ofskoon hierdie vlak steeds matig is. “Hierdie kategorie as ’n persentasie van eiendomsverkope het steeds ’n matige raming van 5.5% in die 2016-opname opgelewer. Hierdie persentasie het egter effens sedert die laagtepunt van 2% in 2013 geklim. Dit is wel nogtans ver onder die 20%-hoogtepunt aan die einde van 2008.”

Ander Artikels

Afdwing van verbruikersregte deur die howe: Gebruik eers ander remedies
Justine Krige   Artikel 69 van die Wet op Verbruikersbeskerming (Wet 68 van 2008 [CPA]) sit ʼn verskeidenheid statutêre remedies uiteen vir die afdwing van verbruikersregte ingevolge die CPA. Dit sluit in die indien van ʼn klagte by die Nasionale Verbruikerskommissie (Kommissie), die verwysing van ʼn dispuut na die Verbruikerstribunaal (Tribunaal), of om ʼn bedryfsombudsman […]
Wie mag waar parkeer in ʼn meenthuiskompleks?
Vraag: “In die deeltitelskema waar ek woon is daar ʼn konstante gebaklei en gestry oor wie waar mag parkeer en wie verantwoordelik is vir die instandhouding van parkeerplekke. My vraag is: wie besluit watter dele van die skema vir parkeerplekke toegeken word, wie dit mag gebruik en wie dit moet in stand hou?” Antwoord: Wat […]
Moenie vanjaar val vir hierdie belastingslenters nie
Lede van die publiek ontvang dikwels ewekansig vals e-posse wat nagemaak is om te lyk asof hulle deur die SAID gestuur is, maar wat in der waarheid vals e-posse is wat daarop gemik is om niksvermoedende belastingbetalers uit te lok om persoonlike inligting, soos bankrekeningbesonderhede, te onthul. Voorbeelde sluit in e-posse wat skyn afkomstig te […]
1 2 3 150