Eiendom: Maak seker jy oorkapitaliseer nie

Vrydag, November 4th, 2016

Stefanie Keplinger-Esterhuizen, Acutts

 

Een van nuwe eiendomsbeleggers se grootste vrese is oorkapitalisering.

Wat beteken oorkapitalisering in ʼn beleggingseiendom? Wanneer kopers ʼn eiendom koop as ʼn inkomsteverdiener fladder hulle dikwels rond tussen enersyds geen verbeterings aanbring nie uit vrees dat hul huurders dalk duur skade kan aanrig, en andersyds te veel spandeer aan opgraderings in ʼn area waar hoër huurgeld nie gevra kan word nie. Albei scenario’s is geldige bekommernisse en hier onder volg ʼn paar dinge wat in gedagte gehou moet word om te help om ʼn ingeligte besluit te neem wanneer jy dit oorweeg om ʼn beleggingseiendom te koop.

Wanneer jy opgradeer, oorweeg dit om geld te spandeer net aan geriewe wat maklik is om in stand te hou en jou verdienstepotensiaal sal vergroot. ʼn Voorbeeld hiervan is om ʼn badkamer op te gradeer sodat dit ʼn bad en ʼn stort het; eenhede met volbadkamers kan in enkelinge sowel as gesinne se behoeftes voorsien.

Oorweeg altyd duursame teëls wat op ʼn later stadium nog beskikbaar sal wees. ʼn Voorbeeld hiervan is die standaard wit Jonson-teël wat by die meeste kleinhandelaars beskikbaar is. Hierdie badkamerteël is duursaam en maklik vervangbaar, en wie hou nou nie van ʼn wit badkamer nie? As jy dit oorweeg om die badkamermure te verf, vra altyd vir iets wat duursaam is en beskerming teen skimmel en muf bied. Gebruik wasbare verf in neutrale kleure op die slaapkamer- en woonkamermure ─ en hou in gedagte dat huurders byna altyd die kinderkamer- of glanspuntmure sal wil verf, en deur ʼn neutrale kleur te gebruik, kan jy die koste minimaliseer wanneer jy oorverf.

Vermy matte heeltemal ─ hulle is duur om te lê, skoon te hou en moeilik om in klein ruimtes te vervang. Wanneer jy ʼn eiendom koop met die uitsluitlike doel om dit te verhuur, oorweeg altyd die mees duursame vloerteëls (hoe eenvoudiger, hoe beter). Houtvloere het baie sjarme maar word altyd bedreig deur boorinsek- en termietskade, en lamelvloere is moeilik om in stand te hou en die meeste van die bekostigbare handelsmerke is nie waterbestand nie. Huurders moet ook geleer word hoe om vir hierdie vloere te sorg en hulle in stand te hou, so teëls is altyd die sekere veilige manier.

Die kombuis is een plek waar jy moet spandeer. Installeer soliede toonbanke en deeglike kombuiskaste omdat hulle baie slytasie sal moet deurstaan, en hou in gedagte dat die kombuis en die badkamer die twee mees gebruikte ruimtes in ʼn eiendom is en daarom ook die grootste verkooppunte wanneer huurders geplaas word.

Geniet die huissoek!

 

Ander Artikels

Skop vas en moenie onnodig koop nie
Anja van den Berg   Alles rakende jou supermark is bedoel om jou geld te laat bestee wat jy nie beplan het om te bestee nie, en selfs geld wat jy nie regtig hoef te bestee nie. Hoewel die meeste mense aan produkte dink in terme van die funksionele eienskappe daarvan – die instrumentele waarde […]
Agterbakse supermarktaktieke om jou onnodige goed te laat koop
Anja van den Berg   Het jy al ooit aanvaar dat iets ʼn winskoop is net omdat die prys in rooi geskryf is? Of besluit om daardie duur handsak of aktetas te koop omdat jy daarvan oortuig was dat jy dit verdien? Of ʼn hand vol ongesonde snoepgoed van die impulsrak gegryp terwyl jy toustaan […]
OTM-kaartruilslenters neem toe: Let op hiervoor!
Die Suid-Afrikaanse Bankrisiko-inligtingsentrum (Sabric) waarsku die publiek om op die uitkyk te wees te midde van die hoë voorkoms van OTM-kaartbedrog in die land. Die groep het gewaarsku dat daar weer ʼn “kaartruil”-skelmstreek in Suid-Afrika voorkom en ʼn uiteensetting van die betrokke skelms se modus operandi gegee om die publiek teen hul metodes te waarsku. […]
1 2 3 152