Eerstekeerhuiskopers: Gauteng troef Kaapstad

Donderdag, Januarie 12th, 2017

Eugene Brink

 

Die probleem van bekostigbaarheid kan moontlik eerstekeerhuiskopers daarvan weerhou om hulle in Kaapstad te vestig en dit hou tot groot uitdagings in vir die streek se behoud van jonger mense wat oor skaars vaardighede beskik.

“Ons weet dat die beperkte grond waaroor die Stad Kaapstad beskik die afgelope aantal jare tot beduidend groter groei in huispryse gelei het as in die ander belangrikste streke, en dat daar ook ʼn groot netto migrasie na Kaapstad plaasgevind het van mense uit ander streke wat hul volgende huise daar koop,” sê John Loos, eienkomsekonoom van ENB in sy kommentaar oor die vier kwartaallikse ENB Eiendomsagent-opnames wat in 2016 gepubliseer is.

“As die opname se jaarlikse gemiddelde verkope vir die belangrikste streke ontleed word, is dit opmerklik dat Kaapstad by verre die laagste geraamde persentasie eerstekeerhuiskopers oplewer, naamlik 13%. In vergelyking daarmee is die geraamde persentasie eerstekeerhuiskopers in die belangrikste Gauteng-streke soos die groter Johannesburg en Tshwane veel hoër, naamlik 22% en 24% onderskeidelik.”

Loos sê dat eerstekeerhuiskopers die afgelope ruk in ʼn benarde posisie was en as ʼn persentasie van algehele huiskopers steeds daal. Hy skryf dit daaraan toe dat hulle swaar op krediet steun en meer kwesbaar is vir ekonomiese gebeure en rentekoersstygings. “Dit is dus nie verbasend nie dat die steekproef van eiendomsagente wat deur die loop van 2016 gemonitor is, beraam dat eerstekeerhuiskopers 20% van die totale aantal kopers uitmaak, wat beteken dat hierdie persentasie vir die tweede agtereenvolgende jaar ʼn daling toon, van ʼn hoogtepunt van 26,5% in 2014 en 24,25% in 2015.

 

Ander Artikels

Skop vas en moenie onnodig koop nie
Anja van den Berg   Alles rakende jou supermark is bedoel om jou geld te laat bestee wat jy nie beplan het om te bestee nie, en selfs geld wat jy nie regtig hoef te bestee nie. Hoewel die meeste mense aan produkte dink in terme van die funksionele eienskappe daarvan – die instrumentele waarde […]
Agterbakse supermarktaktieke om jou onnodige goed te laat koop
Anja van den Berg   Het jy al ooit aanvaar dat iets ʼn winskoop is net omdat die prys in rooi geskryf is? Of besluit om daardie duur handsak of aktetas te koop omdat jy daarvan oortuig was dat jy dit verdien? Of ʼn hand vol ongesonde snoepgoed van die impulsrak gegryp terwyl jy toustaan […]
OTM-kaartruilslenters neem toe: Let op hiervoor!
Die Suid-Afrikaanse Bankrisiko-inligtingsentrum (Sabric) waarsku die publiek om op die uitkyk te wees te midde van die hoë voorkoms van OTM-kaartbedrog in die land. Die groep het gewaarsku dat daar weer ʼn “kaartruil”-skelmstreek in Suid-Afrika voorkom en ʼn uiteensetting van die betrokke skelms se modus operandi gegee om die publiek teen hul metodes te waarsku. […]
1 2 3 152