Dís hoe die rykes dink

Donderdag, Oktober 15th, 2015

Neal Frankle, gesertifiseerde finansiële beplanner

 

 

Ek is seker jy stem saam dat mense inherent maar baie dieselfde is. Die meeste van ons is diep besorg oor ons gesinne. Dis hoe dit is, ongeag hoeveel geld jy het.

Ryk mense dink egter anders. Dit is onmiskenbaar en onbetwisbaar. Ek werk al vir 30 jaar met rykes en nie-so-rykes. Ek het gesien hoe welgesteldes op hul eie manier dinge oordink en hoe daardie andersheid hulle ryk maak en ryk laat bly. Die goeie nuus is dat enigiemand “ryk kan dink” en baie beter daaraan toe aan die ander kant kan uitkom. So, hoe dink ryk mense?

1. Ryk mense weet hulle weet nie alles nie: Mense wat baie geld maak en dit behou, besef dat hulle nie alles weet nie. Die gevolg is dat hulle altyd soek na nuwe en beter maniere om dinge te doen. Hulle omring hulle met mense wat verskillende benaderings bied. Hulle het mentors en aanspreeklikheidsvennote. Hulle is bereid om idees te oorweeg wat bots met hul huidige manier van dinge doen. As die nuwe benadering beter is, pas hulle aan. Hul ego’s staan nie in die pad van hul intellek nie. As hulle verkeerd is, stry hulle nie of neem aanstoot nie

Kontrasteer dit met mense wat dink hulle weet hoe. Hulle verstand sê vir hulle hulle het die lewe onder die knie.. As gevolg daarvan leer hulle niks. Nog erger, hulle sien nie wanneer hulle  ooglopend verkeerd is nie. Hulle hou by hulle verouderde benadering en word gewoonlik deur die werkliheid uitgeboul

2. Ryk mense vra die regte vrae

Jy hoef nie ’n genie te wees om die regte vrae te kan vra nie. Moet net nie lui wees nie. Dit is omdat daar gewerk moet word om al die antwoorde te kry op al die vrae wat jy moet vra om werklik ’n gegewe situasie te verstaan. Dis baie vinniger en makliker om gou ’n paar irrelevante vrae te vra en dan voort te storm as om te gaan sit en al die belangrike vrae te vra..

Kom ons sê jy dink na oor ’n groot besluit. ’n Vinnige benadering sou wees om ’n paar oppervlakkige vrae te oorweeg wat net jou vooropgestelde idees verterk. ’n “Dink ryk”-benadering sal egter moeilike vrae soos die volgende insluit:

◾ Wat wil jy regtig hê?

◾ Hoekom wil jy dit hê?

◾ Wat is al die alternatiewe?

◾ Wat is die voor- en nadele van elke benadering?

◾ Wanneer wil jy dit hê?

◾ Hoekom?

◾ Is daar ’n ander manier om jou doel te bereik sonder om dít te doen of teen ’n laer koste?

◾ Wat sal gebeur as jy dit doen?

◾ Wat sal gebeur as jy dit nie doen nie?

◾ Watter ander vrae het jy vergeet om te vra?

Jy kan sien watter metode die moeilikste is maar baie beter resultate lewer. Ryk mense is nie bang om die regte vrae te vra en dan alles wat nodig is te doen om die antwoorde te kry nie.

3. Gewillig om te werk

Mense wat vasval gee dikwels op voordat die wonderwerk opdaag. Mense wat “ryk dink”, sien natuurlik die struikelblokke (omdat hulle die regte vrae vra), maar is gewillig om hard te werk om dit te oorkom.

4. Geduld

Dit neem tyd om doelwitte wat die moeite werd is te behaal. Ryk mense verstaan dit en hou net aan. Ander mense raak gefrustreer as hulle nie kitsresultate kry nie en beweeg aan. Dis tragies, maar iemand wat so rondspring word in ’n ewigdurende aansitmodus vasgevang omdat hy altyd besig is om met iets nuuts te begin en nooit die vrug van sy arbeid sien nie.

5. Ryk mense selfkorrigeer hul denkwyse

Hierdie punt gaan terug na die kwessie van die regte vrae te vra. ’n Doeltreffende persoon vra voortdurend of sy optrede hom nader aan sy doel bring of hom verder weg neem daarvan. As hy vind dat hy afwyk, kom hy terug op die regte spoor. Minder doeltreffende mense beoordeel hulself selde. Die gevolg is dat hulle geneigd is om onproduktief te wees.

6. Ryk mense hemel ander mense op en is traag om te kritiseer

Klein mensies kritiseer graag. Hulle geniet dit om ander mense se foute uit te vind en kan nie wag om dit aan die kaak te stel nie. Hulle hou daarvan om ander mense af te kraak. Daar is natuurlik mense met geld wat gemeen en haatlik is maar hulle is nie ryk of welgesteld nie want hulle is gewoonlik alleen en miserabel.

Ryk mense, werklik ryk mense, doen presies die teenoorgestelde. Hulle gryp elke geleentheid aan om ander mense te prys en werk altyd hard daaraan om negatiewe kritiek te versag. Dit hou alliansies sterk, bou spanne en motiveer. Dit maak ander mense opgewonde en haal die beste uit hulle. Almal wen. .

7. Ryk mense stel andere eerste

Napoleon Hill het ongeveer 90 jaar gelede onderhoude met die rykste mense in die Verenigde State gevoer. Hy het gevind dat ryk mense byna sonder uitsondering daarop fokus om andere te help om te kry wat hulle wil hê. Dit was hierdie besondere en fanatiese fokus op die kliënt wat hierdie mans en vrouens suksesvol gemaak het.

As mense hul werk doen net ter wille van die geld, lei hulle gewoonlik onbevredigende lewens. Vind ’n manier om geld te maak deur ander mense te help om te kry wat hulle wil hê en jy sal meer besigheid kry as wat jy kan hanteer. As jy in iemand anders se diens is, is die vinnigste pad na bevordering die “WAB”-reël – Wees Altyd Behulpsaam!

Daar is een woord wat opsom hoe die rykes dink, en dit is nederigheid. ’n Werklik nederige persoon vra vrae, is vir mense van diens, behandel andere met waardigheid, hou die doel voor oë, en is geduldig en gewillig om die werk te doen. Bowenal ag ’n nederige persoon homself en alle ander mense gelyk. Hy respekteer sy eie talente en dié van andere. Die gevolg is dat hy tot die uiterste ontvanklik is vir alles wat die lewe bied.

Dink jy soos ryk mense? Hoe het dit jou gehelp? Watter ander hoedanighede is belangrik vir ’n lewe van rykdom?

 

Bron: WealthPilgrim.com

Ander Artikels

Wie betaal vir die vervanging van ʼn meenthuis-uitlaatpyp?
Vraag: Gee asseblief raad oor wie verantwoordelik sou wees vir die vervanging van ʼn uitlaatpyp in die kombuis van ʼn eenheid as dit deurgeroes het en aan die buitekant van die eenheid afgebreek het.   Antwoord: Eienaars is verantwoordelik vir die herstel en onderhoud van hulle eenhede en die beheerliggaam het dieselfde verantwoordelikheid met betrekking […]
Tipes kontantbeleggings
VASTE DEPOSITOREKENING ʼn Vaste depositorekening is ʼn tipe spaarrekening waar jy jou kontant vir ʼn spesifieke tydperk deponeer in ruil vir ʼn vaste rentekoers, wat gewoonlik hoër is as een wat jy uit ʼn gewone bankrekening sou ontvang. Tipies vereis vaste depositorekenings dat fondse in die rekening gelaat word tot die vervaldatum, met moontlike boetes […]
Voertuigfinansiering verduidelik
Tensy jy ʼn rekenmeester is, is voertuigfinansiering gekompliseerd. Weet jy hoe finansieringsbepalings werk? Is dit ʼn goeie idee om ʼn residu te neem?  Wat van die rentekoers – moet jy dit vas of gekoppel neem? Ons het met WesBank gesels vir hierdie beginnersgids oor die finansiering van die motorvoertuig van jou drome! Bereken hoeveel jy […]
1 2 3 161