Die voordele van sekwestrasie

Woensdag, Oktober 7th, 2015

Sanet de Jager

 

 

Die woord sekwestrasie of insolvensie klink vir baie mense drasties en negatief. Min word daar besef dat dit ’n baie meer stabiele, langtermyn-oplossing vir skuld is. Die positiewe impak wat dit tot gevolg kan hê, word onderskat en reik ver meer as die negatiewe aspekte of beperkings daarvan.

Die grootste voordeel is seker die verligting wat sekwestrasie meebring. Deur middel van sekwestrasie raak jy wetlik ontslae van ongeveer 80% van jou skuld. Sekwestrasie haal dus die berg van finansiële probleme van jou skouers af. Dit bied jou die kans om voor te begin en om ‘n sterk en gesonde kredietrekord te herstel. Slegs vier jaar na sekwestrasie kan jy aansoek doen om gerehabiliteer te word. Sekwestrasie maak jou wyser en laat jou toe om foute van die verlede te vermy. Na sekwestrasie val enige vonnis verkry teen jou ook weg.

Dan is daar die beslagleggingsbevele wat op jou salaris geplaas is en wat beheer oor jou inkomste beperk het. ’n Klein aftrekking hier en ’n ander een daar en as jy jou oë uitvee het jy byna niks van jou salaris oor nie. Hierdie aftrekkings deur skuldeisers sal ook met sekwestrasie verwyder word.

Jy het voorts die reg om jou roerende bates na sekwestrasie te behou en dit word nie op ‘n veiling verkoop deur ‘n terugkoop-ooreenkoms met jou hof-aangestelde kurator nie.

Die gereelde hofverskynings vir skuldinvorderings kom ook tot ’n einde. Met ’n aansoek om sekwestrasie is dit nie vir jou nodig om in die hof te verskyn nie. Jou prokureur sal ’n advokaat aanstel wat in die Hooggeregshof verskyn en die saak namens jou aan die regter opdra.

Die gereelde pogings om skuldeisers en skuldinvorderaars te ontduik is ook nou iets van die verlede. Jy hoef nie meer vrae te beantwoord en onderhandelings met skuldeisers aan te gaan nie. Jou prokureur sal navrae namens jou hanteer en dit dan aan jou kurator rig vir die verspreiding van krediteure-voordeel.

Jy het dus die kans om weer normaal te funksioneer en jou geldsake is weer stabiel.

 

 

 

  • Stanley Robertson

    Vir my sal dit maar steeds ‘n vernedering bly.

Ander Artikels

Afdwing van verbruikersregte deur die howe: Gebruik eers ander remedies
Justine Krige   Artikel 69 van die Wet op Verbruikersbeskerming (Wet 68 van 2008 [CPA]) sit ʼn verskeidenheid statutêre remedies uiteen vir die afdwing van verbruikersregte ingevolge die CPA. Dit sluit in die indien van ʼn klagte by die Nasionale Verbruikerskommissie (Kommissie), die verwysing van ʼn dispuut na die Verbruikerstribunaal (Tribunaal), of om ʼn bedryfsombudsman […]
Wie mag waar parkeer in ʼn meenthuiskompleks?
Vraag: “In die deeltitelskema waar ek woon is daar ʼn konstante gebaklei en gestry oor wie waar mag parkeer en wie verantwoordelik is vir die instandhouding van parkeerplekke. My vraag is: wie besluit watter dele van die skema vir parkeerplekke toegeken word, wie dit mag gebruik en wie dit moet in stand hou?” Antwoord: Wat […]
Moenie vanjaar val vir hierdie belastingslenters nie
Lede van die publiek ontvang dikwels ewekansig vals e-posse wat nagemaak is om te lyk asof hulle deur die SAID gestuur is, maar wat in der waarheid vals e-posse is wat daarop gemik is om niksvermoedende belastingbetalers uit te lok om persoonlike inligting, soos bankrekeningbesonderhede, te onthul. Voorbeelde sluit in e-posse wat skyn afkomstig te […]
1 2 3 150