Die premiepatroon, met ander woorde, hoe vinnig jou premie sal opgaan en of dit aan iets spesifiek (byvoorbeeld, mediesefondseise, inflasie of oefenpatrone) gekoppel is.
Of jy sekere vereistes jaarliks moet nakom om jou voordele te behou.
Watter, indien enige, uitsluitings of voorwaardes aan die polis gekoppel is.
Of onderskywing tydens die eisestadium plaasvind. Met ander woorde, moet jy vir mediese toetse gaan en mediese vrae beantwoord sodra jy eis, of is dit by die aanvang van die polis gedoen?
Of jou voordele los van mekaar is, met ander woorde, of jy op sekere voordele sal uitverloor as jy ’n eis ten opsigte van ander voordele instel.