Nuwe Wetsontwerp op Onteiening: Die goeie, slegte en lelike

Donderdag, Junie 30th, 2016

Sanette Viljoen

 

 

Daar word baie gegons oor die nuwe Wet op Onteiening, wat nou nog ’n stappie nader is aan ’n volwaardige wet nadat dit deur die parlement goedgekeur is.

Die eindresultaat was 202 LP-stemme, vir die aanvaarding daarvan teenoor 88 LP-stemme teen die aanvaarding van die wet. Die wet word nou na die Nasionale Raad van Provinsies gestuur vir goedkeuring.

Die bestaande onteieningswet is ongrondwetlik in baie opsigte. Die doel van die nuwe wet is om in ooreenstemming met ons konstitusie te kom asook om die openbare belang in te sluit. Daar is egter steeds baie vrae en bekommernisse oor hierdie nuwe wet.

In die nuwe wet word die volgende stappe voorgestel vir ’n beoogde onteiening:

  • Geskiktheid vir onteiening: daar moet bepaal word of die eiendom geskik is vir die doel van onteiening. Geregistreerde en ongeregistreerde regte sal in ag geneem word.
  • Kennisgewing van beoogde onteiening: ’n kennisgewing van die beoogde onteiening moet gepubliseer word en beteken word op die betrokke partye. Besware moet dan binne 30 dae ingedien word. Indien die onteieningsgesag dan besluit om voort te gaan, moet ’n kennisgewing van onteiening op die eienaar en houers van regte beteken word en gepubliseer word. Die kennisgewing word ook gestuur aan die betrokke departemente en munisipaliteite.
  • Inhoud van die kennisgewing: rede vir onteiening, datum van onteiening en datum van inbesitneming. Die vergoedingsbedrag vir die eienaar en houers van regte moet ingesluit word asook ’n verduideliking van wat die vergoeding behels. Daar moet binne 20 dae aangedui word of die vergoedingsbedrag aanvaar word.

Die nuwe Wetsontwerp op Onteiening is wel ’n verbetering op die ou wet en poog om vergoeding vir eiendom te verbeter. Die ou wet stel dat slegs die markwaarde van die eiendom in ag geneem moet word, terwyl die Konstitusie vereis dat verskeie faktore, onder meer die huidige gebruik van die eiendom, die geskiedenis daarvan, hoeveel die staat in die eiendom belê het, en die markwaarde in ag geneem moet word om billike vergoeding te bepaal.

Daar is egter baie onsekerheid oor verskeie kwessies in die wet. Een van hierdie kwessies is die definisie van “eiendom”. Hoe kan beleggers verseker wees dat hul privaat eiendom veilig is teen onteiening deur die staat? Privaat eiendomsreg is belangrik vir die groei van ons ekonomie.

Die volgende kwessie is dié van betaling. Hoe kan ’n eienaar verseker wees dat hy ’n voldoende betaling van die staat gaan ontvang? Met ons regering se geskiedenis is dit te betwyfel of betaling voldoende, volledig en betyds gaan geskied.

Verder maak die wetsontwerp die deure oop vir wettige grondgrypery deur die regering. Hoe gaan daar verseker word dat die proses nie misbruik gaan word nie?

Indien die staat en die eienaar nie ’n ooreenkoms kan bereik nie, kan die staat voortgaan om die grond te onteien. Die eienaar kan hom wel wend tot die hooggeregshof. Die staat mag nie grond arbitrêr onteien nie en die vergoeding moet billik wees. Die eienaar kan die hooggeregshof nader indien hy van mening is dat die vergoeding nie billik is nie.

Die voormelde lei egter tot honderde duisende rande se regskoste vir die eienaar.

 

Ander Artikels

Afdwing van verbruikersregte deur die howe: Gebruik eers ander remedies
Justine Krige   Artikel 69 van die Wet op Verbruikersbeskerming (Wet 68 van 2008 [CPA]) sit ʼn verskeidenheid statutêre remedies uiteen vir die afdwing van verbruikersregte ingevolge die CPA. Dit sluit in die indien van ʼn klagte by die Nasionale Verbruikerskommissie (Kommissie), die verwysing van ʼn dispuut na die Verbruikerstribunaal (Tribunaal), of om ʼn bedryfsombudsman […]
Wie mag waar parkeer in ʼn meenthuiskompleks?
Vraag: “In die deeltitelskema waar ek woon is daar ʼn konstante gebaklei en gestry oor wie waar mag parkeer en wie verantwoordelik is vir die instandhouding van parkeerplekke. My vraag is: wie besluit watter dele van die skema vir parkeerplekke toegeken word, wie dit mag gebruik en wie dit moet in stand hou?” Antwoord: Wat […]
Moenie vanjaar val vir hierdie belastingslenters nie
Lede van die publiek ontvang dikwels ewekansig vals e-posse wat nagemaak is om te lyk asof hulle deur die SAID gestuur is, maar wat in der waarheid vals e-posse is wat daarop gemik is om niksvermoedende belastingbetalers uit te lok om persoonlike inligting, soos bankrekeningbesonderhede, te onthul. Voorbeelde sluit in e-posse wat skyn afkomstig te […]
1 2 3 150