Die 10 vreemdste goed wat nog ooit verseker is

Dinsdag, Desember 13th, 2016

Het jy al ooit jou versekeringsmaatskappy gebel en bietjie skaam gekry om te vra of hulle ’n ietwat meer … ongewone item sal verseker?

Wel, vandag is jou gelukkige dag want ons gaan terugkyk op ’n paar van die vreemdste voorwerpe en voorvalle wat nog ooit verseker is. Nadat jy na ’n paar van hierdie sonderlinge versekeringspolisse gekyk het, sal jy besef dat jy nie rede het om verleë te voel nie.

 

  1. Geklapperde harspan

Na ’n nie-so-goed-nagevorste studie in 1984 deur dr. Peter Brass wat onder die titel Injury due to falling coconut gepubliseer is, was vakansiegangers skielik banger vir vallende klappers op die strand as vir haaie in die see. Dit het Club Direct, ’n Britse reisagentskap, aangespoor om versekering teen “besering deur vallende klappers” uit te neem, wat tot op hede tot net een nie-noodlottige eis opgelewer het.

  1. Kersvader se baard

Lloyds of London verseker die baard van Brady, die “amptelike” Kersvader van die massiewe afdelingswinkel Macy’s.

  1. Keith Richard se middelvinger

Die Rolling Stones se rocker lyk dalk onaantasbaar na al die jare van misbruik waaraan hy na bewering sy liggaam onderwerp het, maar skynbaar is sy ghitaarvingers nie so duursaam nie, met die middelvinger alleen wat vir $1,5 miljoen verseker is.

  1. Wie wil ’n miljoenêr wees?

Natuurlik is die antwoord “almal”! (behalwe miskien miljardêrs). Dié speletjiesprogram is verseker vir geval iemand die miljoen rand wen net sodat hulle nie die volgende seisoen op ’n selfoon sal hoef op te neem nie.

  1. Ruimtewesens

Lloyds of London het skynbaar al byna 60 000 polisse uitgereik teen ontvoering deur ruimtewesens of teen verandering in ’n weerwolf of vampier … ons vind dit vreesaanjaend dat mense werklik gewillig is om maandelikse premies te betaal vir sulke gek polisse.

  1. Werknemers wat loterye wen

Heimelik wil ons almal die lotery wen sodat ons ons werk kan los en in ’n reusagtige boomhuis in die middel van ’n tropiese woud kan gaan woon … reg? Reg, maar wat word van die werkgewers wat met ’n groot gat in hulle werkmag bly sit? Jy’t reg geraai, loterywennersversekering. Ons is seker daardie werkgewers sal dit nie aan ’n weggaanpartytjie bestee nie …

  1. Die Loch Ness-monster

Eers ruimtewesens en nou prehistoriese meermonsters … wat nog? In die 1970’s het Cutty Sark, ’n whiskymaker, gedink dit sal prettig wees om ’n kompetisie uit te skryf wat £1 miljoen uitloof aan enigiemand wat ou Nessie lewendig kan vang. Hulle het hulself ook daarteen verseker dat iemand regtig die waterdier sou vang. Miskien het hulle self ’n paar skeute van hul voorraad gebruik want in 40 jaar kon niemand nog met ’n voorbeeld vorendag kom nie.

  1. Miley Cyrus se tong

Wie gaan nou haar musiek verseker? Hahahahaha! Ons speel net …

  1. Vallende satelliete

Jy weet, net omdat die klappers jou nog nie bygekom het nie, beteken dit nie dat jy veilig is teen vallende ruimterommel nie.

  1. Zombie-apokalips

Dit is een van ons gunstelinge … ons het egter net een vraag – as die wêreld oorval word deur ondooie monsters, wie gaan lank genoeg ophou weghardloop om jou eis te verwerk?

 

Bron: KingPrice Insurance

Ander Artikels

Belangrike belastingwenke vir 2017
Karen van der Berg     Daar is een ding wat jaar na jaar vas bly staan: Belasting moet betaal en bewyse daarvan moet ingedien word. Vir die meeste mense veroorsaak dit ʼn groot kopseer en slapelose nagte. Dit is egter nie nodig nie, sê Coba Boshoff, ʼn belastingkonsultant van die Paarl. “Daar is sekere […]
Die 2 soorte verkeersboetes
Sanette Viljoen       Dit is belangrik om te verstaan dat daar twee tipes verkeersboetes bestaan en ook om te weet wat is elkeen se risiko.   Artikel 341-boete Hierdie boete word uitgereik wanneer dit nie duidelik is wie die bestuurder van die motor is nie. Voorbeelde van hierdie boetes is ‘n parkeerkaartjie of […]
Deeltitel: Geiser-instandhouding en aanspreeklikheid vir koste
Anton Kelly   Daar is iets onvermydelik in verband met die koste van geiser-instandhouding en –vervanging: die betrokke eienaar is aanspreeklik vir alles waarvoor die regspersoon se versekering nie betaal nie! Dit help as mens die bepalings verstaan wat hierdie “geen wegkruipplek”-situasie skep. In die meeste moderne residensiële skemas is die geiser in die eenheid […]
1 2 3 139