Deeltitel: ‘Onwenslike’ inwoners is eienaar se verantwoordelikheid

Vrydag, Julie 22nd, 2016

Eugene Brink

 

In veelvoudige eenheid deeltitel-ontwikkelings is dit waarskynlik dat daar altyd een of twee inwoners sal wees wat deur meeste van die ander as “onwenslik” beskou word. Wanneer dit gebeur, word die beheerliggaam dikwels deur die lede daarvan ingeroep om op te tree.

Tony Clarke, besturende direkteur van die Rawson Eiendomsgroep, sê egter dat die beheerliggaam nie volkome mag het nie want in baie gevalle van “ongewenste” inwoners huur die oortreder van die eienaar – en in Suid-Afrikaanse wet, indien die beheerliggaam daadwerklik wil optree, byvoorbeeld ʼn boete teen sodanige persone hef, moet hulle deur die eienaar van die eenheid werk, wat geheel en al verantwoordelik gehou sal word vir die probleem.

Waar eenvoudige huisreëls oortree word, sê Clarke, mag die beheerliggaam of die bestuursagent in staat wees om die saak direk met die moeilikheidmaker uit te klaar, maar die mag om veranderings te maak rus steeds by die eienaar – en, herinner Clarke ons, hy is daarop geregtig om aan enige persoon van sy keuse te verhuur op voorwaarde dat die inwoner die huisreëls gehoorsaam.

Soms, sê Clarke, sal dit ontdek word dat die inwoner ʼn kriminele rekord het of aan een of ander onwettige aktiwiteit deelgeneem het. Die beheerliggaam is egter nie in ʼn posisie om die inwoner se verwydering te eis nie tensy hy die huisreëls van ʼn ontwikkeling oortree, byvoorbeeld deur te veel persone toe te laat om daar te woon of raserige partytjies te hou. Selfs in hierdie gevalle moet die beheerliggaam deur die eienaar werk.  Clarke sê dit word gevolglik uiters belangrik dat eienaars gebruik maak van verantwoordelike huur-agente. Hierdie mense het toegang tot baie doeltreffende IT-gebaseerde kontrolestelsels, wat byna altyd enige vorige nie-prestasie aan die kant van die voorgenome inwoner as werknemer, as ʼn inwoner elders of as kredietbetaler sal openbaar.

Clarke sê voorts dat hierdie tipe navorsing ook sal openbaar of die voorgenome inwoner ʼn kriminele rekord het. Beheerliggame van deeltitelskemas wat graag “ongewenste” inwoners wil verhoed, moet, sê hy, dit ernstig oorweeg om een van die beter huuragentskappe te identifiseer en te gebruik wat toegang het tot die baie nuttige kontrolemeganismes wat, wanneer eers toegepas, effektief blyk te wees om te verseker dat die gehalte en betroubaarheid van die inwoners in baie skemas bo verdenking is.

 

Ander Artikels

Skop vas en moenie onnodig koop nie
Anja van den Berg   Alles rakende jou supermark is bedoel om jou geld te laat bestee wat jy nie beplan het om te bestee nie, en selfs geld wat jy nie regtig hoef te bestee nie. Hoewel die meeste mense aan produkte dink in terme van die funksionele eienskappe daarvan – die instrumentele waarde […]
Agterbakse supermarktaktieke om jou onnodige goed te laat koop
Anja van den Berg   Het jy al ooit aanvaar dat iets ʼn winskoop is net omdat die prys in rooi geskryf is? Of besluit om daardie duur handsak of aktetas te koop omdat jy daarvan oortuig was dat jy dit verdien? Of ʼn hand vol ongesonde snoepgoed van die impulsrak gegryp terwyl jy toustaan […]
OTM-kaartruilslenters neem toe: Let op hiervoor!
Die Suid-Afrikaanse Bankrisiko-inligtingsentrum (Sabric) waarsku die publiek om op die uitkyk te wees te midde van die hoë voorkoms van OTM-kaartbedrog in die land. Die groep het gewaarsku dat daar weer ʼn “kaartruil”-skelmstreek in Suid-Afrika voorkom en ʼn uiteensetting van die betrokke skelms se modus operandi gegee om die publiek teen hul metodes te waarsku. […]
1 2 3 152