Borg teken: Is jy regtig seker?

Dinsdag, Augustus 2nd, 2016

Om ons kinders of ander familielede te help om ’n motor te koop, stem ons soms in om borg te teken, maar is jy regtig seker jy help jou kind en jouself?

Om borg te teken is ’n groot storie.

Dit lyk dalk soos ’n kitsoplossing om die finansiering te kry wat ’n geliefde nodig het, maar dit kan jou finansiële ondergang beteken. Voordat jy borg teken, moet jy ’n paar dinge in ag neem.

Eerstens, as die persoon vir wie jy borg staan nie die terugbetalings kan bybring nie, word jy onmiddellik aanspreeklik vir die hele uitstaande bedrag, en jou kind of ander familielid behou die motor! Vra vir jouself: Het jy regtig soveel kontant beskikbaar om in ’n oogwink te verloor? Indien wel, is dit dalk beter om kontant te betaal vir die motor, dit op jou naam te registreer en ’n kontrak tussen jou en die tweede party op te stel waarin ’n betaalplan uiteengesit word. Wanneer die motor ten volle afbetaal is, kan dit ooreenkomstig die kontrak op jou kind (of die ander persoon) se naam oorgedra word.

As jy wel borg teken, teken jy ’n beperkte of onbeperkte borgskapkontrak? Beperkte borgskap beteken jy is aanspreeklik net vir die bepaalde finansieringskontrak wat van toepassing is, in hierdie geval vir ’n motor.

Onbeperkte borgskap beteken jy is aanspreeklik vir enige finansieringskuld by die betrokke bank, hetsy vir die oorspronklike motorfinansiering, ’n huislening in die toekoms, of wat ook al.

Onbeperkte borgskap impliseer dat jy aanspreeklik is vir enige wanbetaling deur die persoon vir wie jy borg geteken het, vir enige finansiële lening by die bank wat die borgskap hou. ’n Beperkte borgskap is klaarblyklik die beste opsie as jy wel bereid is om die risiko te loop.

Wanneer die motorfinansiering by die bank ten volle afbetaal is, moet jy egter die borgskapkontrak van die bank aanvra en seker maak dat jou aanspreeklikheid as die borg nietig is sodat dit nooit teen jou gebruik kan word nie. Talle goedhartige familielede of vriende is al finansieel geruïneer deur borg te teken vir iemand wat gewaarborg het dat dit net ‘n formaliteit is.

Hoewel daar hofsake is waarin daar teen banke en die algemene toepassing van borgskap beslis is, is dit tydrowend en duur om ’n bank hof toe te sleep. Maar as jy dit kan bekostig om die geld te verloor, teken op die stippellyn!

 

Bron: FNB

Ander Artikels

Wie betaal vir die vervanging van ʼn meenthuis-uitlaatpyp?
Vraag: Gee asseblief raad oor wie verantwoordelik sou wees vir die vervanging van ʼn uitlaatpyp in die kombuis van ʼn eenheid as dit deurgeroes het en aan die buitekant van die eenheid afgebreek het.   Antwoord: Eienaars is verantwoordelik vir die herstel en onderhoud van hulle eenhede en die beheerliggaam het dieselfde verantwoordelikheid met betrekking […]
Tipes kontantbeleggings
VASTE DEPOSITOREKENING ʼn Vaste depositorekening is ʼn tipe spaarrekening waar jy jou kontant vir ʼn spesifieke tydperk deponeer in ruil vir ʼn vaste rentekoers, wat gewoonlik hoër is as een wat jy uit ʼn gewone bankrekening sou ontvang. Tipies vereis vaste depositorekenings dat fondse in die rekening gelaat word tot die vervaldatum, met moontlike boetes […]
Voertuigfinansiering verduidelik
Tensy jy ʼn rekenmeester is, is voertuigfinansiering gekompliseerd. Weet jy hoe finansieringsbepalings werk? Is dit ʼn goeie idee om ʼn residu te neem?  Wat van die rentekoers – moet jy dit vas of gekoppel neem? Ons het met WesBank gesels vir hierdie beginnersgids oor die finansiering van die motorvoertuig van jou drome! Bereken hoeveel jy […]
1 2 3 161