Bespaar geld op motor-onderhoud

Vrydag, Julie 8th, 2016

Is dit nie eienaardig hoe ʼn bietjie kennis ʼn groot verskil kan maak in die wyse waarop jy dinge doen nie?

Haal jou dagboek uit en plak ʼn groot goue ster by vandag se datum, want vandag is die dag waarop jy geleer het hoe om geld te spaar deur van jou basiese kar-onderhoud self te verrig.

 

  1. Gaan jou noodwiel na

 

Onthou jy jou noodwiel? Daardie motorband in die kattebak wat al die ruimte opneem wat jy andersins vir inkopiesakke kon gebruik? Daardie band kan eendag ʼn lewensredder wees, so gaan die druk gereeld na en maak seker jy het ʼn domkrag in die kar, te alle tye, indien jy dit dalk werklik sou nodig kry.

 

  1. En jou olie en water

Terwyl jy jou noodwiel nagaan, kan jy net sowel die olievlak in jou kar nagaan (maak seker die enjin is koud wanneer jy dit doen) en maak seker daar is genoeg water in die verkoeler.

 

  1. En dan is daar ook die bande se loopvlak

Daar is niks mee verkeerd om bles te wees as jy ʼn mens is nie, maar as jy ʼn motorband is, kan dit lewensbelangrik wees. Gebruik ʼn vuurhoutjie om die diepte van jou loopvlak na te gaan. As die vuurhoutjie dikker as die loopvlak is, is dit tyd vir nuwe bande.

 

  1. Vervang die lugfilter

ʼn Vuil lugfilter kan die werking van die enjin en jou brandstofverbruik affekteer. Draai eenvoudig die plastiekprop los (gewoonlik aan die kant van die enjin, maar kyk aanlyn vir ʼn model-spesifieke kaart), haal die ou filter uit, sit die nuwe een in, en draai weer die prop vas. So maklik soos dit!

 

  1. Vervang jou eie ruitveërs

Wanneer jou ruitveërs bietjie kroes begin lyk, is dit maklik om dit self te installeer. Koop eenvoudig ʼn nuwe stel, manipuleer die oues uit en klik die nuwes aan. As jy onseker is, vra jou werktuigkundige om jou een keer te wys. Dit is al wat dit neem om vir altyd te onthou hoe om dit te doen.

 

  1. Maak jou battery skoon

Baie elektriese kwessies word veroorsaak deur los of verroeste batterykonneksies. As jy roes op die poolklemme of kabelverbindings bespeur, kry ʼn batteryborsel by jou ysterwarewinkel, skrop die poolklemme, en konnekteer alles dan weer sorgvuldig.

 

  1. Verwyder plakkers

ʼn Verweerde bufferplakker het baie gemeen met ʼn verweerde tatoeëring, maar ten minste kan jy die plakkers verwyder. Trek die kant van die bufferplakker by ʼn hoek weg, en spuit dan die ontblote, taai oppervlakte van die plakker met ʼn smeerolie. Hou aan om te spuit terwyl die plakker stadig weggetrek word, totdat dit heeltemal afkom.

 

  1. Vervang die kopligte se gloeilampe

Die beginsel is oor die algemeen dieselfde as om ʼn gloeilamp in jou huis te vervang. Onthou net om handskoene te dra wanneer die kopligte se gloeilampe hanteer word, aangesien die olie van jou vel kan veroorsaak dat die gloeilamp vroegtydig uitbrand.

 

  1. Was dit jouself

Selfs die bestuurder wat glad nie tegnies aangelê is nie kan hierdie een doen. Karsjampoe, spons, emmer, skroplap en daar gaan jy … Bikini en MTV musiekdansvideopassies is opsioneel.

 

 

Bron: King Price Versekering

Ander Artikels

Art. 11(a) van die Wet op Inkomstebelasting en die aftrekbaarheid van renteonkoste op huislenings
Louis Botha     Op 13 Desember 2016 het die belastinghof in Kaapstad uitspraak gelewer in X v The Commissioner for the South African Revenue Service (saak no. 13791 & 13792, nog nie gerapporteer nie). Die saak het gehandel oor ʼn interessante vraagstuk, naamlik of uitgawes wat aan ʼn huislening aangegaan word om ʼn rente-inkomste […]
Huurverbeteringe: Mag ek vat of moet ek los?
Vraag: “Ons huur nou al vir ʼn paar jaar ʼn huis. Ek en my vrou het heelwat verbeterings aan die huis en tuin aangebring. Ek word nou verplaas en moet verhuis, maar wonder nou wat word van al die verbeterings aan die huurperseel. Mag ons dit saamneem of moet die verhuurder ons vergoed daarvoor?”   […]
Die beste wenke om jou huurdeposito terug te kry
Huurders in Suid-Afrika betaal tans enigiets tussen een en drie maande se huur as skadedeposito ─ maar is dikwels onseker van wat om te doen as hul huurkontrak verval. “Hoewel deposito’s dikwels gebruik word om huurwanbetaling of onbetaalde utiliteitsrekenings te dek, is hul hoofdoel om verhuurders teen skade aan die eiendom te dek,” sê Andrew […]
1 2 3 170