Benodig jy ’n verlengde waarborg op jou motor?

Donderdag, November 24th, 2016

’n Verlengde waarborg is in der waarheid ’n dienskontrak. Dit dek die koste van gespesifiseerde herstelwerk nadat die kar se vervaardigingswaarborg verstryk het. Dink daaraan as mediese versekering vir jou kar. Sommige verlengde waarborge is meer omvattend as ander.

Maak seker dat items wat die waarskynlikste sal faal, breek of verslyt, gedek is: teensluitremme, elektriese stelsels, transmissie, handkoppelaars, lugversorger en kragstuurkomponente. Lees die kontrak se fyn skrif om te bepaal presies wat ingesluit en wat uitgesluit is.

Verskillende vlakke van waarborg word dikwels aangebied met dekking wat vermeerder met elke verhoging in prys.

Benodig jy regtig ’n verlengde waarborg?

Verskillende waarborge dek verskillende herstelwerk, maar basies tree ’n verlengde waarborg in werking nadat die vervaardiger se waarborg ten einde geloop het. Die kern van die “benodig”-vraag is hoe lank beplan jy om die kar te hou? Indien jy jou kar elke twee of drie jaar inruil, sal die waarborg wat saam met die kar gekom het moontlik nog van krag wees. Indien jy die kar vir vyf jaar of langer hou, sal ’n verlengde waarborg dalk vir homself betaal.

Wat dit vir jou beteken: Benodig jy ’n verlengde waarborg? Vir ’n verbruiker wat ’n kar behou wat die limiete oorskry van die waarborg wat saam met die kar gekom het, kan ’n verlengde waarborg ’n bietjie gemoedsrus gee, al sal hy waarskynlik nie vir homself betaal nie. Maar verlengde waarborge is slegs waardevol as hulle sinvol geprys is en omvattende dekking bied.

 

Bron: Car Safety Portal

 

Ander Artikels

Belangrike belastingwenke vir 2017
Karen van der Berg     Daar is een ding wat jaar na jaar vas bly staan: Belasting moet betaal en bewyse daarvan moet ingedien word. Vir die meeste mense veroorsaak dit ʼn groot kopseer en slapelose nagte. Dit is egter nie nodig nie, sê Coba Boshoff, ʼn belastingkonsultant van die Paarl. “Daar is sekere […]
Die 2 soorte verkeersboetes
Sanette Viljoen       Dit is belangrik om te verstaan dat daar twee tipes verkeersboetes bestaan en ook om te weet wat is elkeen se risiko.   Artikel 341-boete Hierdie boete word uitgereik wanneer dit nie duidelik is wie die bestuurder van die motor is nie. Voorbeelde van hierdie boetes is ‘n parkeerkaartjie of […]
Deeltitel: Geiser-instandhouding en aanspreeklikheid vir koste
Anton Kelly   Daar is iets onvermydelik in verband met die koste van geiser-instandhouding en –vervanging: die betrokke eienaar is aanspreeklik vir alles waarvoor die regspersoon se versekering nie betaal nie! Dit help as mens die bepalings verstaan wat hierdie “geen wegkruipplek”-situasie skep. In die meeste moderne residensiële skemas is die geiser in die eenheid […]
1 2 3 139