Belangrike belastingwenke vir 2017

Vrydag, Januarie 13th, 2017

Karen van der Berg

 

 

Daar is een ding wat jaar na jaar vas bly staan: Belasting moet betaal en bewyse daarvan moet ingedien word. Vir die meeste mense veroorsaak dit ʼn groot kopseer en slapelose nagte.

Dit is egter nie nodig nie, sê Coba Boshoff, ʼn belastingkonsultant van die Paarl.

“Daar is sekere dinge wat mense kan doen om te verseker dat hulle belasting heel jaar op datum bly en dit vergemaklik dinge wanneer dit belastingseisoen is.” Haar wenke:

1. Moenie uitstel nie
Dit kan verbasend baie werk behels om ’n belastingopgawe in te dien. Daarom moet jy liefs vroeg begin sodat jy jou opgawe kan indien voor die stormloop begin. Hoe vroeër jy jou opgawe indien, hoe vinniger kry jy jou geld terug indien jy ’n terugbetaling verskuldig is. En as jy jou belastingbydrae onderskat het, kan jy dalk heelwat bespaar op boetes en rente indien jy jou opgawe vroeg indien.

2. Gebruik eFiling
Die SAID se eFiling-diens is gerieflik, veilig en maklik om te gebruik. Dit bespaar jou tyd en die beslommernis van ’n papieropgawe en die gestaan in lang rye. Jy kan jou opgawe sonder enige probleme sewe dae van die week, 24 uur van die dag, indien.

3. Maak seker jy het al jou aanvullende dokumente gereed en hou dit gedurende die jaar op datum sodat jy dit byderhand het om jou opgawe in te dien en dit kan toon indien SAID daarvoor vra as hulle ’n oudit doen. Aanvullende dokumente kan insluit:
• Jou IRP5-belastingsertifikaat van jou werkgewer
• ’n Inkomstebelastingsertifikaat van jou mediesefondsskema
• ’n Lys van die kwitansies van mediese uitgawes wat nie deur jou mediesefondsskema gedek is nie
• ’n Belastingsertifikaat vir jou bydraes tot ’n aftreeannuïteit
• ’n Gedetailleerde logboek van jou sakereise en reiskoste vir die betrokke tydperk

4. Wees 100% eerlik
Dit is onwettig om leuens op jou opgawe te vertel deur jou uitgawes te vergroot of nie jou ware inkomste te verklaar nie. Daar is ’n noemenswaardige toename in die aantal willekeurige oudits wat deur SAID uitgevoer word sedert die aanvang van eFiling, en dit gaan gepaard met swaar boetes vir vals verklarings op belastingopgawes.

 

5. Gebruik kundige hulp

Nie seker van iets nie? Vra ’n belastingkundige. Die SAID het probeer om die lewe van die belastingbetaler te vergemaklik deur die papierwerk en die betaalproses te vereenvoudig, maar belastingsake kan steeds ingewikkeld wees. ’n Professionele belastingkonsultant kan jou ook help om wettige maniere te identifiseer waarop jy die hoeveelheid belasting wat jy elke jaar betaal te verminder.

• Vir enige belastingnavrae kan die SAID-inbelsentrum by 0800 00 7277 (0800 00 SARS) gebel word. Dit help jou om nie die risiko te loop om iets verkeerds te doen nie.

Ander Artikels

Wie betaal vir die vervanging van ʼn meenthuis-uitlaatpyp?
Vraag: Gee asseblief raad oor wie verantwoordelik sou wees vir die vervanging van ʼn uitlaatpyp in die kombuis van ʼn eenheid as dit deurgeroes het en aan die buitekant van die eenheid afgebreek het.   Antwoord: Eienaars is verantwoordelik vir die herstel en onderhoud van hulle eenhede en die beheerliggaam het dieselfde verantwoordelikheid met betrekking […]
Tipes kontantbeleggings
VASTE DEPOSITOREKENING ʼn Vaste depositorekening is ʼn tipe spaarrekening waar jy jou kontant vir ʼn spesifieke tydperk deponeer in ruil vir ʼn vaste rentekoers, wat gewoonlik hoër is as een wat jy uit ʼn gewone bankrekening sou ontvang. Tipies vereis vaste depositorekenings dat fondse in die rekening gelaat word tot die vervaldatum, met moontlike boetes […]
Voertuigfinansiering verduidelik
Tensy jy ʼn rekenmeester is, is voertuigfinansiering gekompliseerd. Weet jy hoe finansieringsbepalings werk? Is dit ʼn goeie idee om ʼn residu te neem?  Wat van die rentekoers – moet jy dit vas of gekoppel neem? Ons het met WesBank gesels vir hierdie beginnersgids oor die finansiering van die motorvoertuig van jou drome! Bereken hoeveel jy […]
1 2 3 161