Begroting en eiendom: Hoër hereregte en KWB

Donderdag, Februarie 25th, 2016

Eugene Brink

 

 

Die minister van finansies, Pravin Gordhan, het in vanjaar se begroting eiendomsbelastings wat op meer gegoede mense betrekking het, heelwat verhoog sonder om verligting aan die laer- en middel-inkomstegroepe te bied.

Jacques du Toit, eiendomontleder by Absa, sê die belastings en kategorieë vir hereregte op eiendom wat op of na 1 Maart 2016 verkoop word, sal onveranderd bly vir alle eiendomme wat tot en met ʼn waarde van R2,25 miljoen verkoop word.

“Kategorieë vir hereregte op eiendomme met ʼn waarde van tussen R2,25 miljoen en R10 miljoen is ingestel. Die hereregte op ʼn eiendom ter waarde van meer as R10 miljoen sal 13% (voorheen 11%) beloop, wat ‘n toename in hereregte betaalbaar op eiendomstransaksies bo hierdie bedrag tot gevolg sal hê,” sê hy.

Daar was geen verligting vir eiendomme aan die onderpunt van die mark nie en die vrystellingsdrempel – vir eiendomme wat vir tot en met R750 000 verkoop word – bly sedert die vorige begrotingstoespraak onveranderd. Dit is egter aansienlik hoër as die drempel van R100 000 in 2002-’03 of selfs die R600 000 in 2011-’12.

Dr. Andrew Golding, HUB van Pam Golding Properties (PGP), het dit betreur dat kapitaalwinsbelasting ook verhoog is. “Die verhoogde hereregte en kapitaalwinsbelasting is onwelkome nuus vir die eiendomsmark en dit kan marksentiment ietwat demp – veral aan die bopunt van die mark,” sê hy.

Die onderstaande koerse vir hereregte sal vir 2016-’17 geld:

 

Eiendomswaarde  

Hereregte

 

R0 – R750 0000  

0%

 

R750 001 – R1 250 000 3% op die waarde van R750 001 tot R1 250 000

 

R1 250 001- R 1750 000

 

R1 750 001 – R2 250 000

R15 000 plus 6% op die waarde van R1 250 001 tot R1 500 000

R45 000 plus 8% op die waarde van R1 750 001 tot R2 250 000

R2 250 001 – R10 000 000 R85 000 plus 11% op die waarde van R2 250 001 tot R10 000 000
R2 250 001 – R10 000 000 R85 000 plus 11% op die waarde van R2 250 001 tot R10 000 000
R10 000 001 en hoër R937 500 plus 13% op die waarde bokant R10 000 000

 

 

 

Ander Artikels

Art. 11(a) van die Wet op Inkomstebelasting en die aftrekbaarheid van renteonkoste op huislenings
Louis Botha     Op 13 Desember 2016 het die belastinghof in Kaapstad uitspraak gelewer in X v The Commissioner for the South African Revenue Service (saak no. 13791 & 13792, nog nie gerapporteer nie). Die saak het gehandel oor ʼn interessante vraagstuk, naamlik of uitgawes wat aan ʼn huislening aangegaan word om ʼn rente-inkomste […]
Huurverbeteringe: Mag ek vat of moet ek los?
Vraag: “Ons huur nou al vir ʼn paar jaar ʼn huis. Ek en my vrou het heelwat verbeterings aan die huis en tuin aangebring. Ek word nou verplaas en moet verhuis, maar wonder nou wat word van al die verbeterings aan die huurperseel. Mag ons dit saamneem of moet die verhuurder ons vergoed daarvoor?”   […]
Die beste wenke om jou huurdeposito terug te kry
Huurders in Suid-Afrika betaal tans enigiets tussen een en drie maande se huur as skadedeposito ─ maar is dikwels onseker van wat om te doen as hul huurkontrak verval. “Hoewel deposito’s dikwels gebruik word om huurwanbetaling of onbetaalde utiliteitsrekenings te dek, is hul hoofdoel om verhuurders teen skade aan die eiendom te dek,” sê Andrew […]
1 2 3 170