Banksake: Vroue dra die broek

Dinsdag, April 12th, 2016

Eugene Brink

 

Suid-Afrikaanse vroue spaar meer aan bankgelde as hul manlike eweknieë deur met ’n kaart vir aankope te betaal, geld by kleinhandelaars in plaas van OTM’s te trek en minder by takke te bank. Daar moet egter nog baie gedoen word om goeie banktransaksiegedrag by almal vas te lê.

“In die algemeen lê vroue dwarsoor ons tjekdatabasis beter bankgedrag aan die dag as mans,” sê Rya-Mari Muller, hoof van kliëntwaardebestuur by ENB. “Dit beteken hulle spaar aan bankgelde, tyd in toue en reiskoste.”

Vroue doen 41% van hul besteding deur hul kaarte te gebruik, vergeleke met net 31% van mans se totale besteding.

Vroue wys ook hul geldslimheid as hulle kontant vir kassieropsies gebruik, met 4% van vroue wat geld uitgee wat by kleinhandelaars getrek is vergeleke met 2,5% vir mans.

“Hoewel ons kliënte aanmoedig om elektroniese middele te gebruik waar hulle kan, verstaan ons ook dat daar tye kom wanneer kontant nodig is, veral vir kleiner uitgawes soos om vir parkering te betaal en kinders se snoepiegeld,” sê Muller.

OTM-onttrekkings bly egter hoog. Mans is die grootste gebruikers van OTM’e met ’n allemintige 65,5% besteding aan kontantonttrekking, teenoor vroue se 55%.

“Hoewel vroue minder geneigd is om OTM’e te gebruik as mans, maak dit steeds ’n baie hoë persentasie van totale besteding uit,” sê Muller.

Data toon ook dat vroue minder tyd aan transaksies by takke bestee.

“Enige transaksie by ’n tak is duur. Aangesien die meeste transaksies deur ons digitale platforms gedoen kan word, moet tyd by takke tot die minimum beperk word ten einde bankkoste te spaar.”

Een van die ander groot voordele van die gebruik van digitale platforms vir bankdoeleindes, is die tyd en geld wat mens spaar aan reis na die bank en die feit dat kliënte te enige tyd en op enige plek kan bank.

“Daar moet nog baie gedoen word om beter bankgedrag oor die hele kliëntebasis aan te moedig.”

Die 2015 Brookings Financial and Digital Inclusion Project (FDIP) Report and Scorecard, wat digitale en finansiële dienste in 21 lande meet, het getoon dat vroue Suid-Afrika, anders as in baie ander lande, nie disproporsioneel van formele finansiële dienste uitgesluit is nie. Ewe veel mans en vroue in Suid-Afrika (69%) het rekeninge by ‘n formele finansiële of mobiele geldverskaffer.

Ander Artikels

Skop vas en moenie onnodig koop nie
Anja van den Berg   Alles rakende jou supermark is bedoel om jou geld te laat bestee wat jy nie beplan het om te bestee nie, en selfs geld wat jy nie regtig hoef te bestee nie. Hoewel die meeste mense aan produkte dink in terme van die funksionele eienskappe daarvan – die instrumentele waarde […]
Agterbakse supermarktaktieke om jou onnodige goed te laat koop
Anja van den Berg   Het jy al ooit aanvaar dat iets ʼn winskoop is net omdat die prys in rooi geskryf is? Of besluit om daardie duur handsak of aktetas te koop omdat jy daarvan oortuig was dat jy dit verdien? Of ʼn hand vol ongesonde snoepgoed van die impulsrak gegryp terwyl jy toustaan […]
OTM-kaartruilslenters neem toe: Let op hiervoor!
Die Suid-Afrikaanse Bankrisiko-inligtingsentrum (Sabric) waarsku die publiek om op die uitkyk te wees te midde van die hoë voorkoms van OTM-kaartbedrog in die land. Die groep het gewaarsku dat daar weer ʼn “kaartruil”-skelmstreek in Suid-Afrika voorkom en ʼn uiteensetting van die betrokke skelms se modus operandi gegee om die publiek teen hul metodes te waarsku. […]
1 2 3 152