Balanseer skuld en spaargeld

Dinsdag, Mei 10th, 2016

Phillip Kassel

 

 

Skuld is een van die grootste struikelblokke op die spaarpad. Die tradisionele raad is om jou skuld af te betaal en dan te begin spaar, maar is dit altyd die beste raad?

 

Afbetaling van jou persoonlike lenings

As dit kom by korttermynskuld soos kredietkaarte, winkelkaarte en persoonlike lenings teen ’n hoë rentekoers, waarborg vinnige afbetaling effektief ’n opbrengs van 17% want dit is wat jy aan rente sou betaal het. Daar is geen belegging wat vir jou daardie opbrengs kan waarborg nie.

Hierdie strategie werk egter net as jy daardie kredietlyne toemaak. As jy voortdurend meer duur skuld maak wat jy afbetaal met geld wat jy moes gespaar het, sal jy nooit langtermynrykdom kan opbou nie.

 

Geld vir noodgevalle

Hoewel mens behoort te fokus op die afbetaling van duur korttermynskuld, moet jy ook ’n noodfonds opbou sodat jy nie gedwing word om skuld te maak nie vir ’n noodgeval soos ’n motorongeluk, gebarste warmwatersilinder of mediese rekenings wat nie deur jou mediese skema gedek word nie.

Terwyl jy jou korttermynskuld afbetaal, moet jy ook geld in ’n noodfonds sit totdat jy minstens R10 000 opgebou het. Jou langertermyn-teiken is ’n noodfonds gelyk aan minstens drie tot ses maande se maandelikse uitgawes. Jy kan bonusse en belastingafslag gebruik om te help om dit te bereik.

 

Moet mens jou verband afbetaal of spaar vir aftrede?

Dit maak nie noodwendig finansiële sin om in die geval van langtermynskuld spaar uit te stel ten gunste daarvan om jou verband af te betaal nie aangesien die belastingkoers op sodanige skuld laer is as die groei op beleggings. Byvoorbeeld, as jou verbandterugbetaling 9% is en jou beleggings gee ’n groei van 11%, sal daardie bykomende 2% met verloop van tyd saamgestel ’n beduidende uitwerking op jou uiteindelike enkelbedrag hê.

 

Bron: Liberty

Ander Artikels

Wie betaal vir die vervanging van ʼn meenthuis-uitlaatpyp?
Vraag: Gee asseblief raad oor wie verantwoordelik sou wees vir die vervanging van ʼn uitlaatpyp in die kombuis van ʼn eenheid as dit deurgeroes het en aan die buitekant van die eenheid afgebreek het.   Antwoord: Eienaars is verantwoordelik vir die herstel en onderhoud van hulle eenhede en die beheerliggaam het dieselfde verantwoordelikheid met betrekking […]
Tipes kontantbeleggings
VASTE DEPOSITOREKENING ʼn Vaste depositorekening is ʼn tipe spaarrekening waar jy jou kontant vir ʼn spesifieke tydperk deponeer in ruil vir ʼn vaste rentekoers, wat gewoonlik hoër is as een wat jy uit ʼn gewone bankrekening sou ontvang. Tipies vereis vaste depositorekenings dat fondse in die rekening gelaat word tot die vervaldatum, met moontlike boetes […]
Voertuigfinansiering verduidelik
Tensy jy ʼn rekenmeester is, is voertuigfinansiering gekompliseerd. Weet jy hoe finansieringsbepalings werk? Is dit ʼn goeie idee om ʼn residu te neem?  Wat van die rentekoers – moet jy dit vas of gekoppel neem? Ons het met WesBank gesels vir hierdie beginnersgids oor die finansiering van die motorvoertuig van jou drome! Bereken hoeveel jy […]
1 2 3 161