Solidariteit het in die afgelope tyd verskeie navrae ontvang van mense wat onseker is oor die huidige proses van aftreefondshervorming.Sommige mense het reeds op grond van gerugte ondeurdagte en impulsiewe besluite geneem, soos om hul werk te bedank uit vrees dat hul aftreegeld ontoeganklik word.
BAIE BELANGRIK!
Die gerugte dat die huidige proses van aftreefonds hervorming beteken dat aftreegeld op 1 Maart 2016 genasionaliseergaan word,is totaal onwaar. Die vrees wat deur die gerugte veroorsaak word, is ongegrond en skadelik.