Deur dr. Eugene Brink
Regs- en finansiële deskundiges stem saam dat 1 Maart 2021 'n waterskeidingsoomlik vir aftreefondse in Suid-Afrika was.
Dit is dus belangrik dat lede van hierdie fondse hierdie veranderings moet begryp en die konteks waarin hulle opgelê word.
Die voormalige minister van finansies, Pravin Gordhan, het in 2013 voorstelle voorgelê wat gemik was op die bestuur, bewaring, annuïtisering en harmoniëring van aftreefondse.
In die verklarende memorandum by die Wysigingswet op Belastingwetgewing van 2013 het die Tesourie soos volg verklaar:
“Daar is 'n sterk verband tussen onvoldoende aftree-inkomste vir afgetrede lede van voorsorgfondse en die enkelbedraguitbetalings deur voorsorgfondse by aftrede.
“Kortom, die afwesigheid van verpligte annuïtisering in voorsorgfondse beteken dat baie afgetredenes hul aftreebates te gou spandeer en die gevaar loop om hul aftreespaargeld te oorleef. Met die oog op hierdie bekommernis is dit die regering se beleid om 'n veilige na-aftrede-inkomste in die vorm van verpligte annuïtisering aan te moedig.”
T-dag sou eers op 1 Maart 2015 begin maar is weens 'n gebrek aan konsultasie met sleutelbelanghebbendes uitgestel.
Die reëls
Jean du Toit, prokureur en hoof van belastingtegnies by Belastingkonsultasie Suid-Afrika, sê dat lede van aftreefondse van 1 Maart 2021 af (wanneer die Wysigingswet op Belastingwetgewing in werking tree) en onderworpe aan die annuïtiseringsreëls, wat hulle sal toelaat om eenderde van die waarde van hul aftreefonds in die vorm van 'n enkelbedrag te onttrek. Die balans moet as 'n annuïteit onttrek word (met ander woorde, as gereelde betalings).
Die annuïtiseringsreëls is egter nie bindend as die aftreebelang minder as R247 500 is nie, of op bedrae wat op of voor 1 Maart 2021 bygedra is. Jenny Gordon, hoof van tegniese advies by Alexander Forbes, sê die volgende is van die ander uitsonderings waarvan kennis geneem moet word:
Nog 'n reël wat nie verander is nie is dié van verpligte bewaring. “Tans word jy byvoorbeeld toegelaat om jou volle onttrekkingsvoordele in kontant uit jou pensioenfonds te neem by jou diensbeëindiging. Sommige verstaan dat die nuwe reëls beteken dat dit nie meer moontlik is nie, maar dit is nie die geval nie – dié reël bly staan – voorlopig,” sê Du Toit.
Emigrasie
Nog 'n moeilike saak wat uit die nuwe reëls voortspruit, is toegang tot fondse wanneer iemand emigreer.
In kommentaar op die aangeleentheid het die regsfirma Bowmans gewys op 'n voorstel deur Tesourie dat die onttrekking van aftreefondse slegs toegelaat word as 'n individu vir 'n ononderbroke tydperk van drie jaar of langer niebelastinginwonend was.
“Daar was sterk teenkanting teen hierdie voorstel. Een van die kommentare aan Tesourie was dat die driejaarwagtydperk 'n finansiële las op individue sou plaas omdat die bedrae wat van aftreefondse ontvang word dikwels gebruik word om vestigingskoste in 'n nuwe land te dek.
“Tesourie was onbeweeglik. Na hulle mening is die driejaarwagtydperk 'n meganisme om seker te maak dat daar 'n voldoende tydsverloop is om seker te maak dat alle emigrasieprosesse beslis afgehandel is sonder om werkers te affekteer wie se residensiële status om ander redes as emigrasie verander.”
“Dit is jammer dat baie potensiële emigrante nou voel dat hulle geen ander keuse het nie as om hul emigrasie binne die volgende paar maande te formaliseer ten einde toegang tot aftreefondse te kry,” sê Bowmans.
“Dit is belangrik dat potensiële emigrante moet verstaan dat die voorgestelde reëls slegs op bewaringsfondse en aftreeannuïteite van toepassing is en nie op huidige lidmaatskap van 'n pensioen- of voorsorgfonds nie. Die volle nabelastingwaarde van 'n onttrekkingsvoordeel ten opsigte van 'n pensioenfonds of voorsorgfonds sal steeds beskikbaar wees aan huidige lede van hierdie fondse, ook na 1 Maart 2021,” sê Bowmans.
Bronne
Bowmans, 15 November 2020, “3 changes coming to retirement funds in South Africa”, https://businesstech.co.za/news/finance/446024/3-changes-coming-to-retirement-funds-in-south-africa/.
Jean du Toit, 22 Desember 2020, “March 2021 a watershed for retirement funds in South Africa: 5 things you need to know”, https://businesstech.co.za/news/wealth/452010/march-2021-a-watershed-for-retirement-funds-in-south-africa-5-things-you-need-to-know/.
Jenny Gordon, 5 Feb 2021, “Provident fund annuitisation kicks in from March”, https://www.moneyweb.co.za/mymoney/moneyweb-tax/provident-fund-annuitisation-kicks-in-from-march/.
Oops! We could not locate your form.