Advies met bestellings deur die pos

Vrydag, Desember 2nd, 2016

Wanneer jy produkte via oor die pos of internet bestel, hou die volgende advies van die Nasionale Verbruikerunie in gedagte:

• Wees versigtig vir oordrewe produkaanbiedinge of baie lae pryse, en lees die produkbeskrywings baie deeglik deur – partykeer is die foto’s van produkte misleidend.

• Wees op die uitkyk vir die firma se terugstuurbeleid. As dit nie verskaf word nie, vra daarvoor voordat jy bestel. Byvoorbeeld, betaal die maatskappy vir versending en terugsending van die produk?

• Vul die bestelvorm in soos gevra. Moenie inligting soos jou volle adres, telefoonnommer, die prys van die items wat bestel is, enige versendings- of ander koste, die datum waarop jy bestel het, jou bestelling en die metode van jou betaling weglaat nie. Hou kopieë van gekanselleerde tjeks en/of fakture.

• Hou volledig rekord van jou bestelling, insluitende die maatskappy se naam, adres en telefoonnommer, die prys van die items wat jy bestel het, enige versendings of ander kostes, die datum waarop jy die bestelling geplaas het, asook jou metode van betaling.

• As jy deur die pos bestel, moet jou bestelling binne 30 dae nadat die maatskappy jou bestelling ontvang het aan jou gestuur word, tensy daar ooreengekom is op ’n ander periode toe jy die bestelling geplaas het, of indien dit anders in die advertensie aangedui is. Indien jou bestelling vertraag word, moet ’n kennisgewing van vertraging aan jou gestuur word saam met ’n opsie om die bestelling te kanselleer.

• As jy nie na 30 dae nog nie jou bestelling ontvang het nie, kontak die maatskappy deur hulle te bel en volg dit op met ’n brief wat die besonderhede uitlig.

• Wanneer jou bestelling ’n groot bedrag geld behels moet jy altyd die maatskappy en sy reputasie ondersoek voordat jy iets koop.

• Indien jy ’n produk deur ’n televisieprogram koop, kyk na die koste van dieselfde item wat deur ander bronne of maatskappye verkoop word.

• Indien jy ’n produk koop gebasseer op ’n telefoonoproep, vra vir ’n huisadres en telefoonnommer waar jy die persoon wat gebel het, kan bereik.

• Indien jy met ’n kredietkaart betaal het en nog nie die bestelling ontvang het nie, stel die kredietkaartmaatskappy skriftelik in kennis om die transaksie te keer.

 

 

Ander Artikels

Afdwing van verbruikersregte deur die howe: Gebruik eers ander remedies
Justine Krige   Artikel 69 van die Wet op Verbruikersbeskerming (Wet 68 van 2008 [CPA]) sit ʼn verskeidenheid statutêre remedies uiteen vir die afdwing van verbruikersregte ingevolge die CPA. Dit sluit in die indien van ʼn klagte by die Nasionale Verbruikerskommissie (Kommissie), die verwysing van ʼn dispuut na die Verbruikerstribunaal (Tribunaal), of om ʼn bedryfsombudsman […]
Wie mag waar parkeer in ʼn meenthuiskompleks?
Vraag: “In die deeltitelskema waar ek woon is daar ʼn konstante gebaklei en gestry oor wie waar mag parkeer en wie verantwoordelik is vir die instandhouding van parkeerplekke. My vraag is: wie besluit watter dele van die skema vir parkeerplekke toegeken word, wie dit mag gebruik en wie dit moet in stand hou?” Antwoord: Wat […]
Moenie vanjaar val vir hierdie belastingslenters nie
Lede van die publiek ontvang dikwels ewekansig vals e-posse wat nagemaak is om te lyk asof hulle deur die SAID gestuur is, maar wat in der waarheid vals e-posse is wat daarop gemik is om niksvermoedende belastingbetalers uit te lok om persoonlike inligting, soos bankrekeningbesonderhede, te onthul. Voorbeelde sluit in e-posse wat skyn afkomstig te […]
1 2 3 150