9 maniere om op jou vakansie te spaar

Donderdag, Maart 17th, 2016

Vir alle Suid-Afrikaners wat sukkel om die mas op te kom, is dit goed om te weet dat dit moontlik is om ʼn vyfster-gesinsvakansie te geniet sonder om die kredietkaart se rug te breek. Probeer hierdie nege wenke wat die begroting laat klop en begin om die vakansie van ʼn leeftyd te beplan.

 

1. Reis buite seisoen
Spitsseisoen in Suid-Afrika is gewoonlik gedurende skoolvakansies. Om besigheid in die buite-seisoen te genereer, het baie vakansiebestemmings spesiale aanbiedings. Jy mag vind dat van jou gunsteling vakansiebestemmings teen helfte van die prys beskikbaar is, wat beteken jy spaar duisende terwyl jy steeds eersteklas-oorde geniet. Toeriste-aantreklikhede in die area het dalk ook buite-seisoen aanbiedings, so jy sal jou sente spaar en jou vakansie geniet sonder die beslommernis van somer-skares.

 

2. Selfsorg-besparings
Hier kan jy baie geld spaar. Selfsorg-rondawels of wooneenhede is baie goedkoper as hotelkamers. Hulle is toegerus met ʼn kombuis en braai so jy kan honderde spaar deur kruideniersware saam te bring en vir jou gesin te kook in plaas daarvan om duur hotelpryse te betaal of uit te eet. Betrek die hele gesin by die kosvoorbereiding en opwas! ʼn Bykomende bonus is dat selfsorgfasiliteite geneig is om oor meer ruimte te beskik so jy en jou gesin kan julle vakansie in ʼn meer ontspanne en gerieflike omgewing geniet. Ouers met klein kindertjies kan ook maaltye saam geniet wanneer dit hulle pas, sonder om hulle oor hotelmaaltye te bekommer.

 

3. Doen navorsing oor goeie aanbiedings
Om ʼn vakansie op ʼn begroting te beplan vereis baie navorsing, so jy moet ʼn plaaslike reiskenner word. Bestee tyd daaraan om afslagwebwerwe soos Groupon te besigtig en volg jou gunstelinghotelle, -lugrederye en –reisagentskappe op Facebook en Twitter vir spesiale aanbiedings en afslagpakette.

 

4. Vermaak op ʼn begroting
Alhoewel begrotingvakansies baie navorsing en voorbereiding vereis, sal jy maniere vind om die gesin goedkoop te vermaak. Hier is byvoorbeeld idees oor dinge om te doen in Kaapstad en Johannesburg wat nie ʼn fortuin kos nie. Bestee tyd daaraan om jou bestemming na te vors en maniere te vind om die gesin besig – en gelukkig – te hou. Botaniese tuine, museums, bergfietsy, opelugmarkte, voetslaan … die lys is eindeloos in ʼn land soos Suid-Afrika! En moenie vergeet van gesinsaktiwiteite soos legkaarte, bordspeletjies en kaartspel nie.

 

5. Om uit te eet
Vakansieversnaperinge vir honger kinders – en volwassenes – kan baie duur wees. Bou ʼn voorraad lekkernye op uit jou plaaslike kruidenierswarewinkel sodat jy nie in die versoeking kom om kos en drankies te koop waarvan die pryse gelaai is nie. Jy kan ook waterbottels oornag vries om saam te neem op lang dae in die buitelug.

En, natuurlik, restaurantmaaltye is duur! Die eerste reël van enige begrotingsvakansie is om so min as moontlik uit te eet. Spaar geld deur te eet voor jy uitgaan of beplan pieknieks in plaaslike parke.

 

6. Vermy die aandenkings
Om gedenksleutelhouers en T-hemde te koop terwyl jy met vakansie is, mag na ʼn goeie idee lyk, maar ons almal weet hulle eindig op in ʼn laai of agter in ʼn kas waar hulle vir jare lê voordat jy hulle uitgooi. Foto’s op jou foon is ʼn geen-onkoste manier om jou vakansie te onthou so maak seker jy neem ʼn mooi klomp daarvan. 

 

7. Die plaaslike toeris
Jy hoef nie jou huis te verlaat om vakansie te neem nie. Wat so wonderlik daarvan is om in Suid-Afrika te woon is dat daar so baie is om te doen en sien in elke stad. Een van die maklikste maniere om baie geld te spaar, is om by die huis te bly en geleenthede in jou stad te beplan. Gebruik die vakansietyd om tuis te ontspan terwyl julle die plaaslike aantreklikhede geniet. Is daar iets in jou tuisdorp wat jy nog altyd wou doen maar het nog nooit die tyd gehad nie? Wel, doen dit nou; ontdek die natuurlike woude, of besoek die plaaslike parke en museums. Sulke geleenthede sal jou duisende spaar – en jy sal weer van vooraf op jou stad verlief raak.

 

8. Huis-oppas
Huis-oppassers is duur! Spaar geld en vra ʼn familielid of –vriend om jou huis en troeteldiere op te pas. En as jy nie iemand kan kry om na jou diere om te sien nie, is troeteldiervriendelike akkommodasie goedkoper as dierehotelle!  

 

9. Tolpaaie
Neem die tyd om na te vors of alternatiewe roetes in plaas van tolpaaie wel goedkoper is. Onthou, jy sal ekstra brandstof benodig en moet die slytasie op jou motor in ag neem aangesien alternatiewe roetes langer as tolpaaie is.

 

Bron: AA

 

Ander Artikels

Wie betaal vir die vervanging van ʼn meenthuis-uitlaatpyp?
Vraag: Gee asseblief raad oor wie verantwoordelik sou wees vir die vervanging van ʼn uitlaatpyp in die kombuis van ʼn eenheid as dit deurgeroes het en aan die buitekant van die eenheid afgebreek het.   Antwoord: Eienaars is verantwoordelik vir die herstel en onderhoud van hulle eenhede en die beheerliggaam het dieselfde verantwoordelikheid met betrekking […]
Tipes kontantbeleggings
VASTE DEPOSITOREKENING ʼn Vaste depositorekening is ʼn tipe spaarrekening waar jy jou kontant vir ʼn spesifieke tydperk deponeer in ruil vir ʼn vaste rentekoers, wat gewoonlik hoër is as een wat jy uit ʼn gewone bankrekening sou ontvang. Tipies vereis vaste depositorekenings dat fondse in die rekening gelaat word tot die vervaldatum, met moontlike boetes […]
Voertuigfinansiering verduidelik
Tensy jy ʼn rekenmeester is, is voertuigfinansiering gekompliseerd. Weet jy hoe finansieringsbepalings werk? Is dit ʼn goeie idee om ʼn residu te neem?  Wat van die rentekoers – moet jy dit vas of gekoppel neem? Ons het met WesBank gesels vir hierdie beginnersgids oor die finansiering van die motorvoertuig van jou drome! Bereken hoeveel jy […]
1 2 3 161