8 wenke vir wanneer jy eiendom koop

Vrydag, Februarie 5th, 2016

Wanneer dit by die koop van eiendom kom, is daar ʼn paar algemene faktore wat in aanmerking geneem moet word wanneer jy rondkyk.

Sekuriteit – Die primêre oorweging wanneer jy eiendom koop, is sonder twyfel die sekuriteitsaspekte. Synde veiligheidshekke, elektriese heinings of ʼn toegangbeheerde landgoed, maak seker dat die sekuriteitsvlak een is waarmee jy gemaklik is.

Skole – Om jou kinders by die skool af te laai en nog steeds by die werk te kom kan ʼn aasinelike uitdaging wees. Dit is derhalwe belangrik om die ekstra afstand in aanmerking te neem en om bewus te wees van die spitstydverkeer in die area.

Openbare vervoer – Met openbare vervoer wat ʼn groot deel van ons infrastruktuur uitmaak, sou dit wys wees om na die verskillende taxi-, bus- of treinroetes te kyk wat vanaf die eiendom ter sprake toeganklik sou wees al dan nie. Om binne loopafstand van hierdie roetes te wees kan potensieel ʼn aanmerklike hoeveelheid tyd en geld spaar.

Onderhoud – Nie almal is ewe handig wanneer dit kom by die onderhoud van ʼn eiendom nie, so daar is sekere eiendomseienskappe wat minder onderhoud verg. Siersteen-eiendomme het die voordeel dat hulle nie van tyd tot tyd geverf of gepleister moet word nie en plat sinkdakke is meer geneig om te lek as spits-teëldakke. Aluminiumvensterrame vereis geen onderhoud nie terwyl staalrame van tyd tot tyd oorgeverf moet word, met houtrame wat die meeste onderhoud verg. Onderhoud op voltitel-eiendomme is altyd onderworpe aan die eienaar terwyl sommige deeltitel-eiendomme ʼn beheerliggaam het wat ʼn heffing, wat gewoonlik onderhoud insluit, sal vra.

Heffings/belasting – Dit is belangrik om die koste van die heffing in aanmerking te neem wanneer eiendom gekoop word wat deur ʼn beheerliggaam bestuur word, aangesien dit jou maandelikse uitgawes sal opstoot en ʼn aansienlike bedrag kan wees. Dit sou ook wys wees om vir ʼn staat te vra om die fooie te bevestig en te sien wat dit insluit. Dit is ook belangrik om op te let watter bykomende uitgawes steeds deur die eienaar gedra sal word. Eiendomsbelasting wat deur die munisipaliteit gehef word gegrond op die waarde van die eiendom, word gewoonlik deur die eienaar betaal bo en behalwe die heffing.

Reëls en regulasies is bykomende aspekte van eiendomme wat deur ʼn beheerliggaam bestuur word. Elke skema het sy eie reëls en regulasies en ʼn kwessie wat baie dikwels sy kop uitsteek, is die een van troeteldiere. Sommige komplekse het geen beperking op die aantal of soort troeteldiere wat toegelaat word nie terwyl ander glad nie troeteldiere toelaat nie. Dit is belangrik dat jy ʼn eiendom vind wat met jou beskouing oor troeteldiere ooreenkom.

Die verantwoordelikheid van die wetlikheid van ʼn gebou rus uiteindelik by die eienaar en dit is derhalwe belangrik om te verifieer of die struktuur wettig is. Om ʼn bouplan te bekom kan baie nuttig wees om te bepaal of die eiendom wel wettig is.

Les bes, mense voel altyd gejaagd om na ʼn eiendom te kyk en dink dit maak inbreuk om baie vrae te vra of miskien ʼn kas op te maak of ʼn kraan oop te draai om te sien of alles werk soos dit veronderstel is om te doen. Onthou dat om ʼn eiendom te koop waarskynlik een van die grootste transaksies sal wees wat jy ooit aangaan, en dit is belangrik dat jy die mees ingeligte besluit neem. Moenie huiwer om vir ʼn tweede keer na ʼn eiendom te gaan kyk nie en kyk rond om dit met ander eiendomme in die area te vergelyk. Raak vertroud met die buurt en onthou, niemand dwing jou om te koop nie. Jy as die potensiële eienaar moet ingenome wees met jou koop en in staat wees om jou huis ʼn tuiste te noem.

 

Bron: FNB

Ander Artikels

Wie betaal vir die vervanging van ʼn meenthuis-uitlaatpyp?
Vraag: Gee asseblief raad oor wie verantwoordelik sou wees vir die vervanging van ʼn uitlaatpyp in die kombuis van ʼn eenheid as dit deurgeroes het en aan die buitekant van die eenheid afgebreek het.   Antwoord: Eienaars is verantwoordelik vir die herstel en onderhoud van hulle eenhede en die beheerliggaam het dieselfde verantwoordelikheid met betrekking […]
Tipes kontantbeleggings
VASTE DEPOSITOREKENING ʼn Vaste depositorekening is ʼn tipe spaarrekening waar jy jou kontant vir ʼn spesifieke tydperk deponeer in ruil vir ʼn vaste rentekoers, wat gewoonlik hoër is as een wat jy uit ʼn gewone bankrekening sou ontvang. Tipies vereis vaste depositorekenings dat fondse in die rekening gelaat word tot die vervaldatum, met moontlike boetes […]
Voertuigfinansiering verduidelik
Tensy jy ʼn rekenmeester is, is voertuigfinansiering gekompliseerd. Weet jy hoe finansieringsbepalings werk? Is dit ʼn goeie idee om ʼn residu te neem?  Wat van die rentekoers – moet jy dit vas of gekoppel neem? Ons het met WesBank gesels vir hierdie beginnersgids oor die finansiering van die motorvoertuig van jou drome! Bereken hoeveel jy […]
1 2 3 161