8 wenke om ʼn vertrek op ʼn begroting te herversier

Vrydag, April 8th, 2016

Audrey Kitching

 

 

So jy dink jou ontwerp-ambisies is groter as jou begroting? Dink weer. Verandering is gesond, selfs al is dit subtiel met dinge soos gordyne, welkom-matjies, badkamermatjies, koffietafel-ornamente en muurkuns.

Die moontlikhede is natuurlik eindeloos, maar jou begroting is nie. Gelukkig is daar baie opsies om ʼn vertrek te herversier terwyl jy geld spaar. Hier volg agt maniere waarop ʼn vertrek nuwe lewe kan kry terwyl jy steeds jou begroting in toom hou.

 

  1. Herversier vertrekke met nuwe verf

Om te verf is ʼn finansieel-slim taktiek; dit is ongelooflik goedkoop en kan ʼn hele vertrek se voorkoms drasties verander. Jy het ook baie verskillende opsies en kreatiewe vryheid met verf. Jy kan kies om die mure, houtafwerking, deur of selfs party meubels te verf vir ʼn nuwe, vars voorkoms.

 

  1. Herversier spaarsamig

Pandjieswinkels, outydse boetieks, aanlyn vendusie-webwerwe, sypaadjie-verkopings en boedelverkopings – glo dit of te nie, jy kan wonderlike winskopies en items by tweedehandse winkels vind. Kyk vir meubels met goeie konstruksie en klassieke lyne. Jy kan die handvatsels, deurknoppe en voorkoms met ʼn bietjie verf en afskuur verander vir ʼn afgeleefde-sjiek voorkoms.

 

  1. Koop by afslagwinkels

Dis aanloklik om huisbykomstighede soos vase, boekrakke, koffietafelboeke en kersblakers by duur winkels te koop. Sommige winkels verkoop egter ongelooflike huisversiering-items vir minder as ʼn derde van wat jy by ʼn kleinhandelwinkel sou betaal.

 

  1. Herversier met items wat jy alreeds besit

In teenstelling met wat algemeen geglo word, hoef jy nie nolens volens alles net nuwe stukke te gaan koop om jou huis op te kikker nie. Verander plein kussings in aksente wat die oog vang deur eenvoudige ontwerpe op hulle te stensil of hulle met nuwe materiaal oor te trek. Spuitverf ou vase of rakke om hulle ʼn vars nuwe voorkoms te gee. Herskep ʼn vaal kombuiskas met ʼn bietjie nuwe glansverf of metaalhardeware. Gebruik goue spuitverf op ou, stowwerige portretrame vir daardie outydse voorkoms.

 

  1. Herversier met doen-dit-self-projekte

Vir diegene wat van kunsvlyt hou, kan doen-dit-self-projekte items opkikker teen ʼn fraksie van die prys. Jy kan byvoorbeeld leer hoe om jou eie gordyne te maak en honderde rande spaar.

Nog ʼn maklike doen-dit-self-projek vir jou slaapkamer is om kussings te maak of oues ʼn nuwe voorkoms te gee. Neem jou gunstelingmateriaal en maak ʼn nuwe oortreksel, of maak een van meet af as jy meer kunssinnig is.

ʼn Oulike doen-dit-self-projek vir vensterbanke is om ou bottels te versamel en jou venster met hulle te omraam en dan ʼn kunsblom in elke bottel te plaas. Jy kan die blomme meng en pas, of hou by ligtepienk of wit vir ʼn klassieke voorkoms.

 

  1. Voeg plante by vertrekke

Plante kan ’n groot verskil in ʼn woning maak. ʼn Paar kaktus- en huisplante kan ʼn eentonige vertrek in ’n botaniese toevlugsoord omskep, en die meeste dorpe het ʼn plek met plaaslike produkte waar sodanige plante goedkoper aangebied word. Jy kan ook potte by die plaaslike kwekery uitsoek of doen oues self oor.

 

  1. Herversier met muurpapier

Om net een muur met muurpapier te bedek gee dit ʼn hele nuwe dimensie. Die gedagte aan muurpapier sit die meeste mense af, maar dit hoef nie moeilik te wees nie. As jou woonplek reëls het wat die aanwend van muurpapier beperk, kan jy ʼn soort vind wat afskil wat vir woonstelle bedoel is en sonder moeite aangewend kan word.

ʼn Ander opsie as jy huiwerig is om ʼn hele vertrek met muurpapier uit te voer, is om die rugkant van ʼn boekrak te bedek. Dit voeg ʼn subtiele spatsel patroon by teen baie minder uitgawe.

 

  1. Gebruik spieëls

ʼn Enkel, goedgeplaasde spieël het die vermoë om ’n klein vertrek groter te laat lyk. Hipermarkte bied baie groot maar bekostigbare spieëls te koop aan, so ook pandjies- en oudhedewinkels. Die plasing van ʼn spieël aan die agterkant van ʼn deur, bokant jou rusbank of in ʼn ingangsportaal illumineer en vergroot die ruimte.

Die herversiering van ʼn vertrek kan oorweldigend en duur voorkom, maar dit hoef nie te wees nie. Geniet die proses en laat jou kreatiwiteit vloei!

 

Bron: GoBankingRates

 

Ander Artikels

Wie betaal vir die vervanging van ʼn meenthuis-uitlaatpyp?
Vraag: Gee asseblief raad oor wie verantwoordelik sou wees vir die vervanging van ʼn uitlaatpyp in die kombuis van ʼn eenheid as dit deurgeroes het en aan die buitekant van die eenheid afgebreek het.   Antwoord: Eienaars is verantwoordelik vir die herstel en onderhoud van hulle eenhede en die beheerliggaam het dieselfde verantwoordelikheid met betrekking […]
Tipes kontantbeleggings
VASTE DEPOSITOREKENING ʼn Vaste depositorekening is ʼn tipe spaarrekening waar jy jou kontant vir ʼn spesifieke tydperk deponeer in ruil vir ʼn vaste rentekoers, wat gewoonlik hoër is as een wat jy uit ʼn gewone bankrekening sou ontvang. Tipies vereis vaste depositorekenings dat fondse in die rekening gelaat word tot die vervaldatum, met moontlike boetes […]
Voertuigfinansiering verduidelik
Tensy jy ʼn rekenmeester is, is voertuigfinansiering gekompliseerd. Weet jy hoe finansieringsbepalings werk? Is dit ʼn goeie idee om ʼn residu te neem?  Wat van die rentekoers – moet jy dit vas of gekoppel neem? Ons het met WesBank gesels vir hierdie beginnersgids oor die finansiering van die motorvoertuig van jou drome! Bereken hoeveel jy […]
1 2 3 161