8 maniere om jou versekeringseis makliker te maak

Donderdag, Oktober 27th, 2016

Dit is nooit lekker om van jou versekering te eis nie. Per stuk van sake, om te moet eis, beteken dat iets verkeerd geloop het ─ hetsy dit ʼn motorongeluk of ʼn inbraak is of iets baie waardevol wat weggeraak het. As jy egter wel moet eis, is daar maniere om die proses so doeltreffend as moontlik te maak, en hier is hoe om dit te doen:

1. Bel jou versekeraar se noodbystandslyn so gou moontlik. As jy in ʼn motorongeluk was, beteken dit sodra jy medies daartoe in staat is en verkieslik voordat ʼn insleeplorrie jou kar wegsleep.

2. Meld enige voorval so gou moontlik aan en hoogstens 30 dae nadat dit gebeur het.

3. Ongelukke, diefstal en kapings moet binne 24 uur aangemeld word. As jy in ʼn botsing betrokke is met jou kar, moet jy dit binne 24 uur na die voorval by die polisie aanmeld, selfs al is jou kar nie beskadig nie. Versuim om dit te doen, kan ʼn uitgerekte eisproses tot gevolg hê sonder die uitkomste wat jy wou gehad het.

4. Stuur al die dokumentasie in verband met jou eis so gou moontlik in. Dit sluit in:

• die polisieverslag en saaknommer;

• jou verklaring aan die polisie;

• besonderhede van die polisiestasie en beampte aan diens;

• ʼn gedetailleerde lys van alle verlore, gesteelde of beskadigde items;

• enige ander relevante dokumentasie, soos mediese dokumente as jy beseer is; en

• besonderhede van enige derde party wat by die voorval betrokke was sowel as verklarings deur getuies, indien dit toepaslik is.

5. Hou jou versekeraar op die hoogte van alle stappe wat teen jou gedoen word wat jou eis kan beïnvloed ─ soos regstappe of moontlik ʼn vervolging.

6. MOENIE jou verlore, gesteelde of beskadigde eiendom vervang of laat herstel sonder jou versekeringsmaatskappy se skriftelike toestemming nie!

7. Enige herstelwerk aan of vervanging van jou eiendom moet geskied binne 3 maande nadat jou goedgekeurde eis afgehandel is.

8. Laastens, help jou versekeraar om jou te help. Vergewis jou van die eisproses, maak seker dat jy eerlik is in al jou kommunikasie en wees behulpsaam en gewillig om met alles te help.

 

Bron: KingPrice Insurance

 

Ander Artikels

Afdwing van verbruikersregte deur die howe: Gebruik eers ander remedies
Justine Krige   Artikel 69 van die Wet op Verbruikersbeskerming (Wet 68 van 2008 [CPA]) sit ʼn verskeidenheid statutêre remedies uiteen vir die afdwing van verbruikersregte ingevolge die CPA. Dit sluit in die indien van ʼn klagte by die Nasionale Verbruikerskommissie (Kommissie), die verwysing van ʼn dispuut na die Verbruikerstribunaal (Tribunaal), of om ʼn bedryfsombudsman […]
Wie mag waar parkeer in ʼn meenthuiskompleks?
Vraag: “In die deeltitelskema waar ek woon is daar ʼn konstante gebaklei en gestry oor wie waar mag parkeer en wie verantwoordelik is vir die instandhouding van parkeerplekke. My vraag is: wie besluit watter dele van die skema vir parkeerplekke toegeken word, wie dit mag gebruik en wie dit moet in stand hou?” Antwoord: Wat […]
Moenie vanjaar val vir hierdie belastingslenters nie
Lede van die publiek ontvang dikwels ewekansig vals e-posse wat nagemaak is om te lyk asof hulle deur die SAID gestuur is, maar wat in der waarheid vals e-posse is wat daarop gemik is om niksvermoedende belastingbetalers uit te lok om persoonlike inligting, soos bankrekeningbesonderhede, te onthul. Voorbeelde sluit in e-posse wat skyn afkomstig te […]
1 2 3 150