Die finansiële voordele van die huwelik

Vrydag, Mei 20th, 2016

Tinus Vollgraaff

 

 

Dit mag lyk asof getroude mense opgesaal sit met ʼn buitensporige hoeveelheid laste. Per slot van rekening het hulle ʼn huweliksmaat, en miskien ʼn paar kinders, na wie hulle moet omsien en minder vrye tyd om te doen wat hulle wil.

Getroude mense is dus ontmagtige, kreupel wesens gedoem tot ʼn lewe van betekenislose werk en take, en finansiële verskrikking.

Glad nie so nie. Om die waarheid te sê, om getroud te wees verkry vir mans en vroue wat besluit om te trou ʼn wye reeks voordele. Kom ons kyk na ʼn paar daarvan:

Dit is onweerlegbaar bewys dat die huwelik in der waarheid ʼn man se verdienstevermoë ʼn hupstoot gee. ʼn Studie by Virginia Commonwealth University het gevind dat getroude mans 22% meer verdien as soortgelyk ervare enkellopende kollegas. ʼn 2005 studie van VS vloot-offisiere het gevind dat mans wat afgehaak het, hoër prestasiemetings en vinniger bevordering ontvang as enkellopendes.

Dit maak sin. Getroude mans straal meer stabiliteit uit en is (ten minste oënskynlik) meer verantwoordelik as enkel mans en as hulle deur hulle vrouens vertrou word om die huishouding te bestuur, vertrou die base hulle ook om meer verantwoordelikheid by die werk te aanvaar.

Askmen.com skrywer Andrew Moore wys op nog ʼn interessante finansiële voordeel van getroud te wees. Dit beteken gedeelde uitgawes en halvering van die kostes van groot aankope. Enkel mans moet baie meer bestee om besig en uit die moeilikheid te bly terwyl getroude mans meer tevrede daarmee is om huislik te wees en het boonop ʼn ekstra inkomste. “Om getroud te wees beteken jy kan dinge bekostig wat jy nie op jou eie sou kon nie; dit beteken ʼn beter woning, ʼn beter kar, ʼn beter vakansie, en gawer dinge,” sê Moore.

Finansiële blogger Trent Hamm ondersteun hierdie standpunt. “Daar sal eenvoudig meer geld wees wat inkom as tevore. Dikwels is dit baie geld, wat lei tot ʼn verdubbeling van inkomste vir julle albei. Daar is baie meer geld om van te lewe, dag tot dag. Daar is ook die feit dat jy twee stelle voordele sal hê om van te kies. As een van julle byvoorbeeld beter versekering het, kan julle albei beter versekering hê.

“Julle albei baat by die ekonomiese skaal, wat beteken julle uitgawes sal nie soveel styg soos julle inkomste nie. Julle sal ook elektrisiteit, telefoondienste, internetdienste, ensovoorts deel – een rekening vir elk van hierdie dinge in plaas van twee. Terwyl voedsel en huishoudelike items aansienlik sal styg, beteken twee van julle in die huis dat koop op grootmaat meer sin maak.”

Hamm sê dat om alles te kroon het jy groter verdienstestabiliteit. “As jy jou werk verloor terwyl jy enkellopend is, is daar skielik geen inkomste nie. Dis tyd vir paniek, met ander woorde. As jy getroud is, het jy ʼn maat wat steeds ʼn salaris inbring, ʼn maat wat werklik belang het by julle oorlewing en voortdurende sukses. Terwyl dit ʼn dringende situasie is, is dit nie ʼn panieksituasie nie.”

 

Bronne:

 

Moore, A. n.d. “Top 10: Reasons to get married”. http://www.askmen.com/top_10/dating/top-10-reasons-to-get-married.html.

 

Maltby, A. 2015. “The benefits of being married”.  http://www.menshealth.com/sex-women/marriage-benefits.

 

Hamm, T. 2011. “Why should a man get married?” http://www.thesimpledollar.com/why-should-a-man-get-married/.

 

 

 

Ander Artikels

Skop vas en moenie onnodig koop nie
Anja van den Berg   Alles rakende jou supermark is bedoel om jou geld te laat bestee wat jy nie beplan het om te bestee nie, en selfs geld wat jy nie regtig hoef te bestee nie. Hoewel die meeste mense aan produkte dink in terme van die funksionele eienskappe daarvan – die instrumentele waarde […]
Agterbakse supermarktaktieke om jou onnodige goed te laat koop
Anja van den Berg   Het jy al ooit aanvaar dat iets ʼn winskoop is net omdat die prys in rooi geskryf is? Of besluit om daardie duur handsak of aktetas te koop omdat jy daarvan oortuig was dat jy dit verdien? Of ʼn hand vol ongesonde snoepgoed van die impulsrak gegryp terwyl jy toustaan […]
OTM-kaartruilslenters neem toe: Let op hiervoor!
Die Suid-Afrikaanse Bankrisiko-inligtingsentrum (Sabric) waarsku die publiek om op die uitkyk te wees te midde van die hoë voorkoms van OTM-kaartbedrog in die land. Die groep het gewaarsku dat daar weer ʼn “kaartruil”-skelmstreek in Suid-Afrika voorkom en ʼn uiteensetting van die betrokke skelms se modus operandi gegee om die publiek teen hul metodes te waarsku. […]
1 2 3 152