7 slegte gewoontes wat keer dat jy meer geld maak

Dinsdag, Junie 28th, 2016

Jayson Demers

 

Nie almal van ons is materialisties nie, maar ons kan almal waarskynlik saamstem dat om meer geld te maak ʼn goeie ding is. Dis waar dat om ʼn streng begroting daar te stel, jou uitgawes te besnoei, en meer geld te spaar ver kan gaan om jou persoonlike finansiële groei te maksimaliseer, maar hierdie strategieë verdof vergeleke met een belangrike veranderlike in jou lewe – jou inkomste. Dit is nou maar eenmaal so dat meer geld die lewe makliker maak.

Die meeste mense besef dit, maar so baie verwaarloos sekere basiese punte en versmoor hulle inkomste-potensiaal. Kyk byvoorbeeld na die volgende sewende verstikkende gewoontes wat ’n hardkoppige limiet kan plaas op die hoeveelheid geld wat jy maak:

 

  1. Jy onderhandel nie

Alles is onderhandelbaar. Dit beteken nie jy sal altyd kry wat jy wil hê nie, maar jy kry nie waarvoor jy nie vra nie. Kom ons kyk na ʼn salaris-onderhandeling. Die eerste aanbod wat werknemers maak, is nie die hoogste wat hulle gewillig is om aan te bied nie. As jy seker is van jou vaardighede en ondervinding en navorsing gedoen het om te weet wat jy in die mark werd is, is daar geen rede waarom jy nie vir meer kan vra nie. Die ergste wat kan gebeur, is dat hulle nee kan sê en reageer met ʼn teen-aanbod – en dis steeds meer as wat jy andersins sou gekry het. Ek het op kollege klas geloop in ʼn kursus genaamd “Negotiations 101”, en een ding wat ek geleer het, het my bygebly – moet nooit die eerste aanbod aanvaar nie, al sê jy net: “Kan jy ʼn bietjie beter doen?” Dis een van die beste stukkies advies wat ek ooit ontvang het.

 

  1. Jy belê nie in jouself nie

Die bekende belegger Warren Buffet stel dit so: “Jy is by verre jou eie beste bate”. Jy mag in aandele, eiendom, of enige ander materiële besitting belê, maar die beste belegging wat jy kan maak, is in jouself. Jy is die krag verantwoordelik vir die maak van geld, en jy is die een wat die besluite in jou lewe neem. Om jouself toe te rus met meer kennis, meer vaardighede, beter gesondheid en meer ondervinding beteken jy sal baie meer werd wees vir jou toekomstige werkgewers, jy sal meer waardevolle besluite neem en uiteindelik sal jy meer geld maak.

 

  1. Tonnelvisie

As jy in iets gaan belê, kan jy net sowel heelhuids belê. Dit kom algemeen voor in baie loopbane: die meeste mense swoeg vir ure in die kantoor met die hoop om die korporatiewe leer te klim, of hulle investeer al hulle geld in ʼn nuwe onderneming. Aan die een kant is dit bewonderenswaardig, maar tonnelvisie kan jou langtermyn-vermoë om geld te maak belemmer. Dis in der waarheid ʼn veiliger strategie om jouself te verskans deur veelvuldige inkomstebronne op te stel en nie te swaar op een te steun nie; jy weet nooit wanneer jou besigheid of loopbaan ontwrig mag word nie. As jy oor strategieë beskik wat jou rugsteun, soos ʼn eiendom wat jy verhuur of ʼn tweede besigheid, sal so ʼn verwoestende gebeurlikheid jou nie ruïneer nie.

 

  1. Selftevredenheid

Na ʼn paar jaar op ʼn gekose weg, sal jy waarskynlik vind dat jou entoesiasme of motivering taan. Jy sal selftevrede raak met wie jy is, wat jy doen, en waar jou plek binne die organisasie is. Selftevredenheid manifesteer op baie gebiede; jy kan byvoorbeeld minder tyd en energie in jou werk investeer, wat tot minder waarde vir die maatskappy lei. Of jy mag selftevrede word met jou salaris en ophou om vir verhogings te vra terwyl jy meer ondervinding en vaardighede opdoen. As jy vermoed dat jy uitgebrand is, neem stappe om dit reg te stel.

 

  1. Jy doen net wat verwag word

Doelwitte is belangrik om sukses te behaal, maar hulle kan ook ʼn beperkende effek hê. Dink byvoorbeeld hoe indrukwekkend dit is om ʼn atleet-marathon te hardloop: 42 kilometers. Dis ʼn baie spesifieke afstand, en ek wil glo die meerderheid marathon-atlete sou geen probleem daarmee hê  as die afstand vermeerder word na 43 of 44 kilometers nie. Maar almal stop by 42 kilometers want hulle weet dit is die doelwit. Om doelwitte te stel in jou lewe, met jou geleerdheid, vaardighede, posisie of salaris, kan jy jouself mislei om net die blote minimum te bereik wat jy vir jouself stel. Strewe altyd na meer.

 

  1. Oordrewe lojaliteit

Baie van ons het ons al in ten minste een posisie bevind waar ons iewers wou bly weens lojaliteit eerder as enige objektiewe waarde. Selfs al weet jy jou werk is ʼn doodloopstraat en sal jou nooit die potensiaal gee waarna jy strewe nie, bly jy aan omdat jy ʼn gevoel van lojaliteit jeens jou werkgewer koester. Dit is ʼn gemaklike besluit, en dis nie ʼn slegte een nie. Ek beskou myself as ʼn lojale persoon, en ek bewonder lojaliteit in ander. As jy egter jou doelwitte opoffer vir jou lojaliteit, kan dit ʼn ondiens aan jouself begin word.

 

  1. Jy laat jou geld nie vir jou werk nie

Dit volg dieselfde logika as die veelvuldige inkomstebronne-benadering. Sodra jy ʼn redelike hoeveelheid gespaar het, moenie jou geld net in die bank laat lê nie; laat dit vir jou werk. Belê in aandele, obligasies of groeifondse en begin passiewe inkomste genereer, of gebruik die geld om in meer geleerdheid en geleenthede vir jouself te belê. Jou geld kan vir jou meer geld maak – so moet dit nie laat rondlê nie.

Dit lyk vanselfsprekend, maar om meer geld te maak is die eerste stap tot die akkumulasie van rykdom; dit kos geld om geld te maak. Hetsy jou doelwit is om jou skuld af te betaal, genoeg geld bymekaar te maak om onafhanklik te leef, die korporatiewe leer te klim, of net in ʼn algehele beter finansiële posisie te wees, jy moet eers hierdie sewe gewoontes afskud. Dit help om ʼn veld te kies met ʼn hoë potensiële salaris of na ʼn hoë-inkomste-area te beweeg, maar hierdie basiese beginsels dien as die grondslag vir jou langtermyn finansiële toekoms.

 

Bron: Inc.com

 

  • amanda

    ‘n Wonderlike manier om n passiewe inkomste te begin genereer, is deur middel van Network Marketing. Die 20ste eeu se grootste groeiende industrie…

Ander Artikels

Skop vas en moenie onnodig koop nie
Anja van den Berg   Alles rakende jou supermark is bedoel om jou geld te laat bestee wat jy nie beplan het om te bestee nie, en selfs geld wat jy nie regtig hoef te bestee nie. Hoewel die meeste mense aan produkte dink in terme van die funksionele eienskappe daarvan – die instrumentele waarde […]
Agterbakse supermarktaktieke om jou onnodige goed te laat koop
Anja van den Berg   Het jy al ooit aanvaar dat iets ʼn winskoop is net omdat die prys in rooi geskryf is? Of besluit om daardie duur handsak of aktetas te koop omdat jy daarvan oortuig was dat jy dit verdien? Of ʼn hand vol ongesonde snoepgoed van die impulsrak gegryp terwyl jy toustaan […]
OTM-kaartruilslenters neem toe: Let op hiervoor!
Die Suid-Afrikaanse Bankrisiko-inligtingsentrum (Sabric) waarsku die publiek om op die uitkyk te wees te midde van die hoë voorkoms van OTM-kaartbedrog in die land. Die groep het gewaarsku dat daar weer ʼn “kaartruil”-skelmstreek in Suid-Afrika voorkom en ʼn uiteensetting van die betrokke skelms se modus operandi gegee om die publiek teen hul metodes te waarsku. […]
1 2 3 152