7 maniere waarop jou spaarpogings kan boemerang

Vrydag, Januarie 29th, 2016

Cameron Huddleston

 

Jy doen jou bes om minder te bestee en meer te spaar – in elk geval, jy dink so. Jy probeer slim wees met jou aankope, leef spaarsamig en sit elke maand geld in spaarrekenings.

Maar wat daarvan as al die pogings wat jy aanwend om kostes te besnoei en kontant eenkant te sit vir die toekoms nie vrugte afwerp soos jy gehoop het nie? Hier volg sewe maniere waarop jou pogings om te spaar moontlik mag boemerang.

 

1. Jy bestee te veel tyd daaraan om die beste transaksie te probeer vind

Toe ons gesin hierdie somer ʼn vakansie by die see beplan het, het my man weke lank na die beste transaksie vir die huur van ʼn vakansiewoning gesoek. Elke keer wanneer hy egter ʼn woonstel of strandhuis gevind het wat aan ons behoeftes voldoen het en redelik geprys was, het hy aanhou soek na ʼn nog beter winskopie in plaas daarvan om die transaksie te beklink. Intussen het ander vakansiegangers die mees bekostigbare eiendomme bespreek. Op die ou einde het ons ʼn paar honderd Rand meer betaal vir ʼn plek wat nie so aantreklik was soos die goedkoper, beter eiendomme wat ons vroeër in ons soektog raakgeloop het nie.

Dit is natuurlik altyd slim om pryse te vergelyk wanneer ʼn transaksie gedoen word. Om egter te veel tyd daaraan te bestee om die beste transaksie te probeer vind sal daartoe lei dat jy ʼn danige goeie een verbeur. Baie verbruikers raak boonop so gefokus op die soektog na transaksies dat hulle rente verloor wat hulle kon verdien het.

“Tyd is ook iets werd,” sê J.D. Roth, ʼn persoonlike finansies deskundige wat die webwerf MoneyBoss.com  geskep het om mense te help om hulle geld te bestuur op dieselfde wyse as wat hulle ʼn besigheid sou bestuur. In sommige gevalle kan verbruikers meer spaar deur hulle transaksiesoektogte te stop en hulle pogings op ander ondernemings te fokus.

 

2. Jy fokus op klein maniertjies om te spaar

As jy jou sente omdraai eerder as om betekenisvolle veranderings in jou begroting aan te bring, mag jou planne om geld te spaar misluk. Bill Van Sant, ʼn gesertifiseerde finansiële beplanner en senior adjunkpresident van Univest Investments, sê dat wanneer hy nuwe kliënte ontmoet, hulle dikwels praat oor hoe hulle probeer om op klein uitgawes te besnoei om besteding onder beheer te kry. Wat mense egter op moet fokus, is manier om hulle groot uitgawes te verminder, wat in die toekoms tot groter besparings kan lei.

 

3. Jy koop goedkoop items

Verbruikers probeer dikwels om geld te bespaar deur die goedkoopste opsies moontlik te koop. Volgens Roth is “die opsie met die laagste prys in sommige gevalle op die lang duur nie die goedkoopste nie.”

Die feit is dat goedkoop items van minderwaardige gehalte dalk meer dikwels vervang moet word, wat enige besparingspotensiaal kanselleer. Jy mag selfs vind dat jy meer betaal om ʼn nuwe produk te koop as wat jy sou betaal het as jy in die eerste plek ʼn duurder, hoë-gehalte item aangeskaf het.

Gaan dus voort en kies die goedkoop item as dit iets is wat jy nie dikwels gaan gebruik nie, sê Roth. Vir produkte wat jy egter meer dikwels gaan gebruik, is dit die moeite werd om meer vir gehalte te betaal. Moet net nie hierdie advies gebruik as ʼn verskoning om die duurste opsie te koop nie. Indien jy twyfel, koop die produk wat jy kan bekostig eerder as die een wat jy nie kan nie.

 

4. Jy koop dinge omdat hulle op uitverkoping is

Net omdat ʼn produk op uitverkoping is, beteken nie jy moet jou swaarverdiende kontant gebruik om dit te koop nie. “Baie mense skaf iets aan net omdat dit op uitverkoping is – selfs al het hulle dit nie regtig nodig nie,” sê Roth. Maak nie saak hoe ʼn goeie prys jy kry nie, jy spaar nie geld as jy iets koop wat jy nie nodig het of gaan gebruik nie.

Om te verhoed dat jy geld uitgee op onnodige items, maak ʼn gewoonte daarvan om jouself af te vra of jy gewillig sou wees om die items teen die volle prys te koop. Dit help jou om te bepaal of jy aangetrokke is tot die produk of net die uitverkopingsprys. Dit is ook wys om jou subskripsie tot e-pos aankondigings van webwerwe met daaglikse winskopies te kanselleer, sowel as kleinhandelaars, om die versoeking te vermy om goedere en dienste te koop wat afgeslaan is maar wat jy nie nodig het nie.

 

5. Jy mors geld terwyl jy geld probeer spaar

Mense dink dikwels hulle spaar geld deur brandstof in te gooi by die goedkoopste petrolstasie, self al moet hulle kilometers uit hulle pad uit ry. Wat hulle egter nie in ag neem nie, is dat hulle brandstof gebruik om daar te kom, ʼn feit wat hulle besparings waarskynlik elimineer, sê Roth. Dit geld ook vir die ry na verskeie afgeleë supermarkte om voordeel te trek uit verskeie uitverkopings of afslagaanbiedinge.

Verbruikers moet ook versigtig wees om by pakhuisklubs inkopies te doen en voedsel in groot maat te koop in ʼn poging om te spaar. As die items wat jy koop, gevries kan word of ʼn lang raklewe het, mag jy geld per eenheid spaar. As jy egter groot hoeveelhede bederfbare voedsel koop wat sleg word voordat jy dit eet, kan jy net sowel jou kontant weggooi.

 

6. Jy sit nie die geld wat jy gespaar het eenkant nie

Die feit dat jy daarin geslaag het om ʼn paar rekenings te elimineer beteken nie dat jy op die langtermyn geld spaar nie. “Mense is geneig om ekstra kontant te bestee wat hulle dink hulle gespaar het deur dinge uit te sny,” sê Van Sant. Vir baie verbruikers beteken die omdraai van die sente dus op die langtermyn nie dat hulle spaargeld groei nie.

Om te verseker dat jy die meeste kry uit jou pogings om kostes te besnoei, reël dat gespaarde geld outomaties oorgeplaas word na ʼn spaarrekening.

 

7. Jy maak toegang tot jou spaargeld te maklik

Moderne tegnologie maak dit maklik om geld van ʼn spaar- na ʼn tjekrekening oor te plaas. Ongelukkig weerhou hierdie vermoë verbruikers van pogings om te spaar. Mense wat spaar vir noodgevalle of ʼn deposito op ʼn huis deur ʼn spaarrekening by dieselfde bank te gebruik waar hulle tjekrekening is, het goeie bedoelings, sê Van Sant. Maar as iets voorval, is hulle meer geneig om die geld te gebruik wat hulle wou spaar. “Dis so maklik om geld oor te plaas dat dit die plan in die wiele ry,” verduidelik hy.

Om hierdie kwessie teen te werk, beveel Van Sant aan dat mense hulle spaargeld in iets plaas waartoe dit moeiliker is toegang te kry. As jy ʼn ekstra stap moet neem om jou geld na ʼn tjekrekening oor te plaas, mag jy dalk twee keer dink voordat jy dit doen. Hierdie strategie het Van Sant se kliënte al gehelp om die slegte gewoonte te verbreek om hulle hand in hulle spaargeld te steek.

 

Bron: Go banking rates

Ander Artikels

Skop vas en moenie onnodig koop nie
Anja van den Berg   Alles rakende jou supermark is bedoel om jou geld te laat bestee wat jy nie beplan het om te bestee nie, en selfs geld wat jy nie regtig hoef te bestee nie. Hoewel die meeste mense aan produkte dink in terme van die funksionele eienskappe daarvan – die instrumentele waarde […]
Agterbakse supermarktaktieke om jou onnodige goed te laat koop
Anja van den Berg   Het jy al ooit aanvaar dat iets ʼn winskoop is net omdat die prys in rooi geskryf is? Of besluit om daardie duur handsak of aktetas te koop omdat jy daarvan oortuig was dat jy dit verdien? Of ʼn hand vol ongesonde snoepgoed van die impulsrak gegryp terwyl jy toustaan […]
OTM-kaartruilslenters neem toe: Let op hiervoor!
Die Suid-Afrikaanse Bankrisiko-inligtingsentrum (Sabric) waarsku die publiek om op die uitkyk te wees te midde van die hoë voorkoms van OTM-kaartbedrog in die land. Die groep het gewaarsku dat daar weer ʼn “kaartruil”-skelmstreek in Suid-Afrika voorkom en ʼn uiteensetting van die betrokke skelms se modus operandi gegee om die publiek teen hul metodes te waarsku. […]
1 2 3 152