5 tekens dat jy teen die eiendomsleer áf moet klim

Vrydag, Junie 3rd, 2016

Eugene Brink

 

 

Gewoonlik dink ons dat mense teen die eiendomsleer opklim – van hulle eerste klein woonstelletjie na ʼn meenthuis en dan ʼn gesinswoning. En met die groeiende tendens na ʼn multigenerasie-leefstyl en die behoefte aan ekstra ruimte om volwasse kinders of bejaarde ouers te huisves, is dit waar baie mense se eiendomsreis eindig.

Daar is egter baie ander vir wie ʼn stap teen die eiendomsleer af nou ook baie goeie sin maak in die lig van eiendomsbelasting en diensteheffings wat aanhou styg, sê Berry Everitt, besturende direkteur van die Chas Everitt International eiendomsgroep.

“Na sy nuutste eiendomsagent-oorsig, rapporteer Eerste Nasionale Bank dat ongeveer een in vier huisverkope tans gegenereer word deur middeljarige eienaars wat na ʼn kleiner, veiliger en laer onderhoud-woning wil verhuis.

“Alhoewel om af te skaal finansieel die beste ding is om te doen, is om uit ʼn gesinswoning te trek waar jy vir baie jare gewoon het altyd moeilik, en jy mag versekering verlang dat jy besig is om die regte besluit te neem.”

Hy stel voor dat die volgende definitiewe tekens is dat dit tyd is om af te skaal:

 

* Jou jongste kind het nou net uitgetrek. Wanneer ʼn gesinswoning vol herinneringe is, is dit gewoonlik ook vol ongebruikte artikels wat net ruimte en energie opneem. Dus, sodra die laaste kuiken die nes verlaat het mag dit ʼn goeie tyd wees om die memorabilia weg te pak en na ʼn kleiner plek te verhuis. Dit mag ook die regte tyd wees om nader aan kinders of kleinkinders te trek wat ver woon.

 

* Jy het ongebruikte vertrekke. As daar vertrekke is wat jy nooit gebruik nie maar nog moet afstof, onderhou en belasting op betaal, behoort jy regtig daaraan te dink om af te skaal na ʼn woning wat goedkoper is om te onderhou en minder van jou energie vereis om in stand te hou.

 

* Jou huis is net te veel werk. Ongeag jou ouderdom, moet jy verseker dat jou huis skoon is, onderhou word en daarvoor betaal word – hetsy of jy die werk self doen of iemand anders betaal om dit te doen. En as jy die stadium bereik het waar jy oorweldig voel of net dink jy kan jou tyd en geld beter bestee, is dit tyd om kleiner te gaan.

 

* Jy maak gereed om af te tree. Dit is gewoonlik die rede waarom mense daaraan begin dink om af te skaal, aangesien hulle besef dat dit nodig is dat hulle in ʼn kleiner, goedkoper eiendom moet woon en op hulle eiendomsbelasting, versekering en huisleningpaaiemente moet besnoei om hulle aftreespaargeld te rek. Sekuriteit en persoonlike veiligheid word gewoonlik op hierdie stadium ʼn kwessie, derhalwe kies baie mense om na ʼn landgoed met veiligheidstoegang of ʼn sekuriteitkompleks te verhuis.

 

* Jy wil meer vryheid hê. Jy het hard gewerk en ʼn gesin grootgemaak, en sien die middeljare as die tyd wanneer jy vryer wil wees om meer te reis, nuwe belangstellings te kweek, ʼn nuwe kwalifikasie te verwerf, of net meer tyd met familie en vriende deur te bring. En om na ʼn kleiner, laer-onderhoud eiendom te verhuis kan die finansiële en sosiale vryheid verskaf om al hierdie dinge te doen – veral as jy vir baie jare in ʼn gesinswoning gewoon het en dit nou gewaardeer word teen aansienlik meer as wat jy daarvoor betaal het.

 

Ander Artikels

Wie betaal vir die vervanging van ʼn meenthuis-uitlaatpyp?
Vraag: Gee asseblief raad oor wie verantwoordelik sou wees vir die vervanging van ʼn uitlaatpyp in die kombuis van ʼn eenheid as dit deurgeroes het en aan die buitekant van die eenheid afgebreek het.   Antwoord: Eienaars is verantwoordelik vir die herstel en onderhoud van hulle eenhede en die beheerliggaam het dieselfde verantwoordelikheid met betrekking […]
Tipes kontantbeleggings
VASTE DEPOSITOREKENING ʼn Vaste depositorekening is ʼn tipe spaarrekening waar jy jou kontant vir ʼn spesifieke tydperk deponeer in ruil vir ʼn vaste rentekoers, wat gewoonlik hoër is as een wat jy uit ʼn gewone bankrekening sou ontvang. Tipies vereis vaste depositorekenings dat fondse in die rekening gelaat word tot die vervaldatum, met moontlike boetes […]
Voertuigfinansiering verduidelik
Tensy jy ʼn rekenmeester is, is voertuigfinansiering gekompliseerd. Weet jy hoe finansieringsbepalings werk? Is dit ʼn goeie idee om ʼn residu te neem?  Wat van die rentekoers – moet jy dit vas of gekoppel neem? Ons het met WesBank gesels vir hierdie beginnersgids oor die finansiering van die motorvoertuig van jou drome! Bereken hoeveel jy […]
1 2 3 161