5 basiese loodgieterswenke vir huiseienaars

Dinsdag, September 13th, 2016

Groot loodgietersprojekte moet liefs aan die deskundiges oorgelaat word, maar daar is ʼn paar doen-dit-self-loodgieterstakies wat huiseienaars self kan doen om geld te spaar.

As dit by loodgieterswerk kom, kan dit jou tyd en geld spaar as jy weet hoe om ʼn paar basiese dinge te doen, en dit kan waterskade in jou huis voorkom. In geval van ʼn loodgietersnoodgeval, kan hierdie wenke tot jou huis en jou sak se redding kom.

 

Hoe om ʼn kraanlek reg te maak

ʼn Algemene rede vir lekkende krane is dat die waster beskadig of uitgeslyt is en vervang moet word. Dit is ʼn eenvoudige, vinnige takie en jy kan wasters teen ʼn redelike prys by jou plaaslike hardewarewinkel kry.

 

Om ʼn kraan te herstel

Die eerste stap in alle doen-dit-self-loodgietersprojekte is om die watertoevoer na jou huis toe te draai.

Die volgende stap is om die kraan se handvatsel af te haal. Doen dit deur dit los te skroef ─ die skroef sit óf aan die kant van óf bo-op die kraan.

Gebruik ʼn lap en ʼn moersleutel om die plastiekinvoegsel te verwyder.

Skroef die bronsklep in die kraan los.

ʼn Moer hou die waster in posisie. Verwyder hierdie moer, vervang die waster deur ʼn nuwe een en draai die moer weer vas.

Sit die kraan weer aanmekaar soos dit was, maak seker dit is toe en draai dan weer die watertoevoer na jou huis oop.

 

Hoe om ʼn lopende toilet te stop

Dit gebeur dikwels omdat die skarnierklep (of spoelklepseël) binne-in die tenk nie behoorlik seël nie. As skarnierkleppe uitslyt, lek die water uit en dit laat die waterklep weer oopgaan en die tenk weer volmaak. Om ʼn skarnierklep te vervang, kan gedoen word en is betreklik goedkoop.

 

Om ʼn toilet reg te maak

Draai eers die water na die toilet self toe deur middel van die klep op die pyp agter die toiletbak.

Maak die tenk oop om te kyk of die ketting gebreek het of net gestel moet word.

As die ketting werk soos dit moet, kontroleer die arm wat dit ophou.

Indien die skarnierklep vervang moet word, verwyder dit en neem dit na jou plaaslike hardewarewinkel. Kry ʼn ooreenstemmende produk en vervang die klep in jou toilet.

 

Hoe om ʼn verstopte toilet oop te maak

Dis ʼn goeie idee om ʼn suier byderhand te hê in jou badkamer vir geval ʼn toilet verstop raak.

Wag totdat die watervlak gesak het soveel dit kan en kry ou handdoeke om op die badkamer se vloer te sit vir geval van oorstroming.

Druk die toilet se plunjer af en spoel versigtig. Herhaal die proses indien dit nodig is en die verstopping behoort op te klaar.

 

Hoe om ʼn verstopte drein oop te maak

Twee nuttige maniere om ʼn verstopte drein oop te maak, is dreinoopmaakchemikalieë of die natuurlike benadering.

Wanneer dreinchemikalieë gebruik word, verwyder alle sigbare voorwerpe wat die drein verstop en gooi die chemikalieë in die drein volgens die aanwysings op die bottel.

As die natuurlike benadering gevolg word, gooi koeksoda in die drein, gevolg deur asyn en dan kookwater.

 

Hoe om ʼn stortkop te vervang

Dit is nie nodig om ʼn loodgieter hiervoor uit te roep nie; dis ʼn vinnige takie wat jy maklik self kan doen.

Skroef die ou stortkop teen die muur af ─ as die arm vervang moet word, skroef dit los van die muur met behulp van ʼn stelbare moersleutel of knyptang.

Draai loodgietersband om die ent van die nuwe stortkoparm; dit verseker ʼn stywe passing op die pype en help om lekke te voorkom.

Skroef die nuwe arm en stortkop in die muur.

 

Bron: Private Property

Ander Artikels

Afdwing van verbruikersregte deur die howe: Gebruik eers ander remedies
Justine Krige   Artikel 69 van die Wet op Verbruikersbeskerming (Wet 68 van 2008 [CPA]) sit ʼn verskeidenheid statutêre remedies uiteen vir die afdwing van verbruikersregte ingevolge die CPA. Dit sluit in die indien van ʼn klagte by die Nasionale Verbruikerskommissie (Kommissie), die verwysing van ʼn dispuut na die Verbruikerstribunaal (Tribunaal), of om ʼn bedryfsombudsman […]
Wie mag waar parkeer in ʼn meenthuiskompleks?
Vraag: “In die deeltitelskema waar ek woon is daar ʼn konstante gebaklei en gestry oor wie waar mag parkeer en wie verantwoordelik is vir die instandhouding van parkeerplekke. My vraag is: wie besluit watter dele van die skema vir parkeerplekke toegeken word, wie dit mag gebruik en wie dit moet in stand hou?” Antwoord: Wat […]
Moenie vanjaar val vir hierdie belastingslenters nie
Lede van die publiek ontvang dikwels ewekansig vals e-posse wat nagemaak is om te lyk asof hulle deur die SAID gestuur is, maar wat in der waarheid vals e-posse is wat daarop gemik is om niksvermoedende belastingbetalers uit te lok om persoonlike inligting, soos bankrekeningbesonderhede, te onthul. Voorbeelde sluit in e-posse wat skyn afkomstig te […]
1 2 3 150