4 van die algemeenste motorversekering-slenters

Woensdag, Oktober 28th, 2015

Wat mense nie vir geld sal doen nie! Jy sal nie glo wat sommige bestuurders aanvang in ʼn poging om hulle motorvoertuigversekeringspolis vir al wat dit werd is te melk nie. Kom ons kyk na vier van die algemeenste motorvoertuigversekering-slenters.

 

Die ‘swenk-aksie’

Daar is ʼn wet waarvolgens, ongeag die omstandighede, indien ʼn bestuurder die motor voor hom stamp, hy/sy die een is wat aanspreeklik is. Swendelaars trek dikwels voordeel uit hierdie feit deur ʼn taktiek wat ons die “swenk-aksie” sal noem, te gebruik in ʼn poging om uitbetaling van die versekering te kry. Die swendelaar let op na waar daar klein gapinkies in die verkeer is, en nadat hy op sy ongelukkige prooi besluit het, swenk hy in daardie baan in, wat dit vir die ander bestuurder feitlik onmoontlik maak om te stop en ʼn botsing te vermy. Om seker te maak dat dit nooit met jou gebeur nie, sorg dat jy altyd ʼn goeie volg-afstand tussen jou en ander voertuie handhaaf.

 

Die ‘tref-en-trap’

Dit word nou en dan met opset gedoen en soms in ʼn poging om toe te smeer wat werklik tydens ʼn ongeluk gebeur het. Die “tref-en-trap” vind plaas wanneer ʼn bestuurder sy/haar voertuig beskadig en dan beweer dat die ongeluk deur ʼn ander voertuig veroorsaak is wat daarna die hasepad gekies het. Tensy daar CCTV-kameras ten tye van die ongeluk in die gebied gefunksioneer het, kan dit baie moeilik wees om hierdie bewering te staaf. Die bestuurder kan egter van bedrog aangekla word indien en wanneer dit as vals bewys kan word.

 

Die ‘in-waai’

Ons is dikwels dankbaar teenoor hoflike bestuurders wat ons toelaat om in ʼn baan in te skuif of om ʼn besige straat oor te steek wanneer verkeer swaar is. Ongelukkig doen sommige swendelaars dit egter in ʼn poging om ʼn ongeluk te veroorsaak en versekeringsgeld te bekom, deur te beweer dat hulle jou nie in die eerste plek ‘ingewaai’ het nie. Die ongeluk word dan jou skuld en jy is genoodsaak om van jou motorvoertuigversekeraar te eis om vir die skade aan jou motor en die swendelaar s’n te betaal.

 

Die ‘sydelingse botsing’

Wees versigtig wanneer daar twee bane op ʼn draai is. ʼn Swendelaar mag in hierdie situasie doelbewus in jou baan “indryf”, wat tot ʼn sydelingse botsing lei. Die swendelaar sal dan volhou dat dit jy was wat “ingedryf” het, en aangesien dit moeilik is om enige kant toe te die feite vas te stel, kan hy/sy op die ou einde die versekering se uitbetaling ontvang.

 

Bron: King Price Versekering

Ander Artikels

Wie betaal vir die vervanging van ʼn meenthuis-uitlaatpyp?
Vraag: Gee asseblief raad oor wie verantwoordelik sou wees vir die vervanging van ʼn uitlaatpyp in die kombuis van ʼn eenheid as dit deurgeroes het en aan die buitekant van die eenheid afgebreek het.   Antwoord: Eienaars is verantwoordelik vir die herstel en onderhoud van hulle eenhede en die beheerliggaam het dieselfde verantwoordelikheid met betrekking […]
Tipes kontantbeleggings
VASTE DEPOSITOREKENING ʼn Vaste depositorekening is ʼn tipe spaarrekening waar jy jou kontant vir ʼn spesifieke tydperk deponeer in ruil vir ʼn vaste rentekoers, wat gewoonlik hoër is as een wat jy uit ʼn gewone bankrekening sou ontvang. Tipies vereis vaste depositorekenings dat fondse in die rekening gelaat word tot die vervaldatum, met moontlike boetes […]
Voertuigfinansiering verduidelik
Tensy jy ʼn rekenmeester is, is voertuigfinansiering gekompliseerd. Weet jy hoe finansieringsbepalings werk? Is dit ʼn goeie idee om ʼn residu te neem?  Wat van die rentekoers – moet jy dit vas of gekoppel neem? Ons het met WesBank gesels vir hierdie beginnersgids oor die finansiering van die motorvoertuig van jou drome! Bereken hoeveel jy […]
1 2 3 161