Hoe om skuld vinnig af te betaal? Die sleutel is om ’n goeie plan te ontwikkel en daarby te hou. Hier is vier slim strategieë om jou te help om kredietkaartskuld vinnig af te betaal.
1. Teiken een skuld op ʼn slag
Dra jy ʼn saldo op meer as een kaart? Indien wel, maak seker jy betaal altyd ten minste die minimum op elke kaart. Fokus dan op die afbetaling van die totale saldo op een kaart op ʼn slag. Jy kan kies watter kaart jy wil teiken op een van twee maniere:
2. Betaal meer as die minimum
Kyk na jou kredietkaartstaat. Sien jy die betaling-inligtingskaart? Dit toon dat as jy slegs die minimum betaal, jy vir ʼn lang, lang tyd in die skuld mag wees.
Eenvoudige oplossing: Betaal elke maand ʼn ietsie ekstra. Elke rand meer as die minimum betaling gaan af op jou saldo – en hoe kleiner jou saldo, hoe minder hoef jy aan rente te betaal.
3. Kombineer en oorwin
Konsolidering van jou skuld kan jou toelaat om verskeie hoër koerssaldo’s in een te konsolideer met ʼn laer koers, sodat jy jou saldo vinniger kan afbetaal sonder om die betalingsbedrae te vermeerder. As jy konsolideer, hou in gedagte dat dit baie belangrik is om jou uitgawes te beheer om te verhoed dat jy nuwe skuld bo-op die skuld pak wat jy nou net gekonsolideer het.
4. Plaas jou geld waar jou skuld is
Bron: Bank of America