4 slegte geldgewoontes en hoe om hulle te fnuik

Vrydag, Februarie 26th, 2016

Gewoontes word neurologies in ons brein gevorm na die voordurende herhaling van dieselfde gedrag. Gewoontes word moeilik gekweek en is net so moeilik om te staak. Wanneer dit by geldgewoontes kom, is ons egter geneig om makliker riskante patrone te vorm, want, laat ons maar eerlik wees, dis lekker om onsself te bederf.

Slegte geldgewoontes, soos die vier algemeenste wat hieronder bespreek word, kan te bowe gekom word. Doen dit so:

 

Slegte gewoonte #1: Geen begroting

Leef jy van een salaristjek na die volgende sonder om werklik te weet wat kom in en wat gaan uit? As jy nie weet wat die waarheid is omtrent jou maandelikse finansies nie, sal jy nie in staat wees om ingeligte besluite oor onkostes te neem nie, en kan jouself vinnig in skuld dompel.

Oplossing: Stel ʼn maandelikse begroting op en leef elke dag daarvolgens. Voordat jy ʼn transaksie beklink, verwys na jou begroting en vra jouself of jy dit kan bekostig al dan nie. Om te begroot is die eerste stap om werklik jou finansiële welstand te begryp.

 

Slegte gewoonte #2: Spaar glad nie

As jy nie spaar nie, het jy geen kussing vir enige onvoorsiene uitgawes nie. Om jou kredietkaart of oortrokke rekening te gebruik is jou enigste redding wanneer ʼn onverwagte betaling opduik. Hierdie gewoonte sal jou vinnig in die moeilikheid laat beland wanneer rente en ander ekstra onkostes begin ophoop.

Oplossing: Om te spaar behoort deel van jou begroting uit te maak. Begin klein en groei jou spaargeld maand-na-maand deur op nie-noodsaaklike uitgawes te besnoei.

 

Slegte gewoonte #3: Bestee meer as wat jy verdien

As jou uitgawes meer is as jou inkomste, gaan jy skuld aan om daardie ekstras te befonds, reg? Hierdie gewoonte sal in ʼn kort tyd buite beheer raak. Hoe meer skuld jy het, hoe meer rente sal jy moet betaal. Elke maand sal jy meer skuld moet aangaan om jou normale lewenstandaard te handhaaf.

Oplossing: Besnoei op jou uitgawes. Begin met luukse artikels soos haarbehandelings, satelliet-TV, klere-inkopies, wegneemetes, uiteet ens. ʼn Begroting sal jou hiermee help.

 

Slegte gewoonte #4: ʼn “Olke Bolke”-skuldbetalingstrategie

Om skuldpaaiemente een maand te betaal en dit die volgende maand te ignoreer is die maklike manier om ʼn swak kredietrekord op die hals te haal. Jy moet elke maand al jou skuldpaaiemente betaal.

Oplossing: Stel ʼn begroting op en probeer onkostes sny waar jy kan. As jy steeds nie die pyp kan rook nie, is jy te diep in die skuld en moet jy professionele hulp kry.

 

Bron: Debt Rescue

Ander Artikels

Skop vas en moenie onnodig koop nie
Anja van den Berg   Alles rakende jou supermark is bedoel om jou geld te laat bestee wat jy nie beplan het om te bestee nie, en selfs geld wat jy nie regtig hoef te bestee nie. Hoewel die meeste mense aan produkte dink in terme van die funksionele eienskappe daarvan – die instrumentele waarde […]
Agterbakse supermarktaktieke om jou onnodige goed te laat koop
Anja van den Berg   Het jy al ooit aanvaar dat iets ʼn winskoop is net omdat die prys in rooi geskryf is? Of besluit om daardie duur handsak of aktetas te koop omdat jy daarvan oortuig was dat jy dit verdien? Of ʼn hand vol ongesonde snoepgoed van die impulsrak gegryp terwyl jy toustaan […]
OTM-kaartruilslenters neem toe: Let op hiervoor!
Die Suid-Afrikaanse Bankrisiko-inligtingsentrum (Sabric) waarsku die publiek om op die uitkyk te wees te midde van die hoë voorkoms van OTM-kaartbedrog in die land. Die groep het gewaarsku dat daar weer ʼn “kaartruil”-skelmstreek in Suid-Afrika voorkom en ʼn uiteensetting van die betrokke skelms se modus operandi gegee om die publiek teen hul metodes te waarsku. […]
1 2 3 152