100%+-huislenings steeds wyd beskikbaar

Dinsdag, Augustus 16th, 2016

Eugene Brink

 

Afgesien van eerstehuiskopers verwag huiskopers deesdae om ’n deposito van ten minste 5% te betaal wanneer hulle ’n eiendom koop. Tien persent word die norm.

Maar selfs al is 100% (of groter) lenings skaarser as voorheen, is hulle in der waarheid die mees algemene Lening-tot-Koopprys (LTK)-prysband, sê John Loos, eiendomsontleder by FNB.

“Die 100%-109% LTK-band, naamlik huise waar die geregistreerde verband tussen 100% en 109% van die huistransaksiewaarde is, is geraam op 41,5% van die totale aantal verbande wat in die tweede kwartaal van 2016 geïdentifiseer is.

“Hierdie persentasie is effens laer as die veeljaarhoogtepunt van 43,1% wat in die laaste kwartaal van 2015 behaal is, maar nie soveel laer dat enige gevolgtrekkings oor ’n moontlike daaltendens nou al gemaak kan word nie,” sê Loos.

Hy sê die jongste ramings van die persentasie verbande in die 100-109%-LTK-band is steeds heelwat laer as die hoogtepunt van 65% wat in die tweede kwartaal van 2007 behaal is, maar aansienlik hoër as die laagtepunt van 25,4% (na die bloeitydperk) wat in die derde kwartaal van 2009 aangeteken is.

Die toestaan van hierdie lenings is egter ook kwaai gekonsentreer in die onderste deel van die mark, waar jong kopers wil begin om die eiendomsleer te bestyg. Bykans 50% van eiendomme met ’n gemiddelde prys van R360 000 word met 100-109%-lenings gekoop, en ook sowat 42% van eiendomme in die R660 000-bestek.

Net ongeveer 22,1% van eiendomme wat sowat R2,5 miljoen word egter met sulke lenings aangeskaf. Dit is ’n baie laer syfer as in die goedkoper kategorieë, maar dit is nogtans ’n taamlik stewige syfer.

Ander Artikels

Wie betaal vir die vervanging van ʼn meenthuis-uitlaatpyp?
Vraag: Gee asseblief raad oor wie verantwoordelik sou wees vir die vervanging van ʼn uitlaatpyp in die kombuis van ʼn eenheid as dit deurgeroes het en aan die buitekant van die eenheid afgebreek het.   Antwoord: Eienaars is verantwoordelik vir die herstel en onderhoud van hulle eenhede en die beheerliggaam het dieselfde verantwoordelikheid met betrekking […]
Tipes kontantbeleggings
VASTE DEPOSITOREKENING ʼn Vaste depositorekening is ʼn tipe spaarrekening waar jy jou kontant vir ʼn spesifieke tydperk deponeer in ruil vir ʼn vaste rentekoers, wat gewoonlik hoër is as een wat jy uit ʼn gewone bankrekening sou ontvang. Tipies vereis vaste depositorekenings dat fondse in die rekening gelaat word tot die vervaldatum, met moontlike boetes […]
Voertuigfinansiering verduidelik
Tensy jy ʼn rekenmeester is, is voertuigfinansiering gekompliseerd. Weet jy hoe finansieringsbepalings werk? Is dit ʼn goeie idee om ʼn residu te neem?  Wat van die rentekoers – moet jy dit vas of gekoppel neem? Ons het met WesBank gesels vir hierdie beginnersgids oor die finansiering van die motorvoertuig van jou drome! Bereken hoeveel jy […]
1 2 3 161