10 maniere om geld te bespaar op brandstof

Dinsdag, Januarie 31st, 2017

Lize-Mari Labuschagne

 

Met petrolpryse wat styg en styg, is dit jou eie verantwoordelikheid om geld te bespaar deur jou brandstofverbruik te verminder. Hier volg 10 riglyne hoe jy kan spaar op brandstofverbruik:

  1. Reis minder

As ʼn voertuig  ʼn paar uur stil gestaan het, is die enjin koud en gebruik dit baie meer brandstof vir die eerste paar kilometer. Probeer om al jou take op een rit te verrig in plaas daarvan om verskeie kere te ry.

  1. Sit die lugversorger af

Die lugversorgingseenheid in jou voertuig gebruik ʼn kompressorpomp wat deur die enjin gedryf word. Wanneer die lugversorger gebruik word, gebruik die kompressor krag uit die enjin. Dus verhoog dit die werk wat die enjin moet doen en word meer brandstof verbruik. Skakel jou lugversorger af, of gebruik dit spaarsaam.

  1. Moenie in spitsverkeer ry nie

Elke keer as jy moet stilhou en wegtrek in verkeer, moet jy jou motor in eerste rat sit en gebruik dit baie brandstof om weer te begin beweeg. Tweede rat is ook nie veel beter nie. Die beste oplossing is om nie tydens spitsverkeer te ry nie, maar ʼn alternatiewe keuse is om die verkeer voor jou dop te hou en teen ʼn egalige spoed te beweeg, eerder as om te rem en weer weg te trek.

  1. Maak toe die vensters (en sondak)

Die vorm van jou motor as jy vinnig of op die lang pad ry, speel ook ʼn rol in die hoeveelheid brandstof wat jy verbruik.

  1. Verwyder die dakrak

Nog erger as oop vensters of sondakke is ʼn dakrak. Selfs al is daar nie iets op die dakrak nie, verhoog dit die lugweerstand, wat ekstra krag van die enjin vereis, en dit lei tot hoër brandstofverbruik.

  1. Moenie onnodige gewig rondry nie

Mense is geneig om swaar items (soos gholfsakke, waentjies, ens.) in die motor te los, maar eintlik het dit die grootste invloed op jou brandstofverbruik.

  1. Versnel geleidelik

Die perfekte spoed is ’n konstante 80 km/h in die hoogste rat. As jy ʼn geduldige bestuurder is, sal jou brandstofkoste dus ook laer wees.

  1. Hou by die spoedgrens

As jy dink hoe vinniger jy by jou bestemming kom, hoe minder brandstof word verbuik, dink weer. Dit is baie meer ekonomies om by die spoedgrens te bly.

  1. Laat jou motor gereeld versien

As jy jou motor in ʼn goeie toestand hou, sal dit werk soos dit veronderstel is om te werk en sal dit brandstof gebruik soos dit moet.

  1. Gaan jou banddruk gereeld na

Hoe laer die banddruk, hoe meer brandstof het die motor nodig om te beweeg.

Die AA sê: “Om jou reis en jou roetes te beplan, en daarby te hou, is ‘n uitstekende manier om te verseker dat jy jou voertuig gebruik net wanneer dit nodig is. Om ‘n paar rand te spaar op jou maandelikse brandstofrekening klink dalk aanvanklik nie soos baie geld nie, maar as dit oor ‘n jaar bereken word, kan dit op ‘n beduidende besparing neerkom.”

 

Bronne:

http://www.telegraph.co.uk/cars/advice/10-fuel-saving-tips-every-driver-should-know/

https://www.aa.co.za/about/press-room/press-releases/save-fuel-the-smart-way-aa.html

 

Ander Artikels

Kry só die beste agent as jy huis verkoop
Vir baie van ons gaan die verkoop van ’n eiendom gepaard met hoë vlakke van angstigheid en onheil. So, waar kry mens iemand wat jy kan vertrou om jou deur die gevare en slaggate van die verkoopstransaksie te stuur? Volgens die Rawson Eiendomme is daar ’n paar belangrike goed om na op te let.   […]
Inkopies kan terapeuties wees
Dit is al gesê dat om op ʼn inkopie-tog te gaan negatief konnotasies het. Onder andere word materialisme en selfbevrediging voorgehou as redes om nie te koop nie. Om te koop en loerkoop (“window-shopping”) kan egter terapeuties wees, help jou om verandering te hanteer en verbeter jou bui. Moenie inkopie-terapie sommer afmaak as iets ligsinnig […]
Ken jou regte as ʼn deeltiteleienaar
Om in ʼn deeltitelkompleks te bly, het baie voordele. Dit kan egter minder aangenaam wees om te bly in ʼn kompleks wat deur andere bestuur word, veral as die voorsitter van die regspersoon hom of haar verbeel dat hy of sy meer magte as enigeen van die ander inwoners het. Laat ons dit duidelik stel: […]
1 2 3 160